Winnie Rust-moord: Verdagte vas

‘n Tweede verdagte is intussen hegtenis geneem in verband met die moord. Lees meer hier.

Die huis waarin Rust vermoor is. Foto: Facebook

Die huis waarin Rust vermoor is. Foto: Facebook

ʼn Verdagte is in hegtenis geneem vir die moord op die geliefde skrywer Winnie Rust (77).

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 18-jarige verdagte is oor die naweek in hegtenis geneem in verband met Rust se moord. Rust se liggaam is Woensdagmiddag deur haar man, dr. Manie Rust (84), in hul huis in Wellington in die Wes-Kaap gevind. Haar hande en voete was vasgebind en sy het beserings aan haar gesig gehad.

Volgens Rwexana is verskeie items in die verdagte se besit gevind wat hom met die moord verbind. Hy sal Maandag in die Wellington-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Rust, wat vir nagenoeg 60 jaar in Wellington gewoon het, was wyd bekend vir haar skryfwerk. Sy is in 2005 vir die Jan Rabie-Rapport-prys benoem vir haar boek Martha – ʼn Verhaal oor Martha Solomons, Countess of Stamford.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Joann ·

Hoop my ma sien wat gebeur het. Sy koester ook een waarvoor sy alles betaal en gee en glo nie jou makste honde byt die seerste.

Schalla ·

Die lande is vol water na hierdie goeie reen,Dankie en Amen,maar daar is nie boere oor om die lande te bewerk nie,hulle is dood wat nou? Hoekom is bekendes belangriker as die wat elke aand in vrees gaan slaap net om kos te voorsien?Hoekom geniet die plaasmoorde nie dieselfde aandag nie en ook nie vir solank as die van bekendes nie,n mens kan mielies EET maar nie prosa of papier nie,dankie vir eers!

Gideon ·

Ai Schalla geen persoon is belangriker as ‘n ander nie!! Of mens nou boer, skrywer, arbeider of hoer is, niemand verdien om vermoor te word nie!! As ons almal net daardie eenvoudige konsep kan verstaan dan sal dié onsinnige moorde dalk stop, maar ek wonder of ons in SA daardie begrip verstaan!

Cherokee ·

Schalla… is dit wat die naweek aan jou gedoen het? Vat dit kalm!

Karma ·

@Cherokee, Gideon & Lynt – kyk ‘n bietjie na die breër spektrum rondom Scalla se opmerking. Ek is seker hy het nie bedoel dat enige mens se lewe minder of meer werd as ‘n ander s’n is nie, behalwe in die sin dat misdaad op bekendes meer blootstelling in die media geniet as ‘n ander “ordinêre” misdaad op boere, wat vir ons voedselproduksie en -voorsiening so belangrik is. Ek stem nogal saam in ‘n mate – kyk hoeveel aandag en dekking het Oscar Pistorius se moordsaak in die media gekry. Sal ‘n saak waar jou buurman Piet, sy vrou doodgeslaan het, dieselfde aandag in die nasionale media kry? Ek dink nie so nie.

Skote Petoors aan die Wellingtonse SAPD wat die blessitse skarminkel so vinnig aangekeer het. Ek is amper seker dit is weer een wat in haar huis of tuin gewerk het, wat dit gedoen het – of dalk ‘n familielid of kennis van sodanige huis- of tuinwerker,

Henry ·

Agge nee wat Karma, jou vertolking oor dit wat Scalla kwytraak, hou nie water nie.
Waarom plaas Scalla sy ongevraagde en onnodige insetsel oor bekende mense wie se dood en/of wat ookal die nuus haal, onder hierdie berig??? Dit is tog heel logies dat bekendes se geluk of ongeluk eerder die nuus gaan haal, as ons spul onbekendes se doen en late.
Indien mens sterk genoeg sou voel oor die aangeleentheid, loop plak ‘n skryfsel/brief onder die debat afd. Dan kan mens sonder om onder ‘n berig wat oor die pyn van geliefdes se geweldadige dood handel, gorrel en veroordeel na hartelus.
Sonder om die gevaar van allerlei misverstande te loop – bedoeld of onbedoeld.

emiel ·

Stem nogal saam met Scalla. Natuurlik het hierdie ou dame nie haar wrede einde verdien nie. Sy het tog deur haar skrywes laat blyk dat haar simpatie met die verdrukte swartes en kleurlinge was. Sover ek weet het sy haar min of geensinse uitgespreek oor moord en verkragtings teenoor haar eie mede blanke volksgenote .

