Winkeleienaar ontvoer: Ses vas

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Ses verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ʼn winkeleienaar wat vir sewe dae lank aangehou is.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes, vier Bangladesji mans en ʼn Suid-Afrikaanse man en vrou, is Donderdagaand in Wonderkop in Noordwes in hegtenis geneem.

Die verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle ʼn 22-jarige Bangladesji winkeleienaar op Donderdag 31 Desember ontvoer het. “Die slagoffer was saam met sy sakevennoot toe hy aangeval en glo van ʼn onbekende bedrag geld beroof is by sy supermark in die Welgeval-area.”

Die verdagtes het die winkeleienaar glo vir sewe dae lank by ʼn huis in Wonderkop aangehou en ʼn losprys van R500 000 geëis vir sy vrylating. Volgens Ramaloko kon die slagoffer Donderdag daarin slaag om te ontsnap, waarna gemeenskapslede die polisie ontbied het.

Ramaloko het gesê lede van die taktiese reaksie-eenheid was in die omgewing en is onmiddellik na die toneel. “Die slagoffer is gevind met sy hande steeds vasgebind, met gemeenskaps- en familielede by hom.”

Volgens Ramaloko is die vier Bangladesji verdagtes deur gemeenskapslede aangerand en is hulle onder polisiebewaking na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir behandeling. Die twee Suid-Afrikaners is ook dieselfde dag in hegtenis geneem.

Ramaloko het gesê die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Mankwe-landdroshof verskyn op aanklag van ontvoering en roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik ·

Ek wonder nou net of die gemeenskaps lede wat die ontvoerders aangerand het in hegtenis geneem was deur die polisie (in vergelyking met die onlangse plaas aanval in die Vrystaat waar 4 boere opgesluit was)?

DPJ ·

Hendrik dit is mos nie ‘n rasistiese aanval nie wat almal hul monde kan uitspoel nie. Daar was geen wittes betroke nie!

Berhalet Beukes ·

Verdere xenophobia want hier “demand”, roof, plunder en moor ons as buitelanders ‘n eerlike lewe inkomste probeer maak…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.