Winnie beskuldig Mandela van bedrog met grond

Winnie Madikizela-Mandela tydens Nelson Mandela se begrafnis in Qune op 15 Desember. Foto: SAPA

Winnie Madikizela-Mandela tydens Nelson Mandela se begrafnis in Qune op 15 Desember. Foto: SAPA

Winnie Madikizela-Mandela beweer haar voormalige man, oudpresident Nelson Mandela, het moontlik bedrog gepleeg toe hy ‘n stuk grond in Qunu in die Oos-Kaap in sy naam geregistreer het, het City Press Sondag berig.

Madikizela-Mandela staan die wyse waarop Mandela glo die grond bekom het, naamlik deur die Wet op Vervreemding van Grond, teen. Sy beweer die Temboe-koning, Buyelekhaya Dalindyebo, het die grond aan haar gegee terwyl Mandela in die tronk was en dat sy die regmatige eienaar van die grond is.

“Die president kan nie die wet waarop gesteun word tot sy eie persoonlike voordeel gebruik nie, en om dit toe te laat sal strydig wees met die bepalings van dié wet sowel as die bepalings van die Grondwet,” voer Madikizela-Mandela in hofstukke aan. “Die akte is op onreëlmatige wyse verkry, en daar was wanvoorstelling of bedrog aangesien die eiendom deur my bekom is en nie mnr Mandela nie.”

Mvuzo Motyesi, Madikizela-Mandela se regsverteenwoordiger, het Dinsdag aan Sapa gesê dat Madikizela-Mandela hofstukke by die Mthatha-hooggeregshof ingedien het waarin sy Mandela se boedel daag om regte tot sy huis in Qunu te kry.

Madikizela-Mandela (78) was Mandela se tweede vrou en was vir 38 jaar met hom getroud. Sy is nie in sy testament ingesluit nie.

Klik hier vir vorige berigte oor die onderwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Drieks ·

Winnie, jul almal het hom op ‘n troontjie gesit, en van laas jaar junie toe hy buite aksie begin raak het, toe verander alles. Wat gaan nou van sy erfenis oorbly. Die anc leef ook nie sy droom nie. Dit is presies hoekom die misdaad so hoog is, daar is altyd nuwe bedrog stories.

Marco Pretorius ·

Winnie se probleem, of liewers, een van haar probleme is gierigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.