Winnie dood ‘ná lang siekbed’

Winnie Madikizela-Mandela. Foto: Lindi Masinga/ANA

ʼn Familiewoordvoerder het Maandag bevestig Winnie Madikizela-Mandela is dood ná ʼn langdurige siekte.

“Dit is met groot hartseer dat ons die publiek inlig dat mev. Winnie Madikizela-Mandela Maandag by die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg gesterf het,” het Victor Dlamini, woordvoerder van die familie, in ʼn verklaring gesê.

“Sy is dood ná ʼn langdurige siekte waarvoor sy sedert begin vanjaar in en uit die hospitaal was. Sy het vreedsaam in die vroeë ure van Maandagmiddag omring deur haar familie en geliefdes gesterf.”

Madikizela-Mandela is in Januarie in die hospitaal opgeneem weens ʼn infeksie wat haar niere aangetas het.

Dlamini het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die lewe van Madikizela-Mandela te vier. “Die Mandela-familie is diep dankbaar vir die gawe van haar lewe en hoewel ons harte gebreek is met haar afsterwe, moedig ons almal wat haar liefgehad het aan om hierdie merkwaardige vrou te vier.”

Die familie het gesê die besonderhede van Madikizela-Mandela se gedenkdiens en begrafnis sal bekendgemaak word sodra dit gefinaliseer is.

Madikizela-Mandela was die voormalige vrou van wyle oudpres. Nelson Mandela, maar ook ʼn struggle-veteraan uit eie reg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.