Winkelgroep waarsku oor WhatsApp-slenter

‘n Skermskoot van die slenter wat wyd op sosiale media versprei word.

Die bekende winkelgroep Pick n Pay het vandeesweek gewaarsku teen ʼn slenter wat onder die winkel se naam die ronde doen.

ʼn WhatsApp-boodskap wat wyd gedeel word, beweer Pick n Pay gee inkopiebewyse ter waarde van R4 000 weg as deel van sy “50ste bestaansjaarvieringe”. ʼn Skakel word by die boodskap ingesluit wat die leser herlei na ʼn webtuiste waar ʼn opnamevraelys voltooi moet word om glo vir die inkopiebewyse in aanmerking te kom.

Die slenter het selfs verder uitgebrei deur foto’s van ʼn Pick n Pay-geskenkbewys wat ook op sosiale media gedeel word deur iemand wat beweer dat hulle die opnamevraelys voltooi en toe wel ʼn geskenkbewys ontvang het.

Pick n Pay het Donderdag op sy amptelike sosialemediakanale bevestig dat dié WhatsApp-boodskappe deel van ʼn slenter is en nie deur die winkelgroep uitgestuur is nie. “Ons is glad nie hierby betrokke nie en ons gee nie geskenkbewyse weg nie. Moet asseblief nie op die skakel klik of enige persoonlike inligting weggee nie,” lui Pick n Pay se inskrywing op sy Facebook-blad.

Talle mense het op dié inskrywing gereageer deur te sê hulle het die slenterboodskap uit alle oorde ontvang en sommige het erken dat hulle daarvoor geval en dit ook vir hul vriende aangestuur het. Sommige sosialemediagebruikers het beweer dat dieselfde boodskap ook onder ander bekende winkelgroepe se name rondgestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Buitestander ·

Iemand was nie in die bybel glo nie maar aan alles wat hul opgedis word moet maar die gevolge dra van hulle dade!!

ronel bladen ·

Gelukkig nie daarvoor geval nie, is betyds gewaarsku, val ook nie meer vir die goed nie. Het my al vasgeloop.

Dawie Wandrag ·

Wat sal nou eintlik gebeur indien jy op die skakel sou klik?

Marinda ·

Kan iemand kundig asb sê wat die doel van so n slenter is? Wat bereik die skurke en as ek daarvoor geval het, wat is die konsekwensies?

smurfie ·

Jy moet jou persoonlike besonderhede invul. Jou ID nr ook. En siedaar. Nou kan daar lekker bedrog op jou naam pleeg. Met n maaitjie hier en daar wat hul help. Is dit soveel makliker.

Liesl ·

Gaan my verstand te bowe hoe enige mens kan dink Pick n Pay gaan miljoene R4 000 inkopiebewyse sommer net weggee. Hoe kan mense nog val vir sulke strooi?

Suzette ·

Ek get ook die Whatsup gekry. Nogal van n goeie kennis. Hoe kan jy so n boodskap aanstuur as jy defnitief nie R4000 gekry her nie. Gelukkig het ek gesonde verstand. Sulke snert stuur ek nie aan nie.

Christine ·

Ek dink in vandag se tyd hoop mense maar dit kan net waar wees

Luke ·

Okay! Ek het hom ook gekry en geval vir die joke. Het dit ontvang van n betroubaar persoon. Wat nou? Ja mense hoop soms dat dit kan waar wees want lewe is swaar.

Andries ·

Ek het van die begin geweet dit is n slenter want Pick n Pay Sal niks gratis weg gee nie. As jy net n salaris kry kan jy nie eers
Inkopies daar doen nie.

E.K. die eerste ·

WIE glo enige sulke twak? Maak oop en jy kry moontlik spam of virusse op jou foon/pc. Ai mense – vir wat enigsins eers aanstuur – kan julle nie DINK nie?! Daar was al hoeveel soortgelykes – Microsofts sal jou kammig USD betaal as jy net die epos aanstuur of Levi jeans stuur jou ‘n denim as jy aanstuur. wie op aarde glo sulek bollie?

JFK ·

okay, so kan hul nou uitvind wie agter the slenter sit en wat is die doel daarvan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.