‘Wit mense het gewerk en betaal vir grond’

grond plaas boer trekker

Argieffoto (Pixabay)

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê regmatige grondeienaars het gewerk en betaal vir hul grond en gaan nie daaroor jammer sê nie.

Groenewald het Dinsdag met die mosie vir die wysiging van artikel 25 van die Grondwet oor grondonteiening gesê wanneer die ANC-regering praat oor grond en grondonteiening sonder vergoeding, verwys dit nie net na boere en landbougrond nie, dit raak elke eienaar van grond in Suid-Afrika, van ʼn plaas tot ʼn huis in ʼn stad of ʼn dorp.

Hy het gesê dit is belangrik dat alle grondeienaars besef dat elkeen se eiendom ter sprake is wanneer van onteiening sonder vergoeding gepraat word, maar dat dit nie sonder meer sal kan gebeur in Suid-Afrika wat ʼn grondwetlike demokrasie is nie.

Hy het gesê dit bly jammer dat wit mense altyd die sondebok gemaak word wanneer grondhervorming ter sprake is.

“Oor grondbesit moet dit duidelik gemaak word dat die regmatige eienaars van grond en eiendom in Suid-Afrika diegene is wat daarvoor gewerk het, wat dit betaal het, en wat ʼn titelakte in die titelakte-kantoor het.

“Daardie mense is die regmatige eienaars, en dit is nie moontlik om sulke mense se eiendom net af te neem sonder vergoeding nie. Suid-Afrika is ʼn grondwetlike demokrasie. Daar moet dus ʼn grondwetlike proses plaasvind voordat iemand se eiendom onteien kan word.

“Die regering moet ophou om wit mense die skuld te gee vir alles wat fout is. In hierdie geval is dit die onbevoegdheid van die regering self wat nie vordering kan maak met die proses nie.

“Meer as 5% van alle grond in die land beland deurentyd op die opemark. Baie daarvan, veral plase, is weens die droogte selfs onder markwaarde beskikbaar.

“Die regering is dus in ʼn baie goeie posisie waar hy miljoene hektaar grond onder markwaarde kan koop. Waarom doen hy dit nie? Waarom die retoriek dat wittes die proses verongeluk?

“Ek is bekommerd daaroor dat pres. Jacob Zuma gesê het grond sal sonder vergoeding afgeneem word. Dit lyk ten minste of sy lede in die parlement van hom verskil.

“Dit moet benadruk word dat regmatige eienaars vir hul grond gewerk en daarvoor betaal het. En hulle gaan nie daaroor jammer sê nie,” het dr. Groenewald gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Boerseun ·

Dankie. Maar help nie om met hulle n debat te voer nie en help nie jy verwys na n demokrasie nie. As 85% van land dit goedkeuris dit mos demokraties. Wat regering doen is meer soos oorlog verklaring

Leendert ·

Die kruks van die storie is, hulle soek nie wit mense in die land nie en sal aan enige manier dink, ook onwaarhede verkondig, om hul siening aan hul getalle te verkoop. Dit help nie jy gesels met hulle nie of voer debat nie, hulle wat so graag ‘debat’ uitroep, dan spoel hulle oor jou met hul getalle, storm net voort met hul onwaarhede, omdat hulle nie hul sin kry nie.

Jaco ·

Wat ek nie klein kry nie is die feit dat hul ons nie hier wil he nie, maar tog geniet hul europese uitvindsels…..Ek verstaan dit nie lekker nie, kan hul aan ons verduidelik hoe dit werk? Ek meen as ek n afsku het in n nasie, sal ek geensins my self daarmee wil assosieer nie om nie eens te praat van hul tradisies oor te neem nie? Is daar nie dalk n slim profesoor wat aan my kan verduidelik hoe dit werk nie, want ek verstaan nie hierdie manier van dink nie? Dit maak net nie sin nie.

Grassie ·

Leendert – jy raak nou die grondoorsaak van al die probleme in ons land aan. Ek glo ook nie daardie probleme gaan ‘n vreedsame oplossing vind nie.

Cherokee ·

Jaco, jy noem nou iets wat my dikwels laat frons. Hulle wil niks te doen hê met witmense maar wil nie sonder wit uitvindsels. Hulle verkies mobiele fone bo dromme en vliegtuie bo perde. Hulle patenteer niks maar versluk hulle aan klipdrift eerder as magou.

Shef ·

Julle moet vir alle swartmense en sommer almal anders gereeld herinner dat die oorspronklike grondeienaars lank terug die koisan was, nie swartmense nie. Dan sal hulle hulle entitlement houding effe verloor.

