Winnie probeer Mandela-vergadering keer

Winnie Madikizela-Mandela Foto: SAPA

Winnie Madikizela-Mandela Foto: SAPA

Winnie Madikizela-Mandela het hofdokumente by die Mthatha-hooggeregshof ingedien om te verhoed dat ʼn vergadering deur die abaThembu koninklike familie voortgaan om ʼn oplossing te vind vir oënskynlike binnegevegte in die Mandela-familie, het The New Age Vrydag berig.

Mvuzo Notyesi, Madikizela-Mandela se prokureur, het gesê die hofdokumente is ingedien en die saak sal na verwagting Woensdag aangehoor word.

Madikizela-Mandela, die eksvrou van voormalige president Nelson Mandela, soek ʼn interdik dat die vergadering nie volgende week in Qunu in die Oos-Kaap, sal plaasvind nie.

Hoofman Daludumo Mtirara het vroeër aan die koerant gesê die doel van die vergadering is om ʼn oplossing te kry om stabiliteit in Mandela se familie te bewaar. Een van die kwessies wat glo by die vergadering aangeroer moet word, is wie as die hoof van gebruike en tradisie in die Mandela-familie aangestel moet word.

Madikizela-Mandela het in Oktober met ʼn hofgeding begin om Mandela se huis in Qunu te bekom. Sy voer aan die huis behoort aan haar, maar in sy testament het hy die huis aan ʼn trust bemaak. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.