‘Wit man weer nie toegelaat tot SAL-kadetprogram’

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) versoek om bekend te maak of daar vanjaar enige wit mans in sy kadetprogram toegelaat is.

Johan Kruger, woordvoerder van Solidariteit, sê een van die vakbond se lede, Daniël Hoffman, se onlangse aansoek om toelating tot die SAL-kadetprogram was soos verlede jaar onsuksesvol. Volgens Kruger het Hoffman uitstekend gevaar in die lugvaartkennis- en psigometriese toets wat deel van die keuringsproses uitmaak.

“Ons het in ons brief aan die SAL versoek dat hulle voor 16 Mei 2014 aan ons redes moet verskaf waarom mnr. Hoffman se aansoek onsuksesvol was. Ons het ook versoek dat die getal wit mans wie se aansoeke wel suksesvol was, aan ons bekendgemaak word. Ons maak dit verder duidelik in die brief dat alles daarop dui dat wit mans weer nie tot die kadetprogram toegelaat is nie,” het Kruger gesê.

Solidariteit het verlede jaar ‘n openbare veldtog teen die SAL van staple gestuur nadat die lugdiens geen wit mans vir sy kadetprogram gekeur het nie. Die vakbond het ook ‘n klag by die Menseregtekommissie aanhangig gemaak.
Volgens Kruger word die klagte tans deur die MRK ondersoek en word ’n regsmening van hulle regspan afgewag.

“Ons het die SAL versoek om die tweede fase van die mees onlangse keuringsproses te laat oorstaan, hangende die bevinding van die MRK oor die billikheid van die proses. Ondanks hierdie versoek het die SAL eenvoudig met fase twee voortgegaan”, het Kruger gesê.

Maroela Media het SAL om kommentaar genader en wag vir terugvoer van die lugdiens se woordvoerder, Tlali Tlali.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

SKANDE! ·

MOENIE SAL vlieg nie en klaar! As ALMAL saamwerk kan ons hulle so boikot dat hulle nog meer sukkel. Praat hieroor met almal wat jy ken dat almal hulle boikot.

esther bloem ·

Word die wereld se menseregte deur Scienetology nie gestippuleer in S.A se konstitusie gestippuleer nie en indien NIE hoekom???

annette ·

Ek het nooit van SAL gehou nie. nou meer rede daarvoor. Daardie jare al was hulle staf onbeskof en dink hulle doen jou n helse guns

Babs ·

Dan moet die Witkman nie meer SAL of Mango vlieg nie. Nog ‘n rede hoekom SAL gedurig in finansiële knyp is. Laat die wat gekeur word dan maar vlieg en saam met SAL terugkeer aarde toe.

frank passano ·

Ek wens wit mans wil ophou om hulself so te verneder! Daar is baie ander [meer decent] lugdienste
om voor te werk bv Emirates, Cathay Pacific, Qantas ens

Daniel Hoffman ·

Daardie lugdientse soos Emirates vereis ALMAL dat jy n burger van hul land moet wees vir die kadetprogramme… SAL en SA Express is die enigstes in die wêreld wat suid-afrikaners se opleiding betaal :(

Renate Barnard ·

Daniel Hoffman, BAIE sterkte met jou stryd. Jy moet NOOIT moed opgee nie. Hierdie tipe onregverdige arbeidspraktyke moet met hand en tand beveg word. Wees verseker dat jy die BESTE unie aan jou kant het. Vertrou op God en weet reg en geregtigheid sal seevier.

Daniel Hoffman ·

Baie dankie Mevrou! Ek vertrou werlik dat ALLES in God se hande is, en ek sal enige pad loop wat Hy wil hê. Mevrou is werklik ‘n simbool van hoop vir baie mense wat deur die selfde dinge moet gaan, ek inkluis!!

Pieter ·

Jammer, ek vlieg nooit weer SAL nie. As hulle vlieëniers moet vlieg soos die Taxi’s bestuur word kom ‘n ramp. Vandat hulle treindrywers geword het, het die ongelukke toegeneem.

Babs ·

SAL was eens bekend as dié beste lugredery. Tans, soos met passasierstreine, is almal regtig huiwerig om te wil vlieg (of treinry). Kan die mense nie sien hoe hulle hulself in die voet skiet deur hierdie blatante “politieke korrektheid” nie? Ek hoop Solidariteit werk hulle sake! Mense, sluit aan by Solidariteit en versterk hul hande!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.