Wit ballonne vir Oscar Pistorius

Foto: @karinBBC, Twitter

Foto: @karinBBC, Twitter

ʼn Groep mense, hoofsaaklik vroue, het die moordbeskuldigde Oscar Pistorius Maandagoggend voor die Pretoriase hooggeregshof met wit ballonne begroet.

Die groep het langs ʼn bushalte voor die hof se hoofingang staan en wag. Die woorde “Ozzie” en “Ons is lief vir jou Ozzie” is op die ballonne geskryf. ʼn Vrou het ʼn stuk papier vasgehou met ʼn swart en wit foto van Pistorius en die woorde “Ozzie ons is lief vir jou en bid vir jou” daarop.

Die groep is lede van ʼn Facebook-blad wat ter ondersteuning van die atleet tydens sy verhoor oopgemaak is. Daar is tans ses soortgelyke bladsye op Facebook.

Een van die lede, Rika Bothma, het ʼn klein wit kruis met die woord “geloof” daarop, vasgehou. “Ons is hier om Oscar te ondersteun,” het Bothma gesê. “Om vir hom te wys dat mense nog omgee. Hy het ons trots gemaak. Hy het Suid-Afrika by die Olimpiese Spele en die Paralimpiese Spele verteenwoordig. Ek het soveel respek vir dit wat hy gedoen het.”

Sy sê sy volg nie die verhoor se besonderhede nie, “omdat dit so negatief is”. “Ek is baie teleurgestel dat soveel mense hul rug gedraai het op hom nou dat dit gebeur het,” het sy bygevoeg. Sy sê sy sal hom nog steeds ondersteun, al word hy skuldig bevind. “Niemand van ons is sonder sonde nie.”

Pistorius word beskuldig van die moord op Reeva Steenkamp nadat hy haar op 14 Februarie 2013 in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Hy voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien. Hy staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig.

Staatsaanklaer Gerrie Nel het Maandagoggend sy kruisondervraging van Pistorius hervat. -SAPA

Foto: @alizanadi, Twitter

Foto: @alizanadi, Twitter

Foto: @karinBBC, Twitter

Foto: @karinBBC, Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Venesa ·

Nee wat nou se ek niks meer nie hoe kan die vrou sulke snert praat.“Niemand van ons is sonder sonde nie.”hello ons almal het sonde maar wragtig moord is nie net n wit leuntjie of n sweetie by a winkel steel nie hy het iemand se lewe geneem. Besef die vrou Oscar het n probleem hy is ‘trigger happy’ en wie weet wat is volgende sy hele gesin uitwis nog onskuldige mense moet eers seerkry voordat die mense se oe oopgaan.

Hendrina ·

Wat Gerrie Nel wel reggekry het is om mense baie meer simpatiek teenoor Oscar te laat voel. Dit waardeur hy verlede week moes gaan was emosionele marteling en loutere hel.Glo my hy word dubbeld en dwars gestraf vir wat hy in ‘n moment van madness gedoen het.

Peter Says ·

Hendrina, die moment of madness het n pragtige mens van n kosbare lewe beroof. G.N doen net sy werk, oscar kan nie snesies en simpatie verwag nie. Staan jou man oscar, as jy onskuldig is, bewys dit.

Helene Heyns ·

Ja, ek sal hom nog ondersteun, want hy is en bly nog `n mens. Nie een van ons kan sê ons is sonder sonde nie. So ja, ek sal steeds vir hom bid want dit waardeur hy reeds gegaan het, was hel.

Elize ·

Gaan julle al die mense wat moorde pleeg op plase ook so bystaan, want hulle het ook net in ‘n oomblik van waansin onskuldige mense vermoor?

Kitsie ·

Helene & Hendrina sekerlik het hy ons gebede nodig en kan nie een van ons klippe gooi nie MAAR is Reeva se familie nie deur erger hel as dit nie ? Nee “die hel” wat hy nou kamtig deurgaan is sy verdiende loon en is nie ‘n patch wat haar ouers moes deurgaan nie . Reeva het nie verdien om so te sterf nie .

pop ·

As een van julle kinders deur n beroemde doodgeskiet word, gaan julle nog se niemand is sonder sonde nie. Ek het male sonder tal gesien hoe psigopate traantjies kan stort en op mense se gevoel speel. Sy gesin gaan deur hel, dis waar, en my hart bloei vir sy arme sussie.

Hendrina ·

Ek sê nie Oscar moenie gestraf word nie, ek voel net dit waardeer hy nou gaan kan net loutere hel wees, dit lyk asof hy heeltemal emosioneel gaan ineenstort, mits hy regtig net toneelspeel. En ja as dit my dogter was sou ek seersekerlik geen simpatie met hom gehad het nie en sou ek seker nog wou gehad het hy moet dit nog erger kry. Baie hartseer saak die, hier is nie ‘n wenner of verloorder nie.

çhristelle ·

Ek staan ook al die pad agter Oscar. Die Here sal oor hom waak. Niemand van oz kan hom oordeel nie dis onregverdig want nie een van oz oz weet wat daar gebeur het nie behalwe Oscar, Reeva en God. As hy nie so bekende was nie het daar seker niks van die hele storie gekom nie. Maar ja wat sterkte Oscar en ek gee nie om of jy skuldig of onskuldig is nie jy bly n mens met liefde in jou hart.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.