Winkelsentrum-skietery: 4 dood, 8 vas

Argieffoto

Argieffoto

Agt mans is in hegtenis geneem ná ʼn skietery by ʼn winkelsentrum in die suide van Johannesburg vier mans se lewens geëis het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini het gesê die mans is Maandag in hegtenis geneem na ʼn oor-en-weer skietery by die Palm Springs-winkelsentrum in Evaton.

“Lede van twee taxiverenigings het vroeër die dag by die winkelsentrum opgedaag en op mekaar losgebrand,” het Dlamini in ʼn verklaring gesê. “Van die verdagtes is geskiet en gewond en is onder polisiebewaking in die Sebokeng-hospitaal.” Van die verdagtes sluit veiligheidswagte wat vir ʼn plaaslike taxivereniging werk, in.

“Die polisie het beslag gelê op elf vuurwapens,” het hy bygevoeg. Die polisie het ook vier minibustaxi’s gekonfiskeer.

Dlamini het gesê die ondersoek duur voort en meer inhegtenisnemings word verwag. Die polisie monitor die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.