Wit boere begin internasionale regsinisiatief teen Zimbabwe

Zimbabwe

Wit boere wie se plase met geweld van hulle weggeneem is deur ondersteuners van pres. Robert Mugabe in Zimbabwe, het ʼn “internasionale regsinisiatief” van stapel gestuur om geregtigheid en vergoeding te soek vir die verlies van hul plase en lewensbestaan.

Ben Freeth, woordvoerder van die SADC Tribunal Watch, het gesê die aksie het ook ten doel om die voortgesette plaasbesettings wat die ekonomie teister te beëindig.

Volgens Freeth het die grondgrype, wat dikwels gewelddadig is, reeds duisende boere van hul plase gedwing en hulle en hul werkers sonder heenkome gelaat. Slegs ʼn paar honderd van die 4 500 wit boere in Zimbabwe is nog op hul plase oor.

“Ons het ʼn finale en bindende uitspraak van die SAOG-tribunaal in 2008 in ons besit wat dit duidelik maak dat boere billik vergoed moet word deur die Zimbabwiese regering vir die grond wat hulle gevat het. Die regering minag tans daardie uitspraak,” het Freeth gesê.

Freeth meen dat indien die “kultuur van straffeloosheid” nie tot ’n einde kom nie, geen beleggings in die land gedoen sal word nie en die ekonomiese krisis net sal vererger. “Sonder eiendomsreg en die oppergesag van die reg sal ons negatiewe trajek as ’n mislukte staat versnel.”

Volgens Freeth is daar op 16 en 17 Augustus amptelike kennisgewings van die regsininisiatief op pres. Mugabe, drie kabinetsministers en die Zimbabwiese regering beteken.

Freeth het gesê die burgerregtewaghond AfriForum staan hulle by met die regsinisiatief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Ek ou graag ‘n paar rand vir hierdie missie wou skenk. Waar kan ek?

Ada ·

Ek hoop van harte daar kom iets van. Eers as Mugabe onder die sipresse le sal dinge verander. Ek dink die publiek in Zim kan ook nie wag vir daardie dag nie – maar dit is God’s besluit.

Eish ·

Die aksies is nodig maar ek het nie veel moed daarvoor nie. Die probleem kom by die afdwingbaarheid van bevindings. Jy het te doen met soewereine lande en wie op aarde gaan die toepassing afdwing? Dis n saak van onmoontlikheid. Daar is normaalweg staat gemaak op lande se integriteit om te hou by besluite en die kommoditeit is totaal afwesig in Afrika.

Mike ·

Vra die internasionale gemeenskap vir ekonomiese sanksies teen Zimbabwe.

Johan Venter ·

Niemand, maar niemand gaan Robert iets maak nie, hy is n Jesuit
Julle is besig om teen donderweer te blaas

Deon ·

Kom Donald los Noord Korea, en kom help die gemors hier regstel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.