Klag gelê teen ‘wit man’ op Malema-skietvideo

‘n Skermskoot uit die video.

Black First Land First (BLF) het gesê hy gaan ʼn strafregtelike klag aanhangig maak teen dié “wit man” wat volgens lede vir Julius Malema, leier van die EFF, ʼn AK47-geweer aangegee het om af te vuur.

Maroela Media het vroeër berig beeldmateriaal het aan die lig gekom wat wys hoe Malema die vuurwapen afvuur.

Die beeldmateriaal is van die EFF se verjaardagviering dié naweek in die Oos-Kaap. Op die video kan ʼn mens sien hoe Malema na die kant van die verhoog beweeg en dit lyk dan of hy verskeie rondes met die geweer afvuur.

Volgens die EFF was dit egter nie ʼn regte vuurwapen nie en is geen werklike koeëls afgevuur nie. In die beeldmateriaal kan gesien word hoe Malema die vuurwapen aan ʼn man oorhandig nadat hy dit afgevuur het.

Die BLF het in ʼn verklaring gesê die onverantwoordelike optrede van die wit skut is so beplan om skade aan swart mense aan te rig.

“Die skare wat potensieel in gevaar was, is swart. Die bedoeling van die wit man was baie duidelik – dat skade aan swart mense gedoen moet word,” lui die verklaring.

Die BLF sal Donderdag ʼn klag by die Hillbrow-polisiestasie aanhangig maak. Die groep eis dat die man nie net in hegtenis geneem word nie, maar sy lisensie, indien hy oor een beskik, teruggetrek word. “Dit is ʼn oorlogsgeweer.”

AfriForum het vroeër strafregtelike klagte teen Malema ingedien by die Lyttelton-polisiestasie in verband met die voorval.

Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum se afdeling vir gemeenskapsveiligheid, het gesê die klag is ingevolge art. 120 (7) van die Vuurwapenbeheerwet van 2000 aanhangig gemaak. “Volgens die artikel is dit ʼn misdryf om ʼn vuurwapen in ʼn beboude gebied of openbare plek af te vuur sonder goeie rede om dit te doen.”

Die polisie het ook intussen bevestig hy ondersoek die voorval. Die videogreep waaruit die klagte spruit, is wyd op sosiale media versprei. Dit is na bewering deur ’n polisielid opgeneem wat ook gepoog het om klagte op grond van die video teen Malema in te dien. Volgens hierdie persoon het die polisie egter geweier om die klagte te aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

94 Kommentare

Sid ·

Kla almal aan wat die wet oortree maak nie saak wit of swart nie.

WH van der Merwe ·

Wie glo n mens nou? Een party se dit is nie n regte geweer nie n ander party se dit is en dit is die witman se skuld

Leser ·

Die kastige klag teen dit wit man is net om almal se aandag nou weer van Malema af te haal. Dis al. Maar alles is mos altyd die wit mense se skuld in die land….

Wat?! ·

Die blf is lagwekkend. Die wit man wou die skare kwaad berokken. So hy rwkwn mens kan nie eens malemma met sy eie mense se veiligheid vertrou nie en dat hy boonop nie bevoeg is om ‘n wapen af te vuur nie – soos ons almal reeds weet. Hul soek aandag.

Jollie ·

Wil jy nou meer!! Wonder wie het die sneller getrek!!! Belaglik!!!

yup ·

so gee n pakistani vir chinees n bom en die chinees laat die ding af gaan word net die pakistani verantwoordelik gehou?

Andre ·

Dit was sy eie security span? Hierdie klomp mense van BLF wil maar ook net ietse te se he en hulle naam genome word. Hulle hang aan die EFF soos die EFF aan die ANC hang.

GAB ·

En so gaan die kindes voort om onvolwasse te bly. Kinders wat so redeneer moet nie politiek be oefen nie.

Cherokee ·

Ek is verbaas dat AfriForum nie self die witman ingesluit het by die ondersoek nie. Wat ook ondersoek behoort te word is die persoon wat sê toe hy ‘n klag wou lê wou die polisie dit nie opneem nie.

Willem ·

Dieselfde persoon, wie se naam oral in die media genoem word, was ook destyds deel van die sekuriteitspan wat Julius hardhanding uit die parlement verwyder het.

AttieNo1 ·

Ek stem volkome saam met BLF. Gooi daardie wit man wat Malema help in die tronk en laat hom nooit weer uit nie.

