Winnie verloor appèlaansoek vir Mandela se Qunu-huis

Winnie Madikizela-Mandela Foto: SAPA

Winnie Madikizela-Mandela Foto: SAPA

Die Mthatha-hooggeregshof het Dinsdag Winnie Madikizela-Mandela se appèlaansoek vir eienaarskap van oudpresident Mandela se huis in Qunu van die hand gewys.

Die hof het ook beslis Madikizela-Mandela moet die koste van die aansoek dra.

Sy het in April haar appèl aangeteken nadat sy onsuksesvol was in ʼn vorige aansoek, om eienaarskap van die huis in die Oos-Kaap op te neem.

Madikizela-Mandela se prokureur, Mvuzo Notyesi, het aan African News Agency (ANA) gesê hulle sal die saak nou na die hoogste hof van appèl in Bloemfontein neem.

Haar prokureurs het 30 dae om ʼn aansoek om hersiening in te dien.

Mandela is op 5 Desember 2013 in die ouderdom van 95 dood ná ʼn lang siekbed.

Mandela het die huis in Qunu aan die administrasie van die Nelson Rolihlahla Mandela-familietrust gelaat, waar die huis deur sy gesin – sy vrou Graça Machel en haar twee kinders – gebruik sal word. “Die Qunu-eiendom moet deur my familie gebruik word om die eenheid van die Mandela-familie te behou,” het die staatsman in sy testament gesê.

Madikizela-Mandela, wat Mandela se tweede vrou was, is uit die testament weggelaat en het nie enigiets uit die boedel ontvang nie. Sy het gevolglik in 2014 ʼn eis by die Mthatha-hooggeregshof ingedien oor die Qunu-huis, en aangevoer Mandela het die huis aangeskaf terwyl hulle steeds getroud was. Dié hof het haar aansoek met koste van die hand gewys waarna haar prokureurs appèl aangeteken het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

indigogirl ·

wat het sy nou gedink? dat die huis net so uit die hemel in haar arms gaan val?

m ·

Mens kan nie alles kry in die lewe wat jy wil he nie!!! Dis mos nou nie dat jy in die straat bly nie .

Daan Erasmus ·

Nou waar gaan die arme Tannie Winnie geld vir haar regs koste kry. Ek hoop eintlik dat sy nie haar prokureur betaal nie. As hy so n saak vat is hy nie die slimste peunut in die pakkie nie

neelsie ·

Gierigheid van leiers is die oorsaak dat miljoene ander honger gaan slaap.

Peter ·

Die (c)anc (er) sal haar regakostes betaal uit die staatskas. M.a.w die belastingbetaler se geld. Hulle almal het miljoene, maar teer op die land se reserwes

Theresa ·

WHaaaaaaaaaa Esmarie!! Is WIN nie (hie hie) ook ‘n soort aansteker nie??

KarooKlong ·

Skerp Esmarie, baie skerp.
Goeie humorsin – goeie medisyne.

Scalla ·

Lekker, kry vir jou, die hof handel volgens laaste wil en jy is nie eers genoem nie, is dit so moelik om te verstaan, al party wat gaan wen is jou regsverteenwoordigers met hul kostes.

W Visagie ·

Eintlik kry ek haar jammer. Dink net, haar man is gearresteer, sy moes 3 kinders alleen grootmaak, waarvan een jonk oorlede is terwyl Mandela in die tronk was. Daar was ‘n heksejag op haar gevoer en sy is ‘n paar keer gearresteer sonder dat hulle gereel het vir toesig vir haar kinders. En deur dit het sy altyd by Mandela gestaan. Sy het baie ontberinge gehad as Mandela se vrou en sy is die een wat hom ondersteun het. Net om opsy gestoot te word toe sukses vir hulle uiteindelik daar is en pad te moet maak vir die nuwe vrou en sy kry niks. Dink nou jouself in daardie posisie in asof dit een van julle was met wie dit gebeur het…

Martin ·

W Visagie, as jy so jammer voel vir haar, staan haar dan maar by. Baie van ons ander onthou hoe sy altyd met die gebalde vuis in die lug op TV verskyn en die opmerkings wat sy gemaak het. Dan is daar nog die Stompie Sepei saak. Nee ek voel nie jammer vir haar nie.