Eddy ·

Dis verby.nog n sinnelose moord.nog statistiek. Die mens is vermoor en niemand kan haar vervang nie want elke mens is uniek gemaak. Wens die lig wil aankom vir die verwoesters van lewe dat daar n besef sal kom dat lewe is nie joune om te vat nie

Ben Prinsloo. ·

Selma 9 uit 10 vir jou kommentaar. Ek verskil egter van jou in die sin dat ek my mense help voordat ek enige iemand anders help. Niemand het my volk gehelp tot hier nie, inteendeel ons is n hele paar keer vertrap en het maar net self weer opgestaan. Ek help nie iemand wat my môre kom vermoor vir n selfoon nie, jammer!

vierkleur ·

Stem saam Ben,

daar is baie van ons eie mense wat behoeftig is. Gaan help eerder daar,dis ons eie mense
wat besig is om te vergaan. Ons mense word die ergste geraak deur BBEEE, of wat jy dit ookal wil noem. Jy is wit jammer jy kan nie n werk kry in SA, om vir jou en jou gesin te sorg nie. Daar is n hele klomp plakkers kampe vol blankes. Gaan help daar, dis ons mense

Johann Marx ·

Emosionele Intelligensie. Dis wat ontbreek. Nadat ‘n jong werkgewer in VdBijlpark sy werkgewer op die grond van haar pandjieswinkel vasgedruk, haar kop met ‘n hamer verbrysel, haar kar en die kontant in die kasregister gevat en binne 2 ure daarna in hegtenis geneem is, was my vraag aan hom: “Wat het jy gedink terwyl jy hierdie daad gepleeg het? Het jy gedink jou ouers gaan trots wees op jou? Het jy gedink jou lewe is nou beter? Het jy gedink jy gaan nie gevang word nie? Het jy gedink jy is nou ‘n voorbeeld vir ander jeugdiges?” En die antwoord was? Ek het nie gedink nie…..As die vermoë ontbreek om die uitkoms van jou dade in ag te neem voordat jy dit pleeg, is jy histories agtergeblewe. Vir ewig.

Willie ·

Ek mag dalk ouderwets wees, maar ons ouer gemeenskap het nie eers aan moord gedink op 18 nie, wat nog gepleeg.. Dis n skande, ek help nie die heidinne nie… help jou eie gemeenskap. Charity begins at home.

Stoney ·

Dit gaan altyd my verstand te bowe dat iemand die hand wat hom voed kan byt! Jammer maar vir my begin “charity at home”. Almal kan sê wat hulle wil maar my naaste is die een wat langs my bly en basta met die res!

Michiel ·

Wonder hoe die wêreld sal wees as almal glo soos Willie en Stoney party hierbo glo. Dat jou naaste net kammig die ou wat langs jou bly is. Dan sal dinge soos die berig oor die vrou wat vertel hoe ‘n mense-engel haar lewe gered het nadat ‘n by haar gesteek het nie gebeur nie. Daardie jongman het nie gevra/gesê/gewonder of die vrou langs hom bly, of dat sy dalk ‘n heiden (sic) is nie, hy het eenvoudig GEDOEN. Daar is talle sulke berigte en glo my die helfte haal nie eers die koerant nie. En voor almal my aanval, ek sê nie hierdie daad is reg nie, wat ek sê is dat mense moet dink voor hulle kommentaar lewer. Jou naaste is almal om jou. Almal!Moord is sleg (plaasmoord of op wie ookal) maar om nou sommer kommentaar te lewer oor hoe mens net sekere mense moet help..ai…Dit gaan wraggies nie verhoed dat moorde nie gepleeg word nie!

Scalla ·

Op 18 jaar reeds n moordenaar, sluit toe en gooi sleutels weg.

Kiepie ·

Het ek iets gemis? Waar kom die persepsie vandaan dat die persoon wat in hegtenig geneem is iemand is wat deur Me. Rust onder haar vlerk geneem/versorg is? Geen so iets word in hierdie of enige ander berig genoem wat ek gelees het nie. Of het iemand nou weer ‘n veralgemeend kommentaar gemaak waarmee die res van die Maroela lesers op hol gegaan het.

Mooi gestel Michiel.

Ilze ·

Kiepie – in gister se Rapport is dit so weergegee. Skynbaar iemand wat hul raakgesien het wat goed in sport was, en daarna het hulle (of sy) begin help….

Kiepie ·

Baie dankie Ilze,
Ek lees (on)gelukkig nie Rapport nie. Wonder waarom nie een van die ander koerante of webblaaie daaroor berig nie. In elk geval, dankie vir die verwysing.

amelia ·

Naaste beteken presies wat dit se iemand na aan jou gesin familie volk en dan die res

Theuns ·

Hoe baie van ons mense is daar wat na die insident kyk, skouers ophaal en se “Sorry ek het haar nie geken nie” En in die stilswye wat volg vermeerder die insidente soos kanker selle totdat ons hele samelewing terminal siek is want die afwesigheid van die groot geneser is daar nie meer nie. Die godelose heers!

Denise ·

Ag asseblief Theuns ek het nie een van die boere of van die ander mense wat so wreed vermoor is geken nie. My hart gaan uit na al die boer vrouens wat hul mans verloor het en so na elkeen van die mense wat elke dag iemand verloor! Wat my bekommer is as al die boere vermoor word waar gaan al die mense kos kry? Dit is hartseer wat met die vrou gebeur het al my simpatie vir haar man en kinders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.