Winkelsentrum in Mahikeng in ligte laaie

Lede van die publiek kyk hulpeloos toe hoe winkels brand. (Foto: Twitter)

Die polisie in Noordwes het vanoggend gemeenskapslede van Mahikeng met skokgranate verjaag om te verhoed dat brandende winkels in die dorp se sakesentrum geplunder word.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ’n brand het omstreeks 06:00 in een van die winkels by die Boulevard-winkelsentrum ontstaan, waarna die brand na ander winkels in die sentrum versprei het.

Volgens Mokgwabone is agt winkels in die brand beskadig. Niemand is in die voorval beseer nie.

Daar kan in verskeie video’s op sosiale media gesien word hoe digte swart rook uit die winkels, waaronder Sportscene, borrel terwyl lede van die publiek toekyk.

Dit is nie in die stadium duidelik hoe die brand ontstaan het nie. Mokgwabone het wel gesê ’n voorlopige ondersoek het geen teken van brandstigting getoon nie. ’n Deeglike ondersoek sal volg om die oorsaak van die brand vas te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Mariana ·

Mahikeng is n area reg langs die N4 net voor Mooinooi. Naby Rustenburg

Strandloper ·

The location is unique to the current violence in our country next to the new republic of zuma

Jannie van Niekerk ·

Dit was ees Mafeking in die ou Noordkaap. Toe word dit Mafikeng in Bophutatswana se tyd en toe die ANC oorneem word dit Mahikeng. Ek het nog in die ou Mafeking skool gegaan. (Laerskool – by mnr Sciocatti) en ons het in Proctorlaan gewoon. Waarskynlik nou verander na Malema Avenue.

Oud Maffie ·

Ek verkies om dit as Mafeking te onthou. Het daar gematrikuleer in 1979. Vandag net ‘n rommelhoop. Hulle het 3 jaar agtermekaar die prys as die vuilste dorp in SA “gewen”. Ons het baie pret gehad by die dorp swembad wat ook nou nie meer bestaan nie.

San ·

Mafikeng – nou Mahikeng/ is die hoofstad vd Noorwes provinsie.

Cherokee ·

Daai lyk nie vir my soos die berig se titel sê, ligte laaie nie, maar eerder heavy laaie!

Von ·

So is nou weer n klomp wat sonder werk sit…dan word daar weer verder brand gestig want daar is nie werk nie…….hierdie logika sal ek nooit begryp nie……plunderaars ….gieriges sal nooit bevredig word nie

Martin ·

Nie brandstigting nie!!! my agterent, winkelsentrums slaan nie sommer self aan die brand nie. Die gepeupel het seker weer betoog oor iets.

J J Schoeman ·

Jannie, voor dit was Mafikeng die hoofstsad van Botswana ( Betchuhannaland) : die enigste “onafhanklike” land waar sy hoofstad in ‘n ander land geval het. Toe was Suid-Afrika nog ‘n Unie van Groot Brittanje.

Tydens jou tydperk op skool was dit ‘n ongelooflike mooi stad met tennisbane en krieketvelde van die hoogste standaard. Mooi skoon sypaadjies en wel versorgde tuine en parke. ‘n Besige spoorwegstasie wat baie stede in SA beny het. Dis hier waar die aansluiting van die Rhodesië-mail en Botswana se treine op ‘n pragtige perron kon stop, alles het gewerk. Daar was ‘n duidelike Britse stempel afgedruk op ‘n pragtige mooi omgewing.

Bokkom is reg, niemand ken meer hierdie land nie, ons land het in 25 jaar in totaliteit verval……!!!

Vra net ·

Ek lees die berig maar nêrens verwys hulle na die brandweer of enige iemand anders as die polisie nie. Is daar nog ‘n funksionele brandweer in Mahikeng?

Anni ·

Mahikeng, nou hoofstad van die Noordwes Provinsie. Maar vuil, glo my !!

Gert R@M ·

Baie agteruit gegaan. Hoe werkloosheid. Kersinkope begin vroeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.