Winnie soek Qunu-huis: Uitspraak voorbehou

Winnie Madikizela-Mandela Foto: SAPA

Winnie Madikizela-Mandela Foto: SAPA

Die hooggeregshof in Mthatha het Dinsdag uitspraak voorbehou in die siviele saak van Winnie Madikizela-Mandela wat regte wil bekom tot voormalige president Nelson Mandela se huis in Qunu in die Oos-Kaap.

Madikizela-Mandela se prokureur, Mvuzo Notyesi, het aan ANA gesê hul regsargument hou verband met gewoontereg.

Prokureurs vir Madikizela-Mandela voer aan dat die gewoonteregtelike huwelik tussen die twee steeds van krag is, ondanks die feit dat hulle in 1996 geskei het. Die egpaar was 38 jaar lank getroud.

Adv. George Bizos, een van die eksekuteurs vir Mandela se testament, het vroeër Madikizela-Mandela veroordeel toe sy die regte wou bekom vir die president se huis in Qunu. Bizos het gesê hulle sal haar eis teenstaan, aangesien sy vir 17 jaar lank niks gedoen het nadat die eiendom in Mandela se naam geregistreer is nie.

Mandela se huis in Qunu Foto: www.timesofmalta.com

Mandela se huis in Qunu Foto: www.timesofmalta.com

Madikizela-Mandela se prokureurs het die saak in 2014 ingedien en voer aan die eiendom is aangeskaf terwyl sy en Mandela getroud was, en volgens AbaThembu-gebruik behoort die huis aan haar.

Mandela het in sy testament die Qunu-eiendom aan alle lede van die Mandela-familie bemaak as ʼn plek waar hulle verenig kan word.

Madikizela-Mandela is nie in sy testament, wat in Februarie 2014 bekend gemaak is, genoem nie.

Mandela het op 5 Desember 2013 gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Della ·

Ons almal weet van baie “mense” wat letterlik niks doen vir baie jare en dan eendag besluit hul soek iemand se stuk grond of besittings, al het hy/sy nie n duit da voor gewerk nie…

Francois le Cochon ·

Noudat jy dit noem, maak dit vir my sin dat sekere studente heeldag in die kaffeteria sit en hul kos “allowances” van die staat gebruik, en as take ingedien word dwing hulle die klaslopende studente om hul take met hulle te deel omrede hul nie toegang hetna bronne soos die “privileged” nie.

GES ·

Francois jy slaan die spyker op die kop. Dit is so waar …..

Mick ·

Sy is 80 jaar oud in September. Wat wil sy eintlik bereik? Of soek sy net ‘n goeie neseier vir haar buite egtelike kinders? Terwyl Mandela in die Tronk was, het sy nou nie juis “stilgesit” nie.

Sus ·

Tog interessant – wys vir my een van die ‘Mandelas’ wat respektabel lewe, wat Mandela se nalatenskap eer…….

Francois le Cochon ·

@Sus. Ek dink daar is meer mense wat se vanne met “van der” begin, as wat daar “Mandelas” is wat Madiba se nalatenskap eer.

Gideon ·

Dit is vir my so vreemd dat sommige mense so 2 lewens wil lei!! Moderne Westerse leefwyse met alle voordele daaraan verbonde, maar dan ook hierdie Afrika tradisie wat gewoonlik nie sin maak nie! Is dit nou so moeilik om te sien dat sy niks geérf het nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.