Winklespruit-vliegongeluk: Vliegtuig het glo oorhoofse kabels getref

Die vliegtuig wat by Winklespruit in KwaZulu-Natal neergestort het Foto: Netcare 911

Die vliegtuig wat by Winklespruit in KwaZulu-Natal neergestort het Foto: Netcare 911

Die vliegtuig, wat Dinsdagmiddag langs die N2 naby Winklespruit in KwaZulu-Natal neergestort het, het glo oorhoofse kabels getref voor dit neergestort het.

“ʼn Reddingsbeampte van Holmatro-reddingstoerusting en ʼn ooggetuie was reeds op die toneel toe paramedici van Netcare 911 by die toneel opgedaag het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die paramedikus en die reddingsbeampte het met ʼn brandblusser na die toneel gehardloop om die vlamme te blus, maar hulle kon duidelik sien dat die twee mans reeds beswyk het aan hul beserings.”

Maroela Media het vroeër berig die vliegtuig het net na 14:00 neergestort.

“Die brandweer het binne ʼn paar minute opgedaag en kon die vlamme blus,” het Botha bygevoeg. “Die plaaslike polisie se soek- en reddingsdiens, verkeersdepartement en paramedici van Netcare 911 het saamgewerk om die toneel te beskerm vir ʼn ondersoek.” Botha het gesê die patologiediens en Burgerlike Lugvaartowerheid was ook op die toneel.

ʼn Ooggetuie het aan paramedici gesê die vliegtuig het oorhoofse kabels getref voor dit neergestort en aan die brand geslaan het. “Dit sal egter deur ʼn polisie-ondersoek bevestig moet word,” het Botha bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter ·

Asb tog Maroela, in elke berig oor die vliegramp by WINKELSPRUIT praat julle verskeie kere van “WINKLESPRUIT”! Dis net so goed julle verwys na “Capetown” ipv “Kaapstad”! Verskeie spel- en taalfoute kom ook in ander berigte voor – ander lesers het ook al daarna verwys. Ons besef dit gaan vinnig by julle, maar aandag aan taalversorging sal waardeer word. Baie dankie in elk geval vir jul goeie blad!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.