‘Wit mense het gewerk en betaal vir grond’

grond plaas boer trekker

Argieffoto (Pixabay)

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê regmatige grondeienaars het gewerk en betaal vir hul grond en gaan nie daaroor jammer sê nie.

Groenewald het Dinsdag met die mosie vir die wysiging van artikel 25 van die Grondwet oor grondonteiening gesê wanneer die ANC-regering praat oor grond en grondonteiening sonder vergoeding, verwys dit nie net na boere en landbougrond nie, dit raak elke eienaar van grond in Suid-Afrika, van ʼn plaas tot ʼn huis in ʼn stad of ʼn dorp.

Hy het gesê dit is belangrik dat alle grondeienaars besef dat elkeen se eiendom ter sprake is wanneer van onteiening sonder vergoeding gepraat word, maar dat dit nie sonder meer sal kan gebeur in Suid-Afrika wat ʼn grondwetlike demokrasie is nie.

Hy het gesê dit bly jammer dat wit mense altyd die sondebok gemaak word wanneer grondhervorming ter sprake is.

“Oor grondbesit moet dit duidelik gemaak word dat die regmatige eienaars van grond en eiendom in Suid-Afrika diegene is wat daarvoor gewerk het, wat dit betaal het, en wat ʼn titelakte in die titelakte-kantoor het.

“Daardie mense is die regmatige eienaars, en dit is nie moontlik om sulke mense se eiendom net af te neem sonder vergoeding nie. Suid-Afrika is ʼn grondwetlike demokrasie. Daar moet dus ʼn grondwetlike proses plaasvind voordat iemand se eiendom onteien kan word.

“Die regering moet ophou om wit mense die skuld te gee vir alles wat fout is. In hierdie geval is dit die onbevoegdheid van die regering self wat nie vordering kan maak met die proses nie.

“Meer as 5% van alle grond in die land beland deurentyd op die opemark. Baie daarvan, veral plase, is weens die droogte selfs onder markwaarde beskikbaar.

“Die regering is dus in ʼn baie goeie posisie waar hy miljoene hektaar grond onder markwaarde kan koop. Waarom doen hy dit nie? Waarom die retoriek dat wittes die proses verongeluk?

“Ek is bekommerd daaroor dat pres. Jacob Zuma gesê het grond sal sonder vergoeding afgeneem word. Dit lyk ten minste of sy lede in die parlement van hom verskil.

“Dit moet benadruk word dat regmatige eienaars vir hul grond gewerk en daarvoor betaal het. En hulle gaan nie daaroor jammer sê nie,” het dr. Groenewald gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

31 Kommentare

jongste oudste gewildste
Boerseun

Dankie. Maar help nie om met hulle n debat te voer nie en help nie jy verwys na n demokrasie nie. As 85% van land dit goedkeuris dit mos demokraties. Wat regering doen is meer soos oorlog verklaring

Leendert

Die kruks van die storie is, hulle soek nie wit mense in die land nie en sal aan enige manier dink, ook onwaarhede verkondig, om hul siening aan hul getalle te verkoop. Dit help nie jy gesels met hulle nie of voer debat nie, hulle wat so graag ‘debat’ uitroep, dan spoel hulle oor jou met hul getalle, storm net voort met hul onwaarhede, omdat hulle nie hul sin kry nie.

Shef

Julle moet vir alle swartmense en sommer almal anders gereeld herinner dat die oorspronklike grondeienaars lank terug die koisan was, nie swartmense nie. Dan sal hulle hulle entitlement houding effe verloor.

MCD

Ja, voel ook dis mors van tyd en asem om teprobeer verduidelik. Party in SA sien dit nie dat jy vir iets moet betaal en vat en moor daarvoor. Vrugbare grond wat benut word en ekonomiese groei aan die land en mense bied gaan nutteloos en ongebruik le. Dis is al keer op keer bewys dat hervormde land tot niks kom. Ek is moedeloos vir die land en bid dat God ons sal red van die duiwel se kloue.

Wit vrou

JA ongelukkig het ek ook NIKS verniet gekry nie, hoe kan iemand aanspraak maak op wat EK besit? Ek het by die vorige regering of by die huidige regering iets verniet gekry nie. Ons het nooit grond of ‘n huis gekry of verniet verblyf erens nie, ook nie water of ligte nie. Ons het klein begin met ‘n ou woonstelletjie wat ons gehuur het, later ‘n klein meenthuisie gekoop met geld wat ons GELEEN het, en so het ons opgegaan met die ranks. NIEMAND het iets vir my verniet gegee omdat ek wit is nie. My pa het ook maar… Lees meer »