Piet ·

Daar hy Attie! Jy skryf die beste, sinvolle kommentaar vandag. Hy weet mos dis teen die wet om so in die openbaar te skiet. Die deler is mos so goed soos die steler. Ek hoop BFLF is nie so useless soos altyd nie en slaag hierdie maal in hul planne.

Thomas K ·

Kla die wit persoon wat die wapen van Malema
ontvang het na die insident ook aan!
Die Reg moet vir alle rasse geskied.

honourable member ·

Dis nou flippen belaglik. Eers word gese dis nie n regte geweer nie nou is daar kwansuis skote afgevuur en toe ewe skielik word swartes bedreig. Nee rerig hoor….

Cherokee ·

Nee rerig hoor, jy moet maar weer lees. Dit is twee verskillende kante wat verskillende stories vertel. Die een kant blameer en die anderkant verdedig.

Willem ·

honourable member, jy weet nie hoe na jy aan die waarheid is nie, daardie dame heel voor in die parlement wat op die stoel sit het destyds die sekuriteitswagte, waarvan hierdie ou een was, die parlement laat binne kom om dié in die rooi oorpakke hardhandig te verwyder.

Cherokee ·

Met wie praat jy? Wie’t gesê daar’s ‘n klag teen die witman? Niemand.

Adriaan ·

Die BLF se optrede word beter verstaan aan hand van die Dunning-Kruger effek.

Ellisras ·

Adriaan. Moet ons nie net nuuskierig maak nie. Verduidelik asb.

TP ·

Se Google: “In the field of psychology, the Dunning–Kruger effect is a cognitive bias in which people of low ability have illusory superiority and mistakenly assess their cognitive ability as greater than it is.”

Jaco ·

Ag nee, regtig! Kla dan sommer die chinese wat die geweer uitgevind het ook aan….

Johan ·

Nee kyk. Nóú het ek baie lekker gelag. Malema is onskuldig en die witman wou hom gebruik om Swartes dood te skiet???? Wat ‘n bizarre komplot !!!!! Hehehe…. Maleka word skielik die slagoffer…. aarde ons

Wit ·

Hoe meer julle haat aanhits hoe meer gaan julle haat. Begin liefde gee dan sal julle liefde kry. Maar BLF haat gaan julle altyd saam gaan. My Godsdiens maak dat ek julle moet vergewe. Mag God julle harte aanraak. Want haat gaan julle van binne af doodmaak

DHK ·

Nou watter godsdiens beoefen jy, Wit? Vergifnis word gegee aan diegene wat berou het oor hul sondes en dit bely. Dis wat my godsdiens my leer.

Wonder ·

Wit, ek het nie ‘n godsdiens nie, maar ‘n God en ek haat niemand nie, ek haat wat hulle besig is om te doen. Ongelukkig is ons almal menslik en GAAN ons daarop reageer!

Piet ·

Ja ou Wit dis van al die “liefde” wat ons hele land nou in sy moses is. Dink jy nie dis ook belangrik om ‘n dosis rugraat van die Vader af te vra nie? Dit neem mos soms heldhaftigheid om die regte pad te neem wanneer mens voor die kruispaaie staan. Wanneer mens uit “liefde” jou rug draai op jou geloof dan sal mens ook seker eiewysheid gebruik om argumente te wen, i.p.v om die Woord van God te raadpleeg.

WW ·

“Dankie my Bok-Boks; my Special Person. I loooove you. Mwah”

Ray ·

O my genade, ek het nou so lekker gelag. Ja kla hom ook aan, want hy staan by as daar gesing word skiet die boer. Laat dit vir hom ‘n les wees. Julius is veronderstel om in elke geval te weet om nie vuurwapens af te vuur nie. BLF, julle is fantastiese “spin doctors”. Draai enigiets om julle te pas en probeer vlug met stories

Hoe het ek nou die dag gelees

Hier kom ‘n Ding (aan)

Alweer

Gertryda ·

Die deler is so goed soos die steler
Maar is hul bang vir witman???

