Winnie Madikizela-Mandela in hospitaal opgeneem

Winnie Madikizela-Mandela Foto: SAPA

Die 81-jarige Winnie Madikizela-Mandela, ANC-struggleveteraan en eksvrou van oudpres. Nelson Mandela, is Dinsdag met infeksie in die hospitaal opgeneem.

Die Mandela-familie het dié nuus in ʼn verklaring bevestig.

Volgens die verklaring is Madikizela-Mandela positief ingestel en sal na verwagting binnekort ten volle herstel.

“Kort voordat sy in die hospitaal opgeneem is, het sy genoem dat sy geen eetlus het nie en ook baie pyn in een van haar bene gehad het. Dokters het vasgestel dat sy ʼn infeksie opgedoen het wat glo haar niere aantas. Sy sal na verwagting sowat ʼn week in die hospitaal deurbring en word konstant omring deur familielede,” lui die verklaring van die familie.

Madikizela-Mandela was in Oktober verlede jaar ook in die hospitaal toe sy ʼn knie-operasie ondergaan het. Sy het in 2011 ook ʼn operasie aan haar voet ondergaan.

Die Mandela-familie het gesê hulle sal inligting oor haar vordering deur die loop van die week bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lolla ·

Alida neem asb jonger generasie wat nuus lees en dalk nie weet in ag?

SjN ·

Die hofuitspraak teen haar oor die huis het seker bygedra tot haar mediese toestand.

v ·

Gepraat van conspiracy theories… :) Al ooit gewonder hoekom beide de Klerk en Mandela hulle vrouens verlaat het na ’94? Was hulle nie miskien gekloon of miskien vreemdelinge wat plastiese chirurgie ondergaan het nie? Hulle vorige vrouens kon hulle miskien maklik dentifiseer en uitwys as vreemdelinge.

rollie ·

Nou net gekyk wanneer Marike de Klerk vermoor is. Dis maar sestien jaar terug, voel vir my baie langer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.