Wit gesin se plaas glo gegryp vir Mugabe se dogter

Robert Mugabe. Foto: GCIS

Robert Mugabe. Foto: GCIS

ʼn Wit gesin is glo van hul plaas in Zimbabwe af verdryf om plek te maak vir president Robert Mugabe se 24-jarige dogter.

“Die voortgesette arbitrêre oorname van grond is nie van belang vir enigiemand nie,” het Charles Taffs, president van die kommersiële landbou-unie in Zimbabwe, aan AFP gesê. “Daar is nie geld om die ekonomie weer op sy voete te kry nie en daar is nie toegang tot internasionale steun nie.”

Taffs kon nie mediaberigte bevestig dat Bona Mugabe betrokke was by die afneem van die wit gesin se grond nie. Volgens berigte is die gesin Woensdag van hul grond in die oostelike Goromonzi-distrik verdryf. “Dit blyk wel dat ʼn paar senior mense betrokke is,” het hy gesê.

Bona, Mugabe se enigste dogter, is in Maart vanjaar met Simba Chikore, ʼn vlieënier, getroud en meer as 4 000 gaste het die spoggerige onthaal by Mugabe se private woning bygewoon.

Mugabe se ondersteuners het in 2000 begin om wit boere se plase af te neem en die grondgrype is later as regeringsbeleid aanvaar. Landbouproduksie in Zimbabwe het drasties afgeneem weens die grondhervorming.

Volgens die regering se grondhervormingsbeleid mag ʼn persoon slegs een plaas besit, maar Mugabe se vrou, Grace, besit glo talle plase.

Zimbabwe se ekonomie is die afgelope dekade op ‘n skerp afswaai en die Internasionale Monetêre Fonds het vroeër die week gewaarsku dat hy nie nuwe lenings sal toestaan voor die land nie sy skuld terugbetaal het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sandra ·

Dis verregaande maar ons kan net vashou aan ons Drie Enige God se belofte dat ons Hawe by Hom veilig is

Leon Jordaan ·

Daar sal niks van die “opgekropte woede kom nie”, die wit en hier verwys ek spesifiek na die wit afrikaanssprekende Suid Afrikaner het helaas in n sagmoedige muis verander met geen ruggraat nie. Behalwe vir die eienskap, hoekom aan enige emosie verantwoording te doen as ek nog n nuutste 4×4, in n miljoen rand huis bly en my strandhuisie in Knysna jaarliks kan opgradeer.

J. Adolf Kleinhans ·

Leon waarvan praat jy? Hier in die Wes-Kaap en veral in die Breedevalei sal jy sleg tweede kom as daardie woorde hardop wil herhaal, want glo my, hier bestaan nie iets soos ‘n ruggraat-lose Afrikaner nie! En vanuit my ervaring is dit die geval by meeste Afrikaners.

Jy moet versigtig wees om die Afrikaner volk se rustigheid en beskaafdheid van dinge hanteer te misgis vir die optreede van ‘n lafaard. Jy sal dan die selfde vout maak as wat die ander – kom ons noem hulle “meerderhids groepe” – maak.

Ek mag dalk in die nuutste Land-Cruiser ry, en elke tweede naweek Hermanus toe ry om in my strandhuis te gaan bly en jetski te gaan ry. Maar as ek my gat af werk daarvoor vanaf ek n klein laatie is dan is dit sekerlik my reg om daardie dinge te geniet! En as ek dit net het omdat my pa vir my geld geloshet dan is dit ook goed so! Dan se ek dankie aan my Pa en dank die Vader vir my seeninge.

