Wiskundevraestel plek-plek laat, én boonop moeilik

matrieks-wiskunde-affies-seuns-2017-10-27-04

Argieffoto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Minstens vyf groot Afrikaanse hoërskole aan die Oos-Rand het Vrydagoggend nie genoeg wiskundevraestelle vir matrikulante ontvang nie.

Volgens Hugo Vermeulen, hoof van opleiding aan die Skoleondersteuningsentrum (SOS), het een van die hoërskole geen vraestelle in Afrikaans ontvang nie en slegs vyf wiskundevraestelle in Engels.

“Die gevolg hiervan was dat by hierdie skole die eksamen laat moes begin; sommige skole so laat soos 10:00 uur terwyl die eksamen reeds amptelik om 09:00 moes begin het.”

Vermeulen het gesê daar is allerlei departementele voorskrifte waaraan skole moet voldoen tydens die eindeksamen. Skole word byvoorbeeld verbied om matriekvraestelle te fotostateer indien daar te min afgelewer word.

“Die SOS betreur die feit dat leerders aan onnodige spanning onderwerp word tydens ʼn moeilike eksamen en dit weens departementele onbevoegdheid,” het Vermeulen bygevoeg.

Die SOS se Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (VAW) het ook sy teleurstelling hieroor uitgespreek en gesê Afrikaanssprekende leerders kan beslis deur die fout benadeel word.

“Wiskunde veroorsaak baie spanning en om ʼn uur laat te begin sal onnodig verder tot spanning bydra,” het die vereniging in ʼn mediaverklaring gesê.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van onderwys, het aan Maroela Media gesê sy departement ontvang ʼn verslag na afloop van elke vraestel en hy sal eers later Vrydagmiddag weet van enige probleme met die oggend se wiskundevraestel.

“Dit is ongelukkig so dat vraestelle soms nie betyds by skole afgelewer word nie, maar daar word darem altyd ekstra tyd vir die skryf van vraestelle voorsien, sou dit gebeur,” het Mhlanga bygevoeg.

Intussen het wiskundespesialiste gesê die maklike vrae van dié algebravraestel was baie maklik maar minstens 50% van dié vraestel het uit uitsonderlike moeilike vrae bestaan wat die leerders behoorlik laat les opsê het.

Volgens Elmarie van Loggerenberg, adjunkhoof aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, en AJ Maree, wiskunde-onderwyser aan dié skool, was daar ʼn paar vrae wat die leerders kon uitvang.

“Vraag 1.3 was vreemd bewoord en leerders sal dit moontlik moeilik vind om te beantwoord, asook vraag 3.4 en 8.2.

“Wat baie interessant is omtrent die vraestel is vraag 10 wat ’n differensiaalrekening-som is wat die leerders hulle meetkunde-kennis moes gebruik het om die antwoord uit te werk. Dit is nie noodwendig ’n moeilike vraag nie, maar die leerders sou dit dalk nie verwag het om meetkunde in die algebravraestel te kry nie.

“Daar was ’n goeie balans in die vraestel en ’n leerder wat voorbereid was, sal die vraestel met gemak slaag,” het Van Loggerenberg gesê.

affies-seuns-wiskunde-2018-10-26

Stefan Geyser en Francois de Vos van Afrikaanse Hoë Seunskool het hulle terugvoer oor die eerste wskundevraestel gegee. Foto: Verskaf.

Stefan Geyser, ’n leerder aan Afrikaanse Hoër Seunskool, voel dat die vraestel regverdig was. “As ʼn mens kopgehou het en gefokus het, sal jy genoeg tyd gehad het om klaar te kry.

Volgens Francois de Vos, nog ’n Affies-leerder, was die vraestel goed gewees, maar as hy terugkyk, sou hy meer tyd aan die vraag oor waarskynlikheid bestee het.

“Die heel laaste vraag, vraag 12, was vir baie van die leerders ’n probleem en selfs die onderwysers moes kopkrap oor die vraag. Die punte-toedeling was vreemd by dié vraag en het meer verwarring veroorsaak,” het Maree gesê.

Volgens Johan Koekemoer van die VAW was dit ’n meer kreatiewe vraestel met die moeiliker vrae wat baie insig vereis om te beantwoord.

“Steeds was daar ’n groot aantal vrae wat leerders kon voorspel het. Net meer as 50% van die vraestel was standaard vrae wat in elke vraestel gevra word.”

