Winkelsentrum ontruim ná brand uitbreek

‘n Foto van die toneel by die Mimosa-winkelsentrum (Foto: Storm Report SA/Facebook)

Die Mimosa-winkelsentrum in Bloemfontein in die Vrystaat is Vrydagmiddag ontruim ná ʼn brand in dié sentrum uitgebreek het.

Die bestuur van die winkelsentrum het dié nuus in ʼn verklaring op die sentrum se amptelike Facebook-blad bevestig.

“ʼn Brand is aangemeld aan die suidelike gedeelte van die gebou by Checkers en Game. Die Mimosa-winkelsentrum is veilig ontruim en die brandweer is op die toneel,” lui die verklaring.

Sosiale media het Vrydag gegons oor bolle swart rook wat by dié gebou uitgestroom het.

Storm Report SA het inwoners van Bloemfontein intussen aangeraai om liefs paaie rondom die sentrum te vermy omdat dié paaie tans deur nooddienste en die brandweer versper word.

Dit is nog nie duidelik hoe die brand onstaan het nie. Volgens berigte is die brand egter onder beheer. Niemand  is in die voorval beseer nie.

Fire now at Mimosa Mall in Bloemfontein @fs_health @traumaresponse #ArriveAlive #Fire

Posted by ArriveAlive.co.za on Friday, December 8, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gogga ·

Volgens berig van brandweerwa is brand veroorsaak deur elektriese kortsluiting en onder beheer.

Antjie ·

Is net Checkers se bedrading so verinneweer, of is die probleem daar wyer? Elektriese kortsluiting kan besighede wat hemelhoë huurkostes betaal, verder laat wegtrek. Ek het ook foto’s gesien dat dit vanoggend nog gesmeul het. ʼn Ander ontstellende waarneming is die oënskynlik te lae water druk. Wonder wat sou Bloemwater en Dept Water en Sanitasie se redes daarvoor wees. Daar was ook sprake van 2 mense wat behandeling moes ontvang vir rook inasem. Ons hoop hulle is gesond ontslaan intussen.

Ingelig ·

Haai glad nie die waarheid. Ek was aandiens. Gaspyp het ontplof in checkers se bakkery afdeling

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.