Winkelsentrum gesluit weens EFF-betoging

Betogers by die Berg-winkelsentrum in Bergbron in die weste van Johannesburg. (Foto: Facebook/Suburban Control Centre)

’n Winkelsentrum in die weste van Johannesburg is Dinsdag gesluit omdat lede van die EFF nou reeds dae lank by dié winkelsentrum betoog.

Die betoging spruit na bewering uit ’n loondispuut met Spar in Die Berg-winkelsentrum in Bergbron. Die dispuut kom glo al ’n paar weke, maar betogings het die naweek opgevlam.

Nie net word dié betrokke Spar nou genoodsaak om te sluit nie, maar ook die ander winkels in die winkelsentrum terwyl lede van die polisie en veiligheidsmaatskappye die situasie monitor.

Okkie Nel van National Security and Fire het Dinsdagoggend aan Maroela Media gesê ’n groep betogers het die naweek vreedsaam begin betoog, maar die groep het intussen oproerig begin raak.

Volgens Nel is winkeltrollies Maandag gebreek en aan die brand gesteek en asblikke is omgegooi. Betogers het ook onder meer gholfstokke en stokke byderhand.

Clive Maher van SCP Security sê geen groot skade is egter aan die winkelsentrum aangerig nie.

Soos Maher verstaan is die betogers in ’n loondispuut met die plaaslike Spar gewikkel terwyl hulle ook ongelukkig is oor “regstellende aksie” wat die bestuur en eienaarskap van die winkel betref.

Die bestuur van dié winkel het by navraag gesê hulle wil in dié stadium geen kommentaar lewer nie.

Maroela Media het ’n navraag aan die EFF in Gauteng en die polisie gestuur en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Persheks Adri ·

Iemand al gearresteer en hoekom het die polisie nie water kanonne nie? O nee kyk ek’t nie meer woorde vir die petters nie alles moet volgens hulle BEE wees gggmmmfff

Genis ·

Weer lekker besig met hulle winter sport! Brand, en verwoes… Waar is die polisie? Of is daar nie KFC in die sentrum nie?

Dup ·

Breek af,vernietig en verwoes.Is dit AL wat hulle kan doen om daagliks in die strate rond te hop?

Francois Le Cochon ·

Laat die EFF vir die skade betaal. ‘n Hof het beslis dat die EFF R80,000.00 vir skade moet betaal vir hul Brackenfell HS se betogings.

Gert ·

Maar het hulle al betaal. Die hofbevel moet nog afgedwing word en dis waar die probleem lê

Surfer ·

Kan nie te veel teen die ANC “voters” doen nie, dan stem hulle DA of VP.

Persheks Adri ·

Ek ook Kokerboom mens weet nie eers hoekom hulle eintlik bestaan nie, want dis ‘n vermorsing van ons geld

Oros Soros ·

Die winkelsentrum moet die strafregtelike klagte lê. Nou wat kan die polisie doen as daar nie ‘n klaer is nie?

Richardt ·

Jy weet Oros, ek hoor altyd die argument dat daar ‘n klaer moet wees en dat die klaer ‘n amptelike klagte moet gaan lê…
Ek glo dis ‘n slu manier wat die polisie gebruik om hul, uit hul verantwoordelikheid en aanspreeklikheid te wikkel, om misdaadvoorkoming te doen.
Sover ek weet moet ‘n wetstoepasser optree en voorkom dat die wet verbreek word. Dit is onwettig om onwettig te vergader, om tydens Covid-19 in groter groepe te vergader, om publieke orde te bedreig, om brand te stig, om mense te dreig en te intimideer ens.
Dit is alles amptelike redes waarom die polisie moet optree, maar hul plig gruwelik versuim agv ideologiese oortuigings!
Probeer jy gerus een van bogenoemde misdrywe pleeg voor polisie wat moniteer en sien hoe lank hul wag vir iemand om ‘n klag teen jou te lê, voordat hulle op jou toeslaan!

Sarel ·

Hulle gaan net voort nienand tree op nie en wie gaan skade betsal

Kokerboom ·

Wil die huidige President van SA maar nie ASB standpunt inneem, ruggraat toon en “regstellende “aksie op sy kabinet toepas?

Persheks Adri ·

In ons drome Kokerboom in ons drome! Stem egter saam met jou

Renier johannes ·

Hulle werk nie eers daar nie wil net brand en breek kan niks opbou nie

Nie Verbaas ·

En wat het Spar met die EFF gemors uit te waai? EFF net soos ANC kan net afbreek en niks opbou nie. Dan verwag hulle respek? Wat het van die geword wat trollies aan die brand gesteek het? Niks. Spar moet eis teen EFF insit vir verlore besigheid en beskadiging van privaat eiendom.

Misky ·

Die polisie en veiligheidsmaatskappye “monitor” die situasie……. Ek wil in tale praat hier waar ek sit!!! Hoe moeilik is dit om te sien wie is die sondebokke en ouens wat begin met trollies breek en bande brand. Agter in die vangwa en sy maatjies kan volg. Die ander gaan mos sien wat gebeur en of stop, of saam selle toe

Jr ·

Hulle “commander in crêche” doen dit in die Pan parlement so hulle dink hulle kan doen wat hulle wil. So siek en sat vir die……. Nee los dit

Elize ·

Wat het die EFF nog vir hierdie land gedoen behalwe afbreek?

Jaco ·

Dis 2021. 27 jaar NA apartheid. Is Spar se regstellende aksie en BEE dan NOU nog nie reg nie??? Uiters vreemd.

Misky ·

Dis net die stories wat die rondte doen volgens die Maher ou Jaco. Ek het juis ook daai deel mooi gelees en dink daaroor. Dis nie bevestig nie en EFF hou nie van deel nie, hulle wil 100% van daai winkel hê. Ek dink hulle gebruik enige verskoning om hul dade te probeer regverdig

Dirk ·

Stop media dekking aan EFF. Hulle teer daarop.
Media dekking is wat die EFF benodig om voort te bestaan . Sonder media dekking is hulle niks

Pieter ·

Ek is al so SIEK EN SAT vir die betogings – die land word stukkie vir stukkie afgebrand . Brand, verwoes is elke dag iewers in SA te sien.

Sandra ·

Hoekom word dit toegelaat? Die EFF moet verban word. Hulle dra niks by tot die ophou van die land nie. Brand en vernietig en bring onrus waar Julius ookal sy ou neus kan indruk.

Petrie ·

Die eff op sy beste…..kan net brand stig plunder en chaos veroorsaak.

Witwolf ·

Die EFF is nie ‘n vakbond nie maar wil hulle aan werkgewers opdwing! Werkgewers moet hulle eenvoudig ignoreer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.