Winnie soek Mandela se Qunu-huis

Argieffoto: Winnie Madikizela-Mandela. Foto: GCIS

Argieffoto: Winnie Madikizela-Mandela. Foto: GCIS

Winnie Madikizela-Mandela daag wyle oudpresidentet Nelson Mandela se boedel om regte tot sy huis in Qunu in die Oos-Kaap te bekom.

Mvuyo Notyesi, Madikizela-Mandela se prokureur, het glo twee weke gelede ʼn brief aan adjunkhoofregter Dikgang Moseneke, een van die boedel se eksekuteurs, gerig, het die Daily Dispatch Dinsdag berig.

Notyesi voer aan dat die regte van die eiendom aan Madikizela-Mandela en haar nageslag behoort, volgens AbaThembu-tradisies.  “Dié tradisie geld ongeag of die vrou van haar man geskei is of nie,” het Notyesi geskryf.  “Dit is die enigste huis waar Madikizela-Mandela se kinders en kleinkinders hul eie tradisies kan uitleef en beoefen.”

AbaThembu-ouderlinge en koning Buyelekhaya Dalindyebo sal glo beëdigde verklarings ter ondersteuning hiervan indien.

Volgens die brief is die aansoek nie ʼn aanval op Mandela se testament nie, maar ʼn aanspraak op gewoonte- en tradisionele regte.

Moseneke het bevestig dat hy die brief ontvang het en gesê die eis sal Donderdag bespreek word.

Madikizela-Mandela was vir 38 jaar lank met Mandela getroud. Sy is nie in Mandela se testament, wat in Februarie vanjaar bekendgemaak is, benoem nie.

Mandela is op 5 Desember 2013 oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

scalla ·

die skikking in die egskeidingsbevel sal dit mos bepaal, alles draai net om gierigheid.

EMK ·

Ek dag die bakleiery oor sy geld en dinge is al verby – obviously nie!

Elizabeth ·

@Sarie – hahaha – nou het ek darem lekker gelag vir jou opmerking!

Theresa ·

Sy sal dit laat doen………..daardie oefening van beeste oppas is benede haar.

Belinda ·

Ag 2de Modise geval hulle gaan dat die diere vrek en mekaar vreet wat sal sy omgee oor so iets……………..maak my so BOOS!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.