Gwen ·

Sy het hom inderdaad ondersteun, soos toe hy die ANC oorreed het om tot geweld teen die staat oor te gaan (wat uiteindelik ook gelei het tot die sterfte van talle burgerlikes) deur sabotasie te pleeg en terreur te saai. En soos toe sy self ook mense met die halssnoer om die lewe gebring het. En soos toe Mandela militêre opleiding elders in Afrika ontvang het om die regering omver te werp. Sy kon haar van hom gedistansieer het. Uiteindelik is sy ’n selfsugtige rassistiese mens wat niks vir die “saak” gedoen het nie maar wel vir die sak.

Jakoba ·

Ek kry haar nie jammer nie, sy kry wat sy verdien. Hoeveel mense se lewens het sy nie al vernietig met haar haat en rassisme nie. Daai blinde sambok slaan lekker en lekker seer. Sy gaan die warmste klip in die hel kry. Ek voel ‘n veer vir haar.

Willie E ·

Foei tog shame….hoor jy iets drup?….my hart bloei vir haar…ha ha haaa….

Theresa ·

O nee. So dierbaar was/is sy glad nie, hoor! Gaan lees gerus meer oor die persoon. Ek is oortuig daarvan dat jy heeltemal anders sal voel. As mens jou uitleen vir allerlei wreedhede, glo ek nie mens kan aanspraak maak op ‘n gepamperlang nie.

Jeanne ·

Geluk is toe nie altyd aan jou kant soos met Stompie Sepei nie. Regtig gedink jy is nog geregtig op die huis? Sy mag ontberinge gehad het, maar so het sy ook ander mense laat swaarkry en martel met haar sogenaamde ‘sokkerspan’. Neem die hele prentjie in gedagte, moenie een-ogig wees nie. Baie vrouens maak kinders alleen groot, sy is nie die enigste een nie.

Lida ·

Mnr Mandela was ‘n eerbare man en sou haar nie sonder rede uit sy testament gelaat het nie en hy sou haar ook nie geskei het na sy vrylating as sy so wonderlik was nie. Kry vir jou sissie !!!

MM ·

Maak vrede my girl jy kry niks nie.! As hy wou gehad het dat jy iets moet erf sou dit in sy testament gewees het.

Daenerys Targaryen ·

Hoe sê hulle: ” die wiel draai….” die keer draai hy oor haar. Dit was sy wil wat hy in die testament gesit het en hy alleen sal weet waarom hy dit so bepaal het. Die wie haar jammer kry- hy het haar baie beter geken as ons so hy sal weet waarom sy niks kry.

Theresa ·

Sy’s vraatsugtig. Kon haar nog nooit verdra nie en sal nooi nie. Veral ook oor haar vuurhoutjies waarmee sy so graag die land nog wou oorneem.

KarooKlong ·

Die regering het met ons geld vir haar gesorg van dag no 1 wat hy in die tronk gestop was. Gaan lees daaroor na en kyk of sy een dag gesukkel het.
Herman jy is die regte persoon om hierop te antwoord.

Tokkie Reinecke ·

Wat ons almal gerieflik vergeet, Malema is haar skoothondjie, haar produk. Sy is ‘n moordenares en moes lankal tronk toe gegaan het. Sy en Malema konkel. DALK betaal hy haar regskostes

GES ·

Dit het nou in haar gesig opgeblaas. So reken die lewe af met die lawaaimakers af. Wat jy saai sal jy maai…..

Ekke ·

sy het seker haar deel gekry toe hulle geskei is??? Geldgierig……wil net he……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.