Winnie daag egskeidingsbevel vir Madiba se Qunu-huis

'n Fotot van Mandela en Winnie op hul troudag.

‘n Foto van Mandela en Winnie op hul troudag.

Winnie Madikizela-Mandela beweer in hofdokumente wat by die hooggeregshof in Mthatha ingedien is, dat die egskeidingsbevel van haar huwelik met wyle oudpresident Nelson Mandela ʼn bedrogspul was, het die Daily Dispatch Woensdag berig.

Sy beweer haar huweliksertifikaat is ook vals en probeer nou om die egskeidingsbevel te herroep.

“Die huweliksertifikaat is klaarblyklik ʼn vervalsde dokument, en dit is duidelik dat die hof tydens die egskeidingsverhoor mislei is om die egskeidingsbevel op ʼn oneerlike manier of wanvoorstelling te bekom,” het sy glo in haar beëdigde verklaring aangevoer.

Madikizela-Mandela beweer sy was nie in die land toe haar egskeiding afgehandel is nie, en sy het na bewering eers die egskeidingsbevel vir die eerste keer in Augustus vanjaar gesien.

Sy het ook verwys na foute op die huweliksertifikaat, waarvan die koerant ʼn afskrif het. Die sertifikaat is destyds deur die voormalige Republiek van Transkei uitgereik vir die troue in Junie 1958.

Madikizela-Mandela voer aan die Transkeise republiek het nie in 1958 bestaan nie, aangesien onafhanklikheid eers in 1976 toegestaan is. Sy beweer ook die handtekeninge op die sertifikaat is nie haar eie of Mandela sʼn nie. “Ds. Gamndana het ons in die huwelik bevestig en nie GGK Madikiza, soos wat dit op die sertifikaat aangedui word nie.”

Volgens die huweliksertifikaat is hulle in Bizana, en buite gemeenskap van goedere getroud.

Sy hou vol die hof het ook nooit ʼn verbeurdverklaringsbevel van die Qunu-eiendom uitgereik nie, aangesien daar nooit enige skikkingsonderhandelinge vir die eiendomme plaagevind het nie.

Haar prokureurs het Dinsdag die dokumente ingedien om Mandela se boedel te daag om regte tot sy huis in Qunu in die Oos-Kaap te bekom. Lees meer hier.

Madikizela-Mandela (78) was vir 38 jaar lank met Mandela getroud. Sy is nie in Mandela se testament, wat in Februarie vanjaar bekend gemaak is, benoem nie. Mandela is in Desember 2013 oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elizabeth ·

SOOO lank na alles en NOU kom sy skielik agter dokumente is “vervals”. Dit het haar nooit gepla totdat daar ‘n erfporsie ter sprake is nie!

scalla ·

flou verskoning, sy moes die skikkingsooreenkoms en dagvaardiging gekry het, hoekom nou eers werk maak daarvan, geldgierig verby

Chris van Heerden ·

Wonder of sy nou eers agter gekom het sy is geskei? Hoekom het sy nie al lankal gekla nie en wanneer het sy agter gekom haar huwelikssertifikaat is vervals? Het sy nog die oorspronklike een?

Hein ·

miskien het sy ook nie vir Stompie laat vermoor nie.
Sy is belaglik gebore.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.