Winnie Rust-moord: ‘Sy het so reg geleef en so verkeerd gesterf’

Winnie Rust

Winnie Rust

Die gemeenskap van Wellington in die Wes-Kaap is steeds in skok na die moord op die geliefde skrywer en jarelange inwoner Winnie Rust (77).

Winnie Nel, Rust se dogter, het aan Maroela Media gesê haar ma was ʼn formidabele vrou wat die gemeenskap met haar talente gedien het. “Sy het na mense geluister en hulle vereer deur hulle verhale neer te skryf. Sy was vriende met almal. Sy was mev. Wellington, ʼn absolute besonderse vrou. Sy het so reg geleef en so verkeerd gesterf.”

Rust, wat vir nagenoeg 60 jaar in Wellington gewoon het, se liggaam is Woensdagmiddag deur haar man, dr. Manie Rust (84), in hul huis in Uitsig gevind.

Konst. Noloyiso Rwezana, woordvoerder van die polisie, het gesê Rust se liggaam is in die kombuis gevind en sy het beserings aan haar gesig gehad en haar hande en voete was vasgebind. “’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.” Rwexana het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die huis waarin Rust vermoor is. Foto: facebook

Die huis waarin Rust vermoor is. Foto: facebook

Rust laat, behalwe vir haar man, drie dogters, ʼn seun en ses kleinkinders agter. Sy was internasionaal bekend vir haar skryfwerk. Sy is in 2005 vir die Jan Rabie-Rapport-prys benoem vir haar boek Martha – ‘n Verhaal oor Martha Solomons, Countess of Stamford.

Die politieke party Front Nasionaal het sy skok en afsku uitgespreek na die moord. “Me Rust was die dogter van dr. CP van der Merwe, jonger broer van die volkskrywer Boerneef. Beide haar vader en haar eggenoot is bekende karakters in die pensketse van PH Nortjé. Ons betuig ons opregte meelewing met Manie en die familie in die bede dat hulle vertroosting sal vind in hierdie dae,” het Daniel Lötter, woordvoerder van die party, gesê.

Enigiemand met inligting oor die moord word versoek om die ondersoekbeampte ao. Nico de Lange te kontak by 079 894 1710 of 021 864 9600.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Denise ·

So tragies en baie hartseer en so onodig die vrou is beroof van haar tyd saam met haar geliefdes en man !!!! Sterkte aan die familie!!!!

Karma ·

Die Polisie weet nie wat die motief vir die moord is nie? Werklik??? DIE ENIGSTE MOTIEF vir dié gruwelike daad is HEBSUG deur ONWETTIGE IMMIGRANTE VAN DONKER AFRIKA wat ons blankes en boere uit ons GEBOORTELAND wil dryf. Hulle wil hê wat ons het, waarvoor ons hard gewerk het, maar hulle wil nie werk nie – die vuil blikslaers!!!

Burger ·

Moord is betreurenswaardig . Die dag as die goeie inwoners van die land , ongeag kleur , kan verenig teen misdaad, gaan daar oorwinnings wees.

Vierkleur , wat bedoel jy dat alle blankes moet saamstaan .Ons is ver in die minderheid . Die meeste mense in die land , ongegag kleur, wil graag die misdaad situasie aangespreek he. Dit maak net sin dat die regverdiges saamstaan . Ons is dan in die meerderheid . In elk geval, wat is jou plan van aksie as die wittes sou saamstaan?

Pieter ·

Daar is n gesegde wat se “with freedom comes responsibility”. Ongelukkig het ons n president wat glad geen verantwoordelikheid vir sy dade aanvaar en daarom dink die res van sy volgelinge dat hulle hoef ook nie verantwoordelikheid vir hulle dade te aanvaar en kan doen net wat hulle wil. Solank daar nie verantwoordelik aanvaar word vir wat jy doen en jy ander “faktore” blameer gaan dinge nie verander. Dit is daardie onverantwoordbaarheid wat veroorsaak dat hierdie sinnelose moorde gepleeg word en dat hulle dit nog probeer regverdig.

