Winnie vermis duisende se verjaardaggeld

Winnie Madikizela-Mandela Maandag by die gala-dinee. Foto: Via @MyAnc op Twitter

Winnie Madikizela-Mandela Maandag by die gala-dinee. Foto: Via @MyAnc op Twitter

Duisende rande se verjaardaggeld van die ANC-veteraan Winnie Madikizela-Mandela is glo vandeesweek uit haar Johannesburgse huis gesteel.

Madikizela-Mandela het onlangs haar 80ste verjaardag gevier en ʼn swierige gala-dinee is Maandag vir haar by Emperors Palace gehou.

Sy het glo onder meer R83 000 kontant as ʼn geskenk ontvang en het dit in ʼn sak in haar huis gebêre tot sy dit kon gaan deponeer. Sy het besef dit is gesteel toe sy geld uit die sak wou haal om glo brood te gaan koop.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale woordvoerder van die Gautengse polisie, het Vrydag aan Maroela Media bevestig Madikizela-Mandela het Donderdag ʼn klag by die Orlando-Oos-polisiestasie aanhangig gemaak.

“Die klaer beweer R83 000 is uit ʼn sak in ʼn kas in haar huis in Orlando-Wes gesteel. Sy beweer sy het die geld Dinsdag in die sak gesit en later besef dit is weg. Geen gedwonge toegang is aangemeld nie,” het Makhubele gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van diefstal. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Jean ·

Lol, eintlik lagwekkend .. dit agtergekom toe sy ‘n BROOD wou gaan koop, terwyl daar R83 000 in haar sak was? Sjoe die storie klink vir my NES ‘n Winnie storie, wonder wie sou almal kontant bygedra het? Gelukkig kan jy nie ONS daarvoor blameer nie, want ons was nie by jou birthday bash nie.

Jakes ·

Jean, ongelooflik nê! Ek koop brood saans met die munte uit bakkie se asbak. Daardie R83k(odd no nogal?) was seker ook gesteelde geld.
Ek weer verjaar kan almal maar net vleis en bier bring, asb.

SkarrelKind ·

Classic storie – ek wil nie hard lag nie (-; Sy het vergeet waar sy dit gesit het, ek dink ook so ….

Suzette ·

LMGA – Wat kos n brood ag nee rerig…………………………….

Sarie ·

Dit ìs moontlik gesteel, maar dit moet dan iemand wees wat van die geld geweet het… Jammer Winnie.

Sy lyk darem verbasend goed vir hààr jare; wonder wàt haar geheim is?

T ·

Ja ne mens verlekker jou nie but WELCOME to our world! Shame dis mos ook apartheid se skuld dat dit so gaan! Nou gaan die geld ook in apparte rekenings in

Zoro ·

Ai ! Wanneer sal ons Suid-Afrikaaner oor die “Ons en Julle” kom , dit blaas net hatigheid aan, ons almal se saailinge is nog groen op die lande en hulle sal die prys daarvoor betaal

Lucas ·

Julle vergeet van arme Jan v Riebeeck!! Sy was jare lank ‘n LP en maar min in die parlement en kry verseker ‘n hengse pensioen. Ag siestog. Sal maar verder swyg.

Frik ·

Shame, hulle gaan seker petrol prys opsit om die “gesteelde” geld terg te gee

Christene ·

Van wanneer af koop sy brood? 19 iets in die 70’s laas Winnie, toe jy nog ‘n Windburg inwoner was! Kan wees jy’t lanklaas jou matras omgekeer.

Carlia ·

Ai, julle vergeet, almal van die Birthday bash is nog nie betaal nie en dis haar uitkom kans. Wens ek het sulke oulike vriende.

Piet Pompies ·

Te danke aan haar vriende hoef sy nou nie meer bank toe te gaan nie….of brood te koop.

Jordaan ·

Duidelik moet ek my vriendekring hersien, R83000 se geskenkgeld is nie te versmaai nie!

peanut ·

Ek ruik iets……..

………………..en dis nie rose nie

christine ·

O hel dis Jan De Rower of die tokkelos hulle het haar presie vir die armste van die armstes loop gee.

Anie ·

Gewoonlik is mens se geld in jou beursie in jou handsak?! As sy nou Piocchio was, het haar neus langer gegroei!

m ·

Soek weer aandag soos gewoonlik. Indien die sogenaamde geld wel gesteel is kan dit ma net een van haar eie mense wees. So belaglik…. Dink die tannie se kop raas en daar was nooit eers so bedrag geld nie…

Ashlee ·

Waaaat!! Die geld weg uit die sak, maar die sak is nog daar!!Die dief het sekerlik dan sy eie sak gebring. Dom dief.

John ·

Miskien moes die ouma eerder gese het dit was in ‘n wasmasjien by die ‘laundromat ‘en toe gaan koop ek gou ‘n brood en toe ek terug kom… toe staan die knop op spin… Sy kon dalk ook eerder by die tannies van die vroueliga om hulp aangeklop het. Sulke tannies het altyd die oplossing vir alle probleme… selfs vir ‘n opvolger vir ons president.

popeye ·

Valse eis, forensiese ondersoek asb, sy het nog altyd net gelieg!

Sum ·

verklikker toets? nee die masjien gaan dit nie tot by die einde van haar storie maak nie… boem, crash, tiengelieng

popeye ·

As daar een voorheen benadeelde persoon is wat altyd “spesiale” behandeling gekry het bloot omdat sy mev. Mandela was, is dit Winnie, sy het die goeie kant gesien nog altyd, buite voeling met die werklikheid!

Rapes ·

Moenie so bekommerd wees nie dis maar net verdeling van rykdom. Voel hoe dit is wanneer jou mense hulself kom help aan ons besittings. Dit is nie aangenaam nie. Nou doen iets daaromtrent.

Martin ·

Dalk het iemand namens haar die geld gaan bank….versekeraars dek ook kontantantgeld as dit “wegraak”! Soms onthou mens nie lekr nie..foutjie gemaak dalk.

GES ·

Dit moes die kommissie vir die herverdeling van rykdom gewees het. Ons was nie by die “party” nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.