  • Leerders kan vandag reeds op skole.co.za gaan kyk na die vraestel met die memorandum wat deur die VAW uitgewerk is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

14 Kommentare

alida ·

Wat is nuut? Hoekom die Afrikaanse skole? Geen matriekeksamen het al ooit die afgelope 24 jaar sonder voorval verloop nie.

Wonder ·

Laat mens wonder of daar nie iewers ‘n sakkie of 5 misterieus oopgemaak is om ‘n vraestel in die hande te kry nie…

Johann ·

Laat, te min, verkeerde taal, vreemde vrae… ONBEVOEGDE MOEDSWILLIGE LE POEFI se werk.

Dienkie ·

Gedurende die Apartheidsjare was die kinders nooit aan sulke gruwelike nalatigheid blootgestel nie. Dit gaan virseker die Afrikaanse kinders benadeel, maar dit is mos nou die modus operandi van die Onderwysdepartement.

Susan ·

Ag asseblief vraestelle uitgehaal.. Net absolute wan administrasie KLAAR

Elna ·

Wiskunde is baie moeilik hoekom stel julle nie die vrae makliker sodat die kinders dit beter sal verstaan en sodoende sal meer kinders wiskunde slaag????hoekom moet dit so gekompliseerd wees vir watse rede??? Ek weet van n skool wat vir 2 en n half jaar sonder n wiskunde onderwyser gesit het want daar is n te kort aan onderwysers in hierdie land. Nou op die nippertjie toe kry hulle n onderwyser en ons almal weet wat se nadeel en nagevolge dit het pp n matriek kind wie se toekoms op die spel is.

Fanus ·

Was n baie goeie vraestel. Verstaan ek Elna reg dat die standaard moet sak. Gelukkig was dit dan ook n Nasionale vraestel so almal is met dieselfde kam geskeer.

Michael Bouwer ·

100% vir jou Fanus. Maak dit nog makliker (Asof die feit dat jy net 30% nodig het om te slaag dit nie maklik genoeg maak nie).

Ek het self na die vrastel gekyk, en uit my oog punt was dit belik. Die probleem le nie by die vraestel nie, uit my ondervinding le die probleem meeste van die keer hoe die wiskunde geleer word. Deesdae word alles net soos n papagaai geleer en daar is baie min keure wat die werk actualy verstaan word, byvoorbeeld ( uit my eie ondervinding): skets die grafiek y=x^2-x-2 geen probleem, nou verander ek die vergelyking na V(t) = t^2-t-2 en niemamd kan dit skets nie. Nog n goeie voorbeeld van waneer die werk makliker gemaak word en dan duik die probleem later op net baie groter is breuke, weereens uit ondervinding, breuke word vermy waneer kinders jonger is omdat dit moeilik is, en as gevolg daarvan kan ek nie vir jou se hoeveel keer ek matrieks kry wat nie n gr. 7 breuke probleem korrek kan oplos nie.

Dalk waneer almal ophou om wiskunde makliker te maak, en eeder kinders op n jong ouderdom se brein wakker te maak deur om te dink, sal die kinders minder sukkel met wiskunde.

Ps. Imagin net hoe “moeilik” die WG was.

JO ·

JA – so blatant – “payback time” . Di e “Plurale” maak ons siek.

Attie ·

Ja nee. Dis wat gebeur as ons broers die show probeer run. Lyk vir my opsetlik. Net Afrikaanse skole……..

Niel Mare ·

Kan iemand asb kommentaar lewer oor die Tegniese Wiskunde-vraestel ?

Elna ·

Dis juis die tegniese wiskunde vraestel waarvan ek praat hier Fanus. Ek het geensins genoem dat die standarde moet sak nie. As jy mooi lees sal jy sien dat ek gese het dat hulle die vrae beter en makliker moet stel vir die kinders sodat hulle die vrae beter verstaan en sodoende kan baie meer kinders matriek wiskunde deur kom ongeag watter tipe wiskunde hulle het op skool. Die standaarde is alreeds so laag so wat nou? Jy moet 30% he om wiskunde te slaag nou hoe laag wil jy die standaard dan he Fanus?

Wolkie ·

Fotostaat masjien doen wonders.. elke leerder moes immers die begin van elke jaar n riem papier vir die skool borg.. en dis gn moeilik nie, as jy geleer het sal jy deur kom

Jannie ·

Die “moeilike” gedeellte is seker reg aan die begin, waar jy jou eksamennommer moet onthou en korrek op die vraestel neerskryf!!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.