Bekkie ·

Ek stem 110% saam met Pieter. As Zuma met 785 bedrogsake kan wegkom, kan sy volgelinge met 785 moorde wegkom. Deesdae as iemand in jou pad staan of jy wil roof, word jy doodgeskiet want ‘n blanke lewe is vir ‘hulle’ nikswerd. As dit andersom sou wees, sal die polisie aangese word om die moordenaar te soek, ten alle koste.

m ·

En so gaan al hierdie sinnelose moorde maar net elke dag aan en aan. Wanneer gaan dit stop. Kan die regering nie sien hier is n groot problem in hierdie land nie. Sterkte aan die familie .

vierkleur ·

Dit gaan nie,en die regering gaan ook niks daaraan doen nie. Did wat die terroriste mee besig is, maak die doelwitte van die regering se grondgrype net maklikker.

Ivan ·

Weet iemand dalk hoe n’mens tewerk moet gaan om die Minister van polisie uit te daag om op openbare televisie n debat met n gewone landsburger te he, net om n paar vragies te vra en n paar eerlike antwoorde te kry.

Connie ·

Ivan, as jy daardie inligting kry laat weet my ook asseblief. Daar is ‘n paar wat ek graag ‘n paar vrae wil vra. Maar hulle is te besig jong. Hulle hettie tyd vir ons plebs nie.

Andrea van Vuren ·

Ivan, niemand kon nog vir Zuma in die stoel kry vir ‘n openbare debat nie, sê nog die minister van Polisie. Hulle besit nie die vermoë om op hul voete te dink nie!

M'Lady ·

Die motief vir die moord op blankes, net soos al die ander gevalle konstabel, is haat gedrewe.

Gesiggie ·

Mev Rust ek het u nie geken, maar kan aflei dat U n baie goeie en eerbiedigge mens was… iemand wat omgegee het vir sy mede mens? waarom iemand jou lewe moes wegvat? sal geen een kan beantwoord… hoekom so lieflikke mens soos jy vermoor moes word… My innige simpatie aan Mev Rust se Gesin, Familie, vriende, en aan almal vir wie sy hierdie merk in die lewe gelos het… Hoop dat jul berusting sal vind..( Ivan ja… my vraag ook… want daar word net mooi niks gedoen aan al die moorde”’ hoe lank nog voordat ons vrae beantwoord sal word”en dit word net erger en erger””Is daar regtig niemand wat kan intree”’

vierkleur ·

Al wie kan intree is die blanke volk. Sodra ons leer om saam te staan, dan gaan hierdie gemors tot n einde kom. Daar is ongelukkig nog te veel veraaiers onder die blanke volk.

Flippie ·

Totsiens tannie Winnie. Alle seën en sterkte aan oom (Dr) Manie, kinders en kleinkindets in hierdie uiters beproewende tyd.

Ek wil baie sê maar sal volstaan deur te sê dat dit totaal onnodig en ontydig en ongevraagd was. Ek hoop dat die Here hierdie moordenaars so sal straf soos geen SA hof hulle sal kan straf nie.

Koos ·

Dit is jammer dat die anargie oorspoel na die Weskaap en spesifiek Wellington en omgewing ‘n mens sal begin twyfel daar nog ‘n toekoms is in hierdie euwel plek

Jan ·

Ek dink ons moet die probleem t.o.v. Onwettige mosambiekers,zimbabwiers en andere by ons self soek,gaan kyk hoeveel van hulle werk in suikerlande,Marlothpark en by besighede sonder werkspermitte of paspoorte.

Bekkie ·

Jan, Koos, ek stem heelhartig met julle saam. Dis ‘n mamma, ‘n eggenoot, ‘n ouma, ‘n vriendin, ‘n vrou met ‘n hart vir ander … rus in vrede Winnie Rust; niemand kan jou meer seermaak nie. Dit is net ongelooflik seer vir diegene wat agterbly en so baie vrae het. Dink aan haar mense in hierdie tyd.

