Winnie Madikizela-Mandela sterf

OPVOLG: Lees gerus die opvolgberig hier.

Winnie Madikizela-Mandela. Foto: Via @MyAnc op Twitter

Winnie Madikizela-Mandela, ANC-struggleveteraan en eksvrou van oudpres. Nelson Mandela, het in die ouderdom van 81 gesterf.

Zodwa Zwane, Madikizela-Mandela se persoonlike assistent, het haar dood aan Reuters bevestig. Zwane het aan verslaggewers gesê die familie sal later ʼn verklaring uitreik.

Maroela Media kon Zwane nie Maandag onmiddellik bereik vir kommentaar nie.

Madikizela-Mandela is in Januarie vanjaar in die hospitaal opgeneem met ʼn infeksie wat haar niere aangetas het. Haar familie het destyds gesê Madikizela-Mandela is positief ingestel en sal na verwagting ten volle herstel.

Madikizela-Mandela was ook in Oktober verlede jaar in die hospitaal toe sy ʼn knie-operasie ondergaan het. Sy het in 2011 ook ʼn operasie aan haar voet ondergaan.

Die presiese oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie.

Hou Maroela Media dop vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.