Wiskunde floreer by Afrikaanse skole

wiskunde

Foto: Pixabay.com

Wanneer ʼn groep skole, wat slegs 5,3% van alle skole in Suid-Afrika opmaak, meer as 28% van die land se wiskunde-onderskeidings behaal, weet jy dat jy te doen het met wiskunde-onderrig van wêreldgehalte. Hierdie uitsonderlike prestasie is behaal deur die leerlinge van slegs 358 Afrikaanse hoërskole (5,3%) in Suid-Afrika, wat 2193 onderskeidings (28,2%) in wiskunde behaal het. Die verhouding van die aantal onderskeidings per skool is meer as 500% beter by Afrikaanse skole as by die res van Suid-Afrika se skole.

“Hierdie ontleding toon duidelik ʼn handjievol Afrikaanse skole presteer uitermatig goed in wiskunde. Ons wil graag alle leerlinge gelukwens wat onderskeidings in wiskunde behaal het en wil spesifiek die Afrikaanse skole en hul onderwysers gelukwens,” sê Hugo Vermeulen, Hoof van die Helpende Hand Skoleondersteuningsentrum(SOS).

Hierdie skole is Paul Roos-Gimnasium (68 onderskeidings), Hoërskool Menlopark (64), Hoërskool D.F. Malan (58), Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (48), Hoërskool Paarl Vallei (48), Hoër Meisieskool Bloemhof (47), Hoërskool Waterkloof (41), Gimnasium Paarl (36) en Hoërskool Eldoraigne (36).

Die 5 beste wiskunde-skole in 2015 was Bishops (72 onderskeidings), Paul Roos-Gimnasium (68), Hoërskool Menlopark (64), Westville Boys High School (61) en Pretoria Boys High School (59).

Alhoewel die aantal wiskunde-onderskeidings toegeneem het van 7216 in 2014 na 7791 in 2015, is dit wel ʼn klein afname van 0,2%, maar die aantal leerlinge wat wiskunde in 2015 voltooi het, het toegeneem met 38445.

Die LUR vir Basiese Onderwys vir Gauteng, Panyaza Lesufi, het Woensdag, erken daar moet ʼn groter fokus op wiskunde en fisiese wetenskap wees. “Ons aanbeveling aan die departement van basiese onderwys en mnr. Lesufi is om suksesse soos Afrikaanse wiskunde-onderwys te bestudeer en by Afrikaanse skole te kom leer hoe om sukses in hierdie vakgebiede te behaal,” sê Vermeulen. “Passievolle, roepingsgedrewe onderwysers, met ʼn diep kennis van hul vakgebied, sal altyd sulke uitslae oplewer tot voordeel van die leerlinge in ons onderwysstelsel en ons land.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Sarie ·

Wys weer dat indien jy jou basiese begrippe van vakke soos Wiskunde in jou moedertaal leer baat jy die res van jou skoolloopbaan daarby.

Lindie Lourens ·

Sukses het eintlik te doen met toewyding , dissipline en harde werk, baie harde werk, dwarsdeur ‘n skoolloopbaan. Dit is wat by Afrikaanse skole gebeur.

Gerhardt ·

100% Lindie. Gaan kyk na die wersketiek van die demografie en ‘boom” daar gaan die ligte aan.

Paul ·

Let asb daarop dat Parel Vallei (korrekte spelling) ‘n dubbelmedium skool is. Meeste van die wiskundeonderwysers is wel Afrikaans.

Jan Smit ·

Paul Roos Gimnasium is ook ñ dubbelmedium skool alhoewel meeste van die wiskunde onderskeidings afrikaanssprekende leerders is.

DPJ ·

Wiskunde is leer van stellings/formulies en ontleding daarvan en dan die korrekte toepassing. Reg vir ‘n denker. Kan nie soos ‘n papegaai geleer wurd nie.

charlene ·

DPJ jy laat my dink oom my oom, wat ook winskunde gegee het. Wat dit vir my gesê het. En kyk ons het een van die beste onderwyssers gehad in winskunde Juff Botma – kyk sy was kwaai maar ons groepIE het winskunde deur gemaak te danke aan haar. Wiskunde is `n leer en verstaan vak, en `n ongelooflike moeilike vak. Wat ek met trots agter my naam het maar hel dit was meer as leer en verstaan om `n onderskeiding te kry. Ek hoop die mamma’s en pappa’s is baie trots op hulle kudde en `n groot dank moet dan ook aan daai wiskunde onnies gaan, dis nie aldag maklik met vandag se kinders (nie almal nie) so onnies (almal van julle) van 2015 se matrieks julle kan trots wees op julle self.

pieter prinsloo ·

Insiggewende berig, Maroela Media, en geen eer wil ek wegneem van die Afrikaanse skole nie, maar dit gaan nie net oor Afrikaans nie, maar die indeks van veranderlikes waarvan die moedertaalonderrig, soos betoog deur Sarie, bo-erig in die indeks is. Dan die skoolkultuur waarvan melding gemaak word en dan seg die slimmes van die slimmes as jy elke veranderlike wegeneem en jy plaas ‘n toegewyde, toegeruste leerkrag in ‘n klaskamer, dan kook dinge nou behoorlik tot voordeel van leerders.