Rina Pretorius ·

mense soos die EFF en ons President se uitlatings huts hierdie moorde aan, ons weermag wat dalk sy deure moet sluit alles laat ons weerloos en sonder a veilige hawe. Ons is soos wild wat oopgestel is om gejag te word. Al wat gaan help is dat ons die liewe Vader aan ons kant moet kry want dan kan ons teen die hele wereld te staan kom en nie ‘n haar op ons hoof sal beskadig word as dit nie die wil van die Vader is nie. My hart gaan uit na elke mens in ons land wat so vermoor word sonder ‘n rede. Ons word nie meer toegelaat om ons se te se nie dan verloor ons summier ons werk en daar word n tag op ons gesit maar die res kan maak soos hulle wil. ONAANVAARBAAR en klaar

Bekkie ·

Die weermag?? hulle gaan teen ons draai julle! as hier ‘moeilikheid’ kom, gaan hulle die blankes skiet. alles wat ons blankes DURF se, is rassisme en selfs regters word op ‘spesiale verlof’ gesit. HULLE mag se WAT hulle wil, dan word dit ‘freedom of speech’ genome. HOE onnosel dink hierdie mense is ons? ons word maar vlak gevat.

Ludwig ·

Alle simpatie aan dr. Rust en die re svan die geisn. Ek en Winnie was baie jare gelede drie jaar lank in die Afrikaans-klas op Stellenbosch. Sy was ‘n pragtige meisie en altyd vriendelik en ‘n aangename mede-student. Sy het beslis nie verdien om so wreed aan haar einde te kom nie. Maar sal haar dood op die regering en die betrokke minister se gewete lê? Nooit!

neelsie ·

Baie jammer om te hoor van so n tragiese afsterwe.
Die woorde ontbreek ………..word net stil voor ons Skepper, dis ons enigste hoop!!

wellingtonner ·

Hier in Wellington is ‘n groot probleem met mense wat woongebiede as ‘n deurloop gebied gebruik. Ek hoop ons Munisipaliteit skrik wakker en begin iets daaromtrent doen om dit te stop. Dit is nou al die 3de moord in Wellington. Ek hoop dit is die laaste een.
Hier is ook ‘n groot drank en dwelmprobleem in ons dorp gepaardgaande met inbrake.
Niemand hier is meer veilig nie. Daar is ook ‘n huis waarin niemand woon nie wat ‘n trekpleister is vir ongunstige elemente en waar onheilighede plaasvind. daar was al by die Munisipaliteit daaroor gekla maar nog niks het gebeur nie. Intussen sluip die ongewenste karakters hier tussen ons huise rond waar kinders skool toe stap.

Jammer oor die groot verlies van die Rust familie en ook die groot verlies van ons dorp.

Oom Kalahari ·

Nog ‘n wrede en sinnelose daad op ‘n weerlose oumens. Al die oumense is en word ‘n teiken want hul word beskryf as die vuilgoed van “Apartheids” jare en die jonger garde na 1994 is weer makliker oop vir manupilasie en breinspoeling. So word die stemme wat op 03 Augustus dalk ‘n factor kon wees meer en meer uitgedun op ‘n beplande strategie. Aan Dr. (Manie), kinders, kleinkinders, familie en vriende wens ons u alle simpatie en medelye toe en Mag God se hand van vertroosting oor jul wees in hierdie donker tyd van rou en beproewing. Sterkte en beste wense.

Deon ·

My innige simpatie aan almal wat geraak word deur Winnie se dood. Daar word vir julle gebid.

Marous ·

Die motief vir die moord is MOORD ! Simpatie met naasbestaandes .

Theresa ·

Soos met al ons boere wat sterf en ander mense ook – baie hartseer.
Hoop die familie vind troos in die feit dat die moordenaars dalk hier kan ontsnap, maar nooit God se straf gaan ontsnap nie. Dis ‘n skande dat daar so min gedoen word om die wettige landsburgers te beskerm teen hierdie tipe wreedaards. Ons moet dit egter op ‘n baie groot openbare wyse begin teëstaan. Dit is al manier waarop sekere mense aandag gee aan ‘n probleem. Op ‘n ordentlike, maar tot op die punt af, openbare, wettig-gereëlde teenstand.

Jaycee ·

Hierdie tragedie is een van letterlik ter duisende voorbeelde hoe Zuma [ANC] besig is om liegstories op te dis wanneer hy se SA is ‘n beter plek in te leef. Alle landsburgers weet hy praat kaf maar sommige dink met hulle emosies en nie hulle verstand nie en, ek is bevrees, tragedies soos hierdie [saam met so baie ander] sal hulle nie van siening laat verander nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.