Winkeleienaar, rower dood ná rooftog

Nooddienste op die toneel. (Foto: Verskaf)

ʼn Winkeleienaar en ʼn rower is Sondag gedurende ʼn gewapende rooftog by ʼn kontantwinkel langs die R57-pad tussen Heilbron en Sasolburg in die Vrystaat doodgeskiet.

Konst. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, het dié voorval aan Maroela Media bevestig. Rani sê dat vier gewapende rowers gister laatmiddag op die Toring‑diensstasie, ook bekend as die Vyandsvlei-kontantwinkel, sowat 24 km buite Heilbron toegeslaan het.

Die vermeende rowers het glo in ʼn Volkswagen Polo-voertuig met ʼn Gautengse registrasienommer buite die winkel gestop waarna hulle ʼn 2 liter‑gaskoeldrank en ʼn energiedrankie in die winkel gekoop het. Die rowers is toe glo weer na buite waar hulle op stoele gaan sit het.

Rani verduidelik dat die rowers kort daarna die veiligheidswag op die perseel genader het waarna hulle hom met ʼn vuurwapen gedreig het om stil te bly.

Drie van die vier rowers het saam met die veiligheidswag nader aan die winkel beweeg terwyl ʼn ander in die motor gewag het.

Volgens Rani het twee van dié drie by die winkel ingegaan waarna skote afgevuur is. Een van die twee het uit die winkel gehardloop waarna dié rower en dié se makker, wat buite die winkel gewag het, na hul makker in die motor gehardloop het. Die drie het in die motor op die vlug geslaan in die rigting van Sasolburg.

Rani verduidelik dat die winkeleienaar, Muhammed Foroze (31), glo een van die verdagtes wat die winkel binnegegaan het, doodgeskiet het waarna hy ook doodgeskiet is.

Volgens Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, is nooddienste omstreeks 17:30 na die toneel ontbied nadat hulle inligting ontvang het van twee mans wat albei skietwonde gedurende ʼn gewapende rooftog by ʼn kontantwinkel opgedoen het.

Met hul aankoms op die toneel is die liggame van twee mans op die vloer van die winkel aangetref, sê Herbst. Albei is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Volgens Rani is die polisie tans op soek na die drie verdagtes wat na die aanval op die vlug geslaan het. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en besigheidsroof.

Enigeen met inligting rakende die voorval word versoek om Arie Hendreckse, waarnemende beampte, by 082 525 2303 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Adri ·

Aggenee MM. “Drie van die vier rowers het DAARNA saam met die veiligheidswag …”.
“Volgens Rani is die polisie tans OP SOEK na die drieverdagtes …”.
Regtig!
Gevolglik beteken “as gevolg van” of “voortspruitend daaruit”. Opsoek beteken om iets in die woordeboek op te soek.

Abe ·

Adrie,
Moenie betekenis aan Afrikaanse woorde en frases gee wat jy graag wil he hulle moet beteken nie. Gevolglik beteken daarna, daaropvolgend, presies soos MM dit gebruik en die polisie is op soek na beteken presies dit; hulle soek na.

Tania Heyns ·

Dagsê Adri

Baie dankie vir jou kommentaar. Ek vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Wonder ·

Wat is ‘n ‘waarnemende beampte’? Seker ondersoekbeampte of beampte wat die ondersoek waarneem

Abe ·

Wonder,
Hoekom wil jy weet? Lees die ding soos dit staan. Wat ook al n waarnemende beampte is, dis die persoon wat jy moet skakel (as jy inligting vir hom het)

Boet Fasie ·

NEE Wonder – die ” waarnemende Beampte” is een van die rowers wat nou waarneem as SAPD beampte en die saak ondersoek om te kyk of dit nie ‘n blond van Brakpan is wat die eienaar van die winkel geskiet het nie.

Ek ·

Johan dis mense soos jy wat bydrae dat sekuriteitswagte useless is want die selaris wat julle betaal is net so useless . julle wil als vermiet wil he en verwag die beste vir die minste, Dark het hy gewerk en nice nonsens uit sy duim gesuig en ja ek is deel van die useless

Michelle ·

Johan as jy nog nooit saam met sekuriteit wagte gewerk het nie moet jy liewer nie kommentaar lewer nie meeste van hulle werk lang ure is onder betaal en lewer uitstekende dienste hulle het ook huis gesinne maar het nie lewens versekering op hul lewe nie hul werk is gevaarlik maar hul beskerm my en jou

GM ·

Met enige beroep is daar ‘useless’ mense, en dan ook mense wat baie hard werk. Sekuriteitswagte is geen uitsondering nie. Die meeste waarmee ek al te doen gekry het, val ongelukkig in die ‘useless’ kategorie. Hulle sit heeldag op hul selfone en laat mense net in en uit komplekse beweeg as iemand vir hul ‘n sob storie vertel. Vir sit en niks doen nie, word hul baie betaal. Baie is ook dikwels betrokke by inbrake by winkelsentrums en ander werksplekke. Die eienaar van die sekuriteitsplek wat die wagte voorsien, word dan dikwels verantwoordelik gehou vir die skade.
So dié wat mens veilig hou en hard werk, behoort meer betaling te kry, die res, uhm nee.

Koos de Meyer. ·

So jammer dat daar altyd mense is wat ander afkraak. Ek was ‘n werktuigkundige en ‘n jong man wat ‘n graad het so het ek verstaan sê eendag vir my, jy het te min breinselle, toe sê ek vir hom as dit nie vir ‘n werktuigkundige was nie het hy met sy voete geloop. So ons moet nie op ander neer kyk nie.

Bekommerde ·

So hartseer oor die situasie .

Baie sterkte aan almal betrokke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.