Só sê Bianca Botes, korporatiewe tesouriebestuurder by Peregrine Treasury Solutions. Botes het die sterkte van die rand dopgehou in aanloop tot Mboweni se begrotingsrede en terwyl hy sy toespraak vanmiddag in die parlement gelewer het.
Volgens Botes het die rand maar swaargekry deur die loop van die dag. “Die onverwagte afname in die verbruikersprysindeks, 4% teenoor die verwagte 4,3%, het min gedoen om die rand te ondersteun soos die markte asem opgehou het vir die begrotingsrede later vandag,” sê sy.
Kort nadat die verbruikersprysindeks vrygestel is, het die rand teen R14,12 teen die dollar verhandel nadat dit 0,6% teen die Amerikaanse geldeenheid verloor het.
“Toe die begrotingsrede eers begin, was die bloedbad in volle gang. Die rand het onmiddellik met 1,8% getuimel direk ná [Mboweni] se aankondiging dat Eskom R69 miljard hulp oor die volgende drie jaar by die regering sal ontvang.
“Die voorwaardes van dié reddingsboei sal beslis deur Moody’s bestudeer word, wat voorheen gewaarsku het dat ʼn finansiële reddingsboei aan die kragvoorsiener ʼn uitwerking kan hê op die land se kredietgradering.”
Die rand het darem weer effens herstel deur die loop van die begrotingsrede en het van R14,37 teen die dollar weer versterk tot R14,19. Botes meen dié herstel is moontlik danksy Mboweni se versekering dat die regering nie bereid is om Eskom se skuld oor te neem nie.
Is die plant regs van die minister n simbool?
Lees die berig oor die bitter medisyne, daar verduidelik hulle wat die alwyn beteken
Wow, fout. Die plant moes links gestaan het…
Die opskrif van die berig het verwysing.
Casper de Vries het jare terug al gesê daar kort n niwe “wipwa” by Gold Reef City, ganaamd “Die Rand”.
Die een oomblik skiet dit in die hemel in, en voor jy weet duil dit weer na benede.