‘Winkelpersoneel’ besteel glo bejaarde

Argieffoto ter illustrasie van ‘n winkelsentrum. (Foto: Pixabay)

Die Vrystaatse polisie is op die spoor van drie verdagtes wat na bewering vroeër vanjaar hulself as werknemers van ’n kettingwinkel voorgedoen en ’n bejaarde in Welkom besteel het.

Genl.maj. Solly Lesia, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring die bejaarde is op 1 Julie vanjaar van haar handsak beroof toe drie verdagtes haar omstreeks 15:40 buite ’n winkel genader het.

Volgens Lesia het die verdagtes vir die bejaarde vrou gesê dat sy kwansuis vir ’n pensioenariskaart by die betrokke winkel in aanmerking kom wat haar geregtig sal maak op afslag by dié winkel.

“Een van die verdagtes het die slagoffer se handsak gevat terwyl hulle saam met haar in die winkel ingeloop het. Die vrou is gemaan om na ’n spesifieke toonbank te gaan waar sy een van die verdagtes sou ontmoet en haar handsak terugkry,” verduidelik Lesia.

Die bejaarde vrou het salig onbewus na die toonbank gegaan op soek na die vrou wat haar handsak by haar gevat het. Daar was egter geen teken van die vrou nie aangesien die verdagtes glo met die handsak laat spaander het. ’n Veiligheidswag se hulp is ingeroep om na die verdagtes te soek, maar dié kon hulle nie opspoor nie.

Volgens Lesia is die verdagtes met onder meer ’n bankkaart, ’n selfoon en kontant in die handsak vort. Later sou hulle R5 000 uit die bejaarde se rekening onttrek en R4 000 se geskenkbewyse by die Goldfields-winkelsentrum koop.

’n Saak van roof is by die polisie aanhangig gemaak. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigeen met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, word versoek om ao. Riaan de Lange by 057 391 6271 gedurende kantoorure te bel.

“Mense moet bewus wees daarvan dat misdadigers tydens die feesseisoen enigiets sal doen om slagoffers se hardverdiende kontant in die hande te kry. Mense moet dus voorsorgmaatreëls tref om hul geld te beskerm en hulle daarvan weerhou om enigiemand met hul bankkaarte of handsakke te vertrou,” waarsku Lesia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

JohanR ·

Terwyl ek en jy hard werk en belasting betaal, het hierdie ly gemors al die tyd om planne uit te dink hoe om jou geld aan die hande te kry. Kyk maar toe die terug keurende Springbokke by OR land, hoeveel mense is van hulle beuries verlig. En soe sit hulle om ‘n vuurtjie en bedink planne om ‘n plaas aan te val, of by ‘n huis in te breek. Voel rerig niks as ‘n boer of huiseienaar ‘n aanvaller/s doodskiet nie. Wat soek hy in MY huis, op MY plaas, of in MY tuin? Dis nog nie joune nie gemors, maar sal/kan miskien nog wees as die nuttelose ANC dit vat sonder vergoeding!

Melanie ·

Kom nou net terug van plaaslike kettingwinkel waar ek langs ‘n vrou (45-50 jarige) gestaan het. Terwyl sy R200 betaal het aan lotto kaartjies, het haar handsak wawyd in haar stootwaantjie oop gelê. Die waantjie was agter haar rug en enigiemand kon verbyloop en doodluiters die handsak gaps en laat spaander. Party mense leer blykbaar nooit.

Nettie ·

@Melanie – ek los BAIE keer my handsak in my inkopietrollie en draai my rug daarop, maar ek is ALTYD bewus van wie naby my of my inkopietrollie is. Eenkeer in ‘n supermark in ons plaaslike inkopiesentrum het ek dieselfde gedoen; ‘n swart vrou het vinnig nader gestaan en wou-wou nog haar hand uitsteek na my handsak, toe draai ek om, kyk haar reg in die oë en daag haar uit om my handsak te vat …. “Ek gooi jou met hierdie blikkie ‘baked beans’ dat jy oormôre nog sterretjies sien” sê ek toe vir haar in mooi, netjiese Afrikaans. Sy het só groot geskrik dat sy net daar omgedraai het en die winkel verlaat het ….

Susan van der Ealt ·

Seker so 2 jaar terug was hulle doenig by die Mall@Reds naby Pep Stores en Woolworths. Hulle is skerp as dit kom by misdaad en so oortuigend dat my buurvrou tot haar Juwele, ook in haar handsak gesit het. Eers geselsies aangeknoop in die winkel en met presies dieselfde slenter van die pensioen afslagkaart gespin. In daardie deel van die Mall is daar nie genoeg sekuriteits kameras nie. By die uitgang kon hulle sien hoe daar uitgeloop is met buurvrou se hele trollie en handsak. Sy het net vir ‘n oomblik opgestaan en wou gaan om die kaart af te haal. Sy moes buite sit en wag en is deur ‘n baie aangename dame geselskap gehou. Dit gebeur makliker as wat ‘n mens dink. Ek is dankbaar waar ek my nou bevind in Australië.

esther ·

Hulle het dit met my gedoen in in sunward park life stule centre se Ckeckers op 14/11/2018
ook voor gedoen as werker met die pension kaart wat e nie wou gehad het nie.
Hille het ook my juwele gevat.
Die baas van die drie vroue het ‘n groot goue ster in voor tand

Strandloper ·

Dit is menslike natuur om ander oor die selfde kam te skeer as jy wets gehoorsamm is….die werklikheid is gewoonlik n nagmerrie….

esther ·

ek wil net datum op my vorige pos korigeer
moet wees 14/11/2019

Diefie ·

Nou hoekom is die polisie nou so besorg oor die diewe? Hulle word dan “ontslaan” uit die tronk. Maar nou hoekom het ons nou weer polisie? Die land kan mos baie geld spaar om die department te sluit en die howe. Gits ek gaan nou ook vir die regering werk. Ek kan hulle baie geld bespaar. Dit kan net lekker wees.☺☺☺

Nettie ·

Dié voorval het al op 1 Julie vanjaar gebeur. Waarom NOU eers die berig/waarskuwing aan lede van die publiek, gesien in die lig van die Kersseisoen. En wat laat die SAPD dink dat hulle nóú iemand gevang sal kry?

Maar …… laat dit vir almal ‘n les wees: BEWAAR JOU EIENDOM (handsak of watookal) soos goud en hou altyd ‘n oog daarop; moet niks oorlaat aan die toeval of enige een se “goedgesinde” optrede of ‘hulp’ nie en nog meer: as jy ‘n bejaarde ouer het – vergesel hulle waar moontlik wanneer hulle winkels toe moet gaan of besigheid moet gaan doen. Hulle is maklike teikens en omdat hulle kom uit ‘n generasie waar mense mekaar nog kon vertrou, is hulle “gullible”.

AJB ·

Tipies. Hulle vat net jou goed sonder vergoeding. Handsak, geld, bank kaarte, motors, Tv’s en plase. Die inding.

Pieter ·

Wat nie so lekker klink nie is dat daar geld met haar kaart getrek is, sonder n pin ?

Niklaas ·

Verwag misdaad elke dag en vertrou niemand. Dis moeilik om te glo dat daar nog sulke goedgelowige mense is wat so maklik om die bos gelei word. Kriminele is orals.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.