Wiskunde: ‘Kurrikulum nie die probleem’

Argieffoto

Argieffoto

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het gesê die kurrikulum is nie te blameer vir die swak wiskunde-uitslae nie maar eerder die manier waarop dit aangebied word, het Beeld Saterdag berig.

“Daar is niks fout met die kurrikulum nie. Dit is die manier hoe die vak aangebied word. Ons moet dringend hierdie probleem oplos voor die begin van die nuwe skooljaar,” het Motshekga Vrydag tydens ʼn noodkonferensie vir onderwysers gesê. Die konferensie het in Midrand plaasgevind en is deur Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, byeengeroep.

Lesufi wou weet wat die rede vir die swak uitslae in die nasionale asseseringseksamen (ANA) in wiskunde is. Die gemiddelde wiskundepunt vir gr. 9, het sedert die jaarlikse ANA’s in 2012 begin het, van 13% tot 10,8% gedaal. Slegs 4% van gr. 9-leerders in Gauteng het 50% of meer gekry vir wiskunde in die ANA-toets.

ʼn Onderwyser van ʼn hoërskool in Kempton Park stem saam met Motshekga se uitlatings. “Die kurrikulum is geensins die probleem nie. Die probleem lê by die onderwysers en kinders,” het Tiyiko Mathe, ʼn onderwyser van Norkem Park High School, gesê.

“Die meeste van die gr. 9-leerlinge by ons skool woon nie wiskunde-klasse by nie. En die meeste van die onderwysers weet nie hoe om die vak oor te gee of die kurrikulum toe te pas nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

Voor ’94 was daar ‘n chaos in die land: Onderwyskolleges is onregeerbaar gemaak vir die sogenaamde “liberation before education” – talle van hierdie onderwysers wat nie behoorlik opgelei was nie, is steeds in die stelsel. Ek weet, ek was daar. Nou beskerm SADTU hierdie onderwysers ten bloede toe. Die “IQMS” – monitering stelsel wat veronderstel is om onderwysers se kennis en bekwaamheid te toets is ‘n klug.

wilma ·

Die grondvase van Graad 1 af is n probleem. Gaan terug na die basiese manier van Wiskunde in Gr1
en daar sal n verskil wees. Hoe hulle die graad 9 en al die ander grade se wiskunde gaan regkry weet nugter.

Grassie ·

Die probleem lê beslis nie by die kurrikulum nie. Dit lê by die IK van die “lênnas”

mick ·

As hoof van skool op Kaapse Vlakte,met onderwys ondervinding van oor die 35 jaar is my ondervinding dat is tyd dat die onderwysowerhede besef dat ons nie die onderwysers met reqv10,11,en 12 onontbeerlik is vir sukses van die onderwys.Hierdie opvoeders weet om wiskunde te onderrig en hoe om n sukses van dit tte maak.Die nuwe opvoeders het geen benul van hoe om eenvoudige optelling en aftrekking les aan te bied nie.Hulle het die inhoud maar weet nie hoe om die inhoud oor te dra nie.Dit is tyd om daardie opvoeders terug te bring as ons nie nog n groter ramp wil sien nie. Mick

Hanlie ·

Dit is wat kom van ‘n bose kringloop…..verander die manier waarop onderwys van die jaar toet aangebied is en skielik is dit nie meer goed genoeg nie. Minister van Onderwys (daardie tyd) besluit kom ons verander die manier waarop ons onderwys gegee het. Na ‘n paar jaar toe besef die Min van Onderwys “oeps” ons het ‘n foutjie gemaak – kom ons gaan terug na die ou manier.
Die arme mensies wat deel was van die “oeps” ons het ‘n foutjie gemaak – era – dit is hulle wat vandag die wiskunde moet oordra aan die nuwe groep.
Ek sou se in plaas van om die onderwysers te blameer – help hulle…….
Begin by Graad 1 en kry die oordra van Wiskunde (die grondslag) reg en trek dit regdeur tot graad 12.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.