Winkelsentrumrooftogte: Goedere eindig in Nigerië

Argieffoto

Argieffoto

Talle van die elektroniese goedere wat tydens die onlangse vlaag winkelsentrumrooftogte gesteel is, het in Nigerië opgeëindig, het die polisie Saterdag gesê.

“Die diensverskaffers het bevestig dat die meerderheid van die items in Nigerië geaktiveer word,” het lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die ontvangers gebruik koerierdienste om die items na Nigerië te stuur.”

Gauteng en die Wes-Kaap het die swaarste deurgeloop onder die afgelope paar maande se rooftogte. In amper al die gevalle is daar elektroniese goedere, veral selfone, gesteel.

Makgale het gesê die polisie se ondersoeke tot dusver het vasgestel dat daar talle groepe by die rooftogte betrokke is. “Die groepe werk nie noodwendig saam nie, maar van hulle het gemeenskaplike individuele lede – met ander woorde daar is een persoon wat by twee of drie groepe betrokke is.”

Makgale het ook bekend gemaak dat ʼn man in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem is in verband met die rooftogte. Hy het gesê vier mense wat vroeër in afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem is, word ook met agt ander sake verbind.

ʼn Taakspan is onlangs op die been gebring en sluit beamptes van misdaadintelligensie in sowel as verteenwoordigers van Vodacom, Cell C, MTN en Telkom. Die taakspan ondersoek minstens 18 rooftogte.

Makgale het gesê voorkomende maatreëls, insluitend polisiepatrollies by winkelsentrums, is ook reeds in plek gesit.

Klik hier om vorige berigte oor die winkelsentrumrooftogte te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

alet ·

Jaag al die uitlanders terug waar hulle vandaan kom hulle is net besig om hierdie land se mense net so skelm te leer

Elfie ·

Uitlanders is nie almal sleg – Malawiëers veral is oor die algemeen baie hardwerkend en eerlik en wil net ‘n bestaan maak, want hul weet goed daar is nie werk in hul eie land nie. Van Bob se mense en die spul van Nigirië wil ek niks weet! Nigirië=dwelms en skelms

PR Mackay ·

Wat van profyte en argitekte uit Nigerie ? Waarom beroof hulle nie n sementfabriek van sy produk nie ,dis altyd goed vir die mengsel .

VerVanRyn ·

So 18 rooftogte oor ‘n paar maande en ‘n spesiale taakspan word op die been gebring. Hoeveel plaasmoorde en aanvalle lees ons nie van elke maand nie? En steeds ontken die ANC en die polisie dit en steeds doen hulle niks, want dit word mos oordryf deur die regse witman.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.