GES ·

Wiskunde is eintlik ‘n wonderlike vakgebied (leerarea). Ek wil glo dat as wiskunde meer soos toegepaste wiskunde aangebied word, die vak lewendig begin word. Die oomblik as leerders begin besef dat wiskunde ‘n gereedskapstuk is waarmee berekende voorspellings gemaak kan word skakel die ligte aan.

Seef ·

Insiggewende artikel. Ek sou net die Top 10 meer wiskundig bepaal het deur nie net bloot na die aantal A’s te kyk nie maar eerder te kyk hoeveel persent van alle leerders in ‘n skool ‘n A simbool behaal in wiskunde. As ‘n persentasie van alle leerders sal HMS Bloemhof, soos met Die Burger se analise, heelwaarskynlik weer nommer een wees aangesien Meer as ‘n derde van alle matrieks in die skool ‘n A in wiskunde gekry het. As voorbeel kan hulle met Paul Roos vergelyk word, wat die meeste A’s het, 68, maar uit 245 leerders. Dit is 28% van die totale leerders teenoor HMS Bloemhof se 34%, meer as ‘n derde. Dan moet mens verder gaan kyk hoeveel persent van die totale leerders in ‘n skool neem Wiskunde en hoeveel neem Wiskunde Geletterdheid, want dit help veel jy het 50 wat A’s kry vir Wiskunde en die ander 200 wat moet gaan WG neem.

Johann Marx ·

Uhmm…jaaaa swear. Dis net syfertjies en persentasies en geredekawel oor hoeveel doen wat en hoekom en hoe, en sommiges wil by ander gaan leer, en ander wil nie, en dis moedertaal voor en agter….maar niemand sê ‘n woord oor die “potensiaal” van die leerders nie. ‘n Oud-skoolhoof in Bloemfontein het eendag vir ‘n pa en ma wat kom kla het oor hulle telg se wiskunde so geantwoord: “Mens kan nie twee donkies vat en dan ‘n resiesperd uit hulle teel nie!!” Dis nogal moeilik om Pythagoras aan ‘n moedertaal te verduidelik wie se “woord” vir die syfer 8 direk vertaal kan word as “twee plekke links van tien!” Ek sê maar net….

Breytie ·

Ek is een van daardie armsaliges wat matriekwiskunde meer op geloof geslaag het as op insig, maar ek gee my bydrae hier op grond van ‘n klein stukkie navorsing wat ek gedoen het met sesjariges wat besondere wiskundige denkvaardighede vertoon. By almal kom die volgende faktore voor:

Een of albei ouers is ingenieurs, aktuarisse of rekenmeesters.
In elk van hierdie gesinne word wiskunde speletjies gespeel veral wanneer hulle iewers heen ry.
Al hierdie kinders bestee baie tyd aan speel met blokke (konstruksiespel) en die ouers sorg dat hulle meer as genoeg blokke beskibaar het.
Daar is so vroeg as ouderdom drie maande begin om die kinders aan wiskundige begrippe bloot te stel, soos die soorte vorms ensovoorts.

Ongelukkig vir my was my ouers nie meesters van wiskunde nie!

Vic ·

Nou gaan daar seker n verbod kom om die taal van leerlinge/ skole te noem……..

Pieter Hugo ·

Nou moet ons net seker maak daai kinders kry tersiêre opvoeding en werk in SA sodat hulle nie hul heenkome elders gaan soek nie. Ek moedig alle Afrikaanssprekende werkgewers sterk aan om die rassistiese BEE te boikot of te beveg oral waar julle dit voorkom. Ek weier om te aanvaar dat ons kinders gestraf moet word vir die sondes van ons vaders.

Kobus ·

Die jammerte vir die meeste van die leerlinge is dat weens die diskriminasie teen die Blanke in die land wat openlike rasisme is, gaan baie van hulle nie universiteittoelating kry nie. ‘n meisie met 8 onderskeidings wat medies wou gaan swot, kry nie toelating nie, maar die swarte met geen onderskeiding nie word toegelaat. Nog ‘n broodnodige dokter verlore vir ons land, Wonder hoeveel van die regeringkaders sal na hulle ingevoerde Kubaanse dkters toe gaan?
Baie geluk aan die skole en leerlinge met die wonderlike prestasie. Doen so voort en wys die Minsiter van Onderwys dat Afrikaans steeds die beste onderrigtaal in SA is.

Wilma ·

Kinders met passie vir medies met 6, 7, 8 onderskeidings kry nie keuring nie, ten koste van kinders met geen onderskeidings! Gaan my verstand te bowe! Watter kwaliteit dokters lei ons nou op in hierdie land en watter persentasie wat nou toegelaat word, voltooi wel hulle studies?

Peet Schabort ·

Kommentaar gesneuwel? Dit lyk so. Wiskundig korrek maar weens taalgebruik gedruip?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.