Winnie soek Malema terug in die ANC

Winnie Madikizela-Mandela Foto: SAPA

Winnie Madikizela-Mandela Foto: SAPA

Winnie Madikizela-Mandela, ANC-struggleveteraan, het die anargie in die parlement veroordeel, het die SAUK Vrydag berig.

“Ons sou nooit in ons drome kon dink dat die parlement sal daal tot dit wat ons vandag sien nie,” het sy aan die uitsaaier gesê. Sy het gesê Suid-Afrika bloei en die lede van die parlement moet mekaar respekteer. “Ek dink nie daar is ʼn enkele Suid-Afrikaner wat trots is op dit wat tans in die parlement aangaan nie.”

Madikizela-Mandela het gesê sy hoop Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, sal na die ANC terugkeer. “Ek hoop om Julius eendag terug te bring, om hom huis toe te bring, voordat ek vir ewig slaap,” het sy aan die SAUK gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

ekke ·

Sy slaan di spyker op die kop!!!! Om hom terug te bring HUIS TOE – ANC toe. Jup. Hulle het hom mooi geleer…sy sê dit dan mos nou vir ons. Juju is ‘n voorbeeld van waarvoor die ANC staan. Nou het hy hulle net onder die gat geskop en sy eie ding gaan doen. . . Na hy geleer is om kill the boer te sing..by die wat voorloop soos tant Winnie. Vir ewig slaap nogal..wonder of die vuur van die hel pouse het! Twe . Madiba se verleentheid.

petra van vuuren ·

ja gaan slaap maar, lyk my dis al wat hulle goed kan doen! Selfs in die parlament!

lillian ·

Ek verstaan waarom Mandela jou geskei het net nadat hy uit die tronk gekom het, hy’t jare gehad om diep na te dink oor jou en jou swart hart …

H ·

Wie en wat is sy dat sy steeds seggenskap het?? In hierdie land word jy n celeb of president as jy moor en bedrieg…….. wonder of ons ook aan haar steeds n salaris betaal….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.