Winnie dien hofdokumente in vir Madiba se Qunu-huis

Argieffoto: Winnie Madikizela-Mandela. Foto: GCIS

Argieffoto: Winnie Madikizela-Mandela. Foto: GCISela

Winnie Madikizela-Mandela se prokureurs het Dinsdag bevestig dat hulle hofdokumente ingedien het om wyle oudpresidentet Nelson Mandela se boedel te daag om regte tot sy huis in Qunu in die Oos-Kaap te bekom.

“Die dokumente is vandag in die Mthatha-hooggeregshof ingedien,” het Mvuzo Notyesi, Madikizela-Mandela se prokureur, gesê. “Dit is aan die respondent gestuur.” Notyesi wou nie verder kommentaar lewer nie.

Sy het in Augustus glo ʼn brief aan adjunkhoofregter Dikgang Moseneke, een van die boedel se eksekuteurs, gerig.

Notyesi voer aan dat die regte van die eiendom aan Madikizela-Mandela en haar nageslag behoort, volgens AbaThembu-tradisies.  “Dié tradisie geld ongeag of die vrou van haar man geskei is of nie,” het sy geskryf.  “Dit is die enigste huis waar Madikizela-Mandela se kinders en kleinkinders hul eie tradisies kan uitleef en beoefen.”

Madikizela-Mandela (78) was vir 38 jaar lank met Mandela getroud. Sy is nie in Mandela se testament, wat in Februarie vanjaar bekend gemaak is, benoem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marco Pretorius ·

Sy is ‘n geldwolf. Moet sy regtig ‘n huis, in die geval, Mandela sin, nodig he om tradisie voort te sit? Nee wat, dit kom haar nie toe nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.