Die Afrikaner volk is n trotse volk en as die tye daarvoor roep sal ons in groot getalle bymekaar kom en met die hulp van ons alle magtige Here enige gevaar afveg soos wat ons in die verlede ook talle male gedoen het, daarvan is ek seker. Ek sluit af deur weer te se: Net omdat ons nie na die VN of westerse nasies toe hardloop en pleid om ales op n silwer lepel te kry nie, beteken NIE dat die Afrikaner ruggraat-loos is nie…

Ronel ·

Leon as daar n like was by jou comment was ek die 1st wat sou like….om plase te vat is presies wat malema hier ook wil doen en gaan regkry oor die wit geen ruggraat meer het nie

J. Adolf Kleinhans ·

Lees asseblief my komentaar op Leon se post. Ek is effe onseker waar julle vandaan kom dat julle voel soos die Afrikaner volk nie meer kan opstaan vir hulle self nie…?

monique ·

Kom ons raak realisties,,,,hoe kan jul se ons is tuggraatloos,ons is net te min wit mense.die helfte van zimbawe,mosambiek,pakistan,china,swaziland,lesoto,,,ens ens is hier in suid afrika,,,hulle en die buite land maai ons af nog voor ons begin opstaan.ek het n better oplosing BID!JESUS sal ons
Nie in die steek laat nie..kyk wat het gebeur by slag van bloedrivier.is dit nie n mooi voorbeeld nie.
Al hoe ons gaan regkom is ons moet weer by JESUS UIT KOM.en dit kos ons niks,,,maak n dag van gebed al ons witmense,op os kniee,en jul sal sien.JESUS IS ONS VERLOSER!ONS TOEVLUG!!!!ons het JESUS NOU NODIGER AS OOIT MENSE!!!!!!!!!!

Milan Bye ·

Monique, jy kon nie ‘n beter antwoord gegee het nie! Sonder God is ons niks nie. Dit is net Hy wat ‘n verandering kan en GAAN bring. Daar is groot dinge in stoor vir die kinders van God, as mens gaan luister na die profesië wat uit is.

Chanel ·

Monique – by die slag van bloed rivier het die boere ook saamgestaan. God het hulle weliswaar daardeur gehelp en sonder Hom sou hulle nie oorwinning gekry het nie, maar reg deur die Woord sal God se volk van sy beloofde land ontneem word omdat mense Hom nie meer liefhet nie.

Franky ·

Die Afrikaner gaan hom nog in sy graf in bid tot n wese wat nie bestaan nie. . . 30 000 Isis vegters het die HELE Midde Ooste op hol. . . . . . . klim van julle FB moan verhogie af en raak betrokke by iets. . . .

Suzette ·

Betrokke raak by wat nogal Frankie, so gedink jy kan nie antwoord nie want jy het nie ‘n antwoord nie. As jy net jou oë oopmaak en omgewingsbewus wil raak sal jy agterkom dat ons “Wese” wel bestaan en man gaan jy dit nie met ‘n groot hartseer uitvind nie???

Dee ·

Monique, Pure Boer, Milan, Chanel en Franky… AMEN! Ons moet terugkeer na GOD.. dit is ons enigste uitweg..

Rozanne ·

Ek stem met almal se kommentare. Maak nie saak wie hou nie van die ander een se siening nie, elkeen het die reg om sy opinie te lig en dit absoluut “constructively” op teneem en SAAM te staan as mede mense en een nasie in God! GOD alleenlik gaan ons hier deur bring en Frankie, as jy nie bid nie beter jy begin! Tensy jy reeds betrokke is by dinge soos jy se en nie nodig het om te bid nie! Maar ek belowe jou een ding! Watookal jy by betrokke is, is NIKS sonder gebed suksesvol nie! Geloof mense! Geloof en onderdanigheid teenoor Die Here is belangrik! Ons kan sy woord verkondig en onself christenne noem, maar as ons nie lewe en doen soos Hy se nie, is alles wat ons doen daarmee heen. Niemand is perfek nie maar Hy is daar im ons te lei in elke keuse en besluit wat ons neem! Ons vra Hom net nie gereeld soos ons besluites en keuses gereeld moet maak nie! Maak Hom betrokke ten alle tye en ons sal deur Sy belofte en help, oorwin! Asook deur ons geloof!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.