Winkelier, verdagte doodgeskiet in Vrystaatse rooftog

(Argieffoto: Nico Strydom)

ʼn Vermeende rower wat glo kort tevore betrokke was by die aanval op ʼn Ethiopiese winkelier in Mashaeng, Fouriesburg, is dood langs ʼn pad aangetref nadat hy glo in die rug geskiet is.

Kol. Thandi Mbambo, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê drie mans het Saterdag omstreeks 20:45 by die spazawinkel ingebars. Een van hulle was met ʼn vuurwapen gewapen.

Die gewapende rower het die winkelier, Temsegel Tadsse Jomole (32), gedreig en by ʼn slaapkamer ingedwing waar hy hom glo doodgeskiet het.

“Hy het uitgekom, glo met ʼn sak waarin daar vermoedelik geld was. Die ander twee verdagtes het geld gesteel wat in die kasregister was, waarna hulle te voet gevlug en lukraak skote in die lug afgevuur het,” het Mbambo gesê.

Die polisie het een van die vermeende rowers later dood met skietwonde aan die rug langs die R26 aangetref.

“Dit is nog nie duidelik wie hom doodgeskiet het nie.”

Die ander twee verdagtes is steeds op vrye voet. Enigiemand met inligting oor die voorval kan AO Aaron Khoza by 082 466 7649 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rooijan ·

Presies wat ek wou sê, sy makkers wou nie die buit met hom deel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.