Winkeleienaar verkrag glo sussies wat lekkers koop

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Winkeleienaar, oorspronklik van Bangladesj, sal Vrydag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn nadat hy glo twee laerskoolmeisies verkrag het.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê die 36-jarige man het glo die meisies, onderskeidelik agt en nege jaar oud, verkrag toe hulle lekkers by sy winkel gekoop het. “Daar word beweer dat die verdagte die twee meisies om die beurt na sy kamer geneem en verkrag het,” het Ramaloko gesê. Die voorval het glo Woensdag plaasgevind.

Die meisies het hul ma van die verkragting vertel wat die saak by die polisie aangemeld het. Twee aanklagte van verkragting is teen die man aanhangig gemaak.

“Hy het reeds Vrydag in die hof verskyn en sal in aanhouding bly terwyl verdere ondersoek gedoen word,” het Ramaloko gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

BullsEye ·

Asof ons nie genoeg kriminele sa burgers het nie moet ons nog met die ingevoerdes ook sit…

jeannine ·

stuur die skorrie morrie gemors terug na sy land daar reken hulle af met die man

M Fourie ·

Waar in Klerksdorp het dit gebeur dat ek my kleinkinders kan waarsku om nie daar te koop nie asb?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.