Leser ·

Ja nee, EEN wit man stel ‘n HELE SKARE swart mense se lewens in gevaar…nou het ek alles gehoor…

Koosamon ·

Kan Malema nie vir homself dink oor die geweer afvuur nie. Mens sou hoop dat daar beter opgetree word teen die hordes wat met ongelisensieerde wapens in die publiek rondloop en plunder. Ek het ook nie veel simpatie vir die dude wat EFF funksies gaan bywoon nie, kry jouself uit die sop comrade…

Boet Fasie ·

Kla maar die witman aan – hy is lid van die EFF en Malema se maatjie.

Dankie BLF ·

Dankie BLF dat julle hiermee erken en getuig dat dit wel ‘n regte geweer was.

lag ·

hahaha het myself nou in `n koma gelag. shampies ou black first land first.

Emma ·

Lag ek nou darem baie lekker, BLF het nie n voet om op te staan nie soos gewoonlik maar wil ook wys hulle is belangrik soos met al die vorige uitlatings van hulle. Belaglik

Andre Reinecke ·

Al wat die nare doen is om verdeeltheid te saai. Ek steur my nie aan hulle kinderagtigheid nie. Ons moet die nare geen aandag gee nie, dan sal hulle verdwyn.

Blom ·

Daai wit ou is deel van eff en dis met ‘n doel so gedoen… Om die skare te opmaak teen ons.. Ons weet mos nou al hoe om deur hulle te kyk…

KP ·

Kla die ” WITMAN ” aan en trek sy vuurwapenlisensie in en kla sommer Malema ook aan en trek sy vuurwapenlisensie ook in ASB, hulle erken mos nou dat dit regte vuurwapen was.

Hettie ·

Verstaan julle dan nie ,die arme malema kan niks vir homself doen nie ,hy kon nie self besluit om te skiet of nie ,die witman moes vir hom sê om die geweer te vat en die swart mense te skiet .en die puppet doen net soos vir hom gesê word .so dit is hoekom die witman skuldig is.Is al jare so !

Lian ·

MSN.co.za: “Adriaan Snyman, the owner of a Bluff security company who has been protecting the EFF leader since 2011.”

Foxi ·

Adriaan beskerm Malema van 2011 af. Malema gebruik n witman om hom te beskerm…..ha ha ha……Malema bang vir sy eie nasie. Klomp narre man.

Casper Labuschagne ·

Vertrou op die BLF se ongelooflike logika om my te laat skaterlag op hierdie dag waar al die ander nuus so verdoemend en negatief is. Volgens die BLF is ‘n AK-47 in die hande van Julius Malema ‘n poging om swart mense leed aan te doen en dit is juis die wit persoon wat die vuurwapen van Malema afgeneem het wat daarvoor die skuld moet kry. Eintlik stem ek so effens met die BLF saam, enigiets in die hande, denke of uitsprake van Malema is ‘n poging om ander ernstige leed aan te doen.

Danie Koch ·

BLF is belaglik en te lamsakkig. Daardie witman op die foto, dink jy nou regtig die EFF gaan toelaat dat n wit persoon met n aanvalsgeweer hulle vergarering betree. Snert man. Hierdie witman is bekend aan hulle heel moontlik een van hulle. So kla almal wit en swart aan. Wat my bekommer is dat toe volgens die berig n wit Polisielid wat die video geneem het n klag wou le was dit geweier. Hoekom. Gaan voort SAPS en kla voor die voet aan.

Judge Dredd ·

Ek dog dan EFF se dit was nie ‘n regte vuurwapen?
Hierdie “comrades” wil lyk my beide kant van die draad speel.

rooibok ·

Jy speel skaak en as jou koning gevat gaan word dan dink jy dat jy die ander speller gaan seer maak as jy een van sy pionne gan vat ……. nee wat hierdie pion kan maar gevat word.

Willem ·

Die wit persoon wat die geweer aan Julius gegee het is sy sekuriteitwag, sy naam is Adriaan Snyman, die eienaar van Bluff sekuriteit.

Irene ·

Wit man dit kan enige nasie wees wat ook wit van kleur is seker nie a wit boertjie nie

Hanlie Geyser ·

Nee nou verstaan ek nie. Eers sê julle dis ‘n speelgoed geweer, nou wil hulle die “wit man” aankla. soos ek uit vorige berigte verstaan is die wit man deel van Malema se sekuriteit. So dit beteken Malema moes hom gesê het gee die ding vir my. So hy moet ook aangekla word? En dan ook hoe kry hulle as publiek hul hande op die tipe geweer?

