Winkelsentrum ontruim ná bomdreigement

Die dreigement is Donderdagoggend gemaak. (Foto: Blue Route Mall/Facebook)

ʼn Bomdreigement wat Donderdagoggend by ʼn winkelsentrum in Kaapstad gemaak is, het tot gevolg gehad dat honderde kopers inderhaas uit elke punt van die sentrum gestroom het.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat die dreigement laatoggend by die Blue Route Mall in Tokai gemaak is.

“Al die mense moes kort daarna die sentrum verlaat, terwyl die polisie na die toneel ontbied is.”

Een van die kopers wat inderhaas haar inkopies moes los, het ʼn video op sosiale media gedeel waar talle mense buite die sentrum rondstaan.

“Laat ek jou sê, om die sirenes te hoor afgaan en honderde mense te sien uithardloop is nie ʼn grap nie,” skryf sy.

Volgens Van Wyk is die polisie steeds op die toneel en in die proses om die winkelsentrum te fynkam.

Dit is nog nie duidelik wie die dreigement gemaak het en of daar wel ʼn bom op die perseel is nie.

Blue Route Mall. (Foto: Blue Route Mall/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Shakespeare

Ongelooflike belese stemvee. Handel streng volgens hulle korrupte onbevoegde leiers. In Afrika werk dit so……die leiers mag doen net wat hulle wil en die stemvee ondersteun dit al is dit tot hul eie verarming en werkloosheid.

Diline

Het seker weer iets te doen met die stemmery se uitslae!

AW

Die Mens wat maar bitter klein ontwikkel is aan verstand!!