Mielie ·

Kla die witman aan. As hy die wet oortree het moet by sy pak vat. Ek het nie gesien dat iemand Malema forseer om die wapen te gebruik nie. Ek wil nie beledigend klink nie maar ek verstaan nie BLF se mentaliteit nie. Rerig?

Daan ·

Net voor Saddam Hoesein sy dinges gesien het,toe het hy ook ‘n geweer op ‘n verhoog afgevuur.

Heinrich ·

Kla die hele verdomde lot aan; hulle gaan soos stout skoolseuntjies te kere. Daar behoort nie ‘n geweer na so funksie gebring te word nie, kla die een aan wat gebring het. Die leier moes nie die geweer geneem en afgevuur het nie, kla hom aan. Klee hierdie nou maar in met wit en swart soos julle wil.

Asseblief ·

As dit die waarheid is……dan wys dit jou net weer….hulle kan niks doen sonder dat die witman vir hom wys of se wat om te doen nie…hahahaha

jannie ·

Skitterend!! Kla daai witman aan…wat soek hy daar in die eerste plek?? En hoe durf hy n wapen oorhandig aan Malema!??? Kla hom aan!!!

Sandy ·

Ok, eerstens is Malema ‘n grootmens en mens verwag dat hy oor die kennis van grootmense beskik om nie homself in so ‘n posisie te plaas as om die geweer te vat nie. Dan verstaan ek nou nie – die BLF se dis nie ‘n regte vuurwapen nie en dis nie regte koeels nie – is dit dan nou dieselfde vuurwapen wat die “wit” persoon vir hom gegee het of was daar dan nou 2 vuurwapens? Indien dit dieselfde een is wat vir hom deur die “wit” man aangegee is, hoekom moet die persoon in hegtenis geneem word? Of het ek nou die katjie aan sy gatjie beet???

Wonder ·

BFLF moet hul naam verander na CFTS (complain first, think second).

Bafana ·

OMW ek lag nou lekker Die landdddddd het heeltemal mal geword Wat de hel ??????????????

Hein ·

Arme Julius kan ook niks doen nie die witman moet hom help. Indien dit waar is vd Bluff sekuriteit wonder of hulle aan bee vereistes voldoen????

Piet ·

Daar hy Attie! Jy skryf die beste, sinvolle kommentaar vandag. Hy weet mos dis teen die wet om so in die openbaar te skiet. Die deler is mos so goed soos die steler. Ek hoop BFLF is nie so useless soos altyd nie en slaag hierdie maal in hul planne.

Spyker ·

Hy kon mos nee gese het om die “aanvals geweer” te vat van die wit man!!!!maak my die donderdag in…..

Hannatjie ·

Dit het glad nie vir my gelyk asof daai wit ou vir Julius gedwing het om te skiet nie!!

Freud ·

As die EFF nou se dit was nie ‘n regte geweer nie en daar was nie regte skote geskiet nie, op grond waarvan wil hulle nou die wit man aankla? Vir ‘n speelgoed geweer soos EFF beweer?

Se maar net ·

Baie interessant dat n wit man betrokke is by die EFF, maar JM haat dan wit mense.

Theo ·

Wonder of die “wit” ou nie dalk familie van oomkosie wilsweets he (MK) se Kareltjie Niewehuis is nie. Lyk so of daar n trek is.

REGVERDIG ·

Natuurlik sal hy niks oorkom nie. “Delema is untoucheable” !!!

Theresa ·

Ag tog. Soekend na media-dekking vir elke asemteug.
1. As iemand vir jou iets aangee, hoef jy dit nie te vat nie.
2. Nog minder hoef jy dit af te vuur as dit ‘n wapen is (as jy so reken)?!
3. Wat maak dit saak of die man wit, swart of bruin is?
4. Indien speelgeweer – waarom nou so tekere gaan?
5.
6.

Elvira ·

Goed so. Wat van die een met die rooi baadjie? Hy het seker net daar gestaan en kyk toe die witman die geweer omhoog gehou het. So net die witman het iets verkeerd gedoen. Nie die man met die rooi baadjie aan nie.

Lana ·

Hele besigheid laat dink mens aan ‘n skoolkonsert. Alles is voor die tyd geoefen.
Dan maak ons so, dan sê ons dit en dat en DAN gee die ou vir my die wapen aan en ek skiet ‘n paar skote in die dak en dan …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.