Johannes ·

Shef, dit is glad nie waar nie. Baie groot dele van Suider Afrika was totaal onbewoon toe blankes daarheen getrek het.

MCD ·

Ja, voel ook dis mors van tyd en asem om teprobeer verduidelik. Party in SA sien dit nie dat jy vir iets moet betaal en vat en moor daarvoor. Vrugbare grond wat benut word en ekonomiese groei aan die land en mense bied gaan nutteloos en ongebruik le. Dis is al keer op keer bewys dat hervormde land tot niks kom. Ek is moedeloos vir die land en bid dat God ons sal red van die duiwel se kloue.

Wit vrou ·

JA ongelukkig het ek ook NIKS verniet gekry nie, hoe kan iemand aanspraak maak op wat EK besit? Ek het by die vorige regering of by die huidige regering iets verniet gekry nie. Ons het nooit grond of ‘n huis gekry of verniet verblyf erens nie, ook nie water of ligte nie. Ons het klein begin met ‘n ou woonstelletjie wat ons gehuur het, later ‘n klein meenthuisie gekoop met geld wat ons GELEEN het, en so het ons opgegaan met die ranks. NIEMAND het iets vir my verniet gegee omdat ek wit is nie. My pa het ook maar ‘n lening aangegaan om my te laat studeer, hy het ook nie ‘n plaas of huis verniet gekry nie, selfs een met ‘n groep bouers en sy eie hande gebou, so ja . WAT het ons GEKRY wat aan die swartes behoort? Ek glo as jy die een indiwidu na die ander vat, sal jy sien dit is hoe ons ALMAL ons eiendom bekom het. O ja, bygese, ons huis is ook nog nie afbetaal nie, na 15 jaar betaal ons steeds die bank af, wat het ek gesteel of GEVAT van ander?

Hasie ·

Ek vra net weer die vraag. As die potensiële grondgrypers nou die grond het, wat dan?

Piet Pompies ·

Ek is in SA gebore, so ook my ouers, so ook hulle ouers en so ook hulle ouers. Vir die wat dink ek is nie deel van SA, slegte nuus vir jou, ek is hier om te bly.
My voorgeslagte het baie tot hierdie land bygedra, baie meer as wat party dink, my reg tot bestaan in SA is geregverdig.

AL ·

Inderdaad moes ons wittes eiendom huur of koop. Daar was nie genade nie, selfs in pre-1994. Swart mense kry munisipale erwe verniet of kan dit bekom teen weggeeprys al het hul n middelklas inkomste. Party nedersettings betaal hul nie eens vir water, erfbelasting of elektrisiteit nie – sommiges wie daar bly kry n beter salaris as baie van die witmense. Munisipale werknemers besit RDP huise wie dit uitverhuur en daardie RDP moet in werklikheid aan die armes toegeken word. Korrupsie en wanbesteding van staatshulpbronne is die oorsaak nie die witmense nie. Inteendeel is die gewone wit salaristrekker swakker daaraan toe as hul gelyke swart salaristrekker.

Mr P ·

Ek dink net. Maak ni saak wat jy besit en waaroor jy baklei ni. Dit sal noooit joune wees ni. Dit behoort aan ons Vader wat dit gemaak het soos beskryf in Genises. Wanneer jy afsterf is daar nie plek in jou kis vir n plaas of merc ni. Jy gaan alleen. Dit is n vertroosting. Amen

chrissie ·

Sal maar sien hoe die grond berwerk gaan word en Landbou vooruit gaan as hulle mos die boere se plekke wil hê…dis belaglik kan meer breuk as reg maak.

Rooibok ·

Ek het my stukkie grond in 2013 gekoop na 20 jaar se spaar. Ek betaal nog steeds ook af op die grond ….. ons mense het ‘n groot prys betaal oor baie jare (teen brit en swart mense) om SA en ons grond te behou maar ons het nie die oorlog gewen nie …. ons sal dit ook nie wen nie. Ons kan nie elke keer skreeu oorlog oorlog nie. Oorlog wys my jou wenners …..? Ek is nie bereid om my en my gesin se lewe op die spel te plaas nie. Hulle kan my grond nou vat maar my geloof sal hulle nooit vat nie. God sal aan my terug gee wat my toekom!

PvZ ·

Ek het hierdie selfde kommentaar op ‘n ander berig gesit. Maar ek wil hê mense moet dit weet. Ons raak kwaad vir “onteiening sonder vergoeding”. Maar het ons geding aan die implikasies van “onteiening met vergoeding”. Waar gaan jou seun en kleinseun boer? As die plase afgevat is en vir “nuwe” boere gegee word, by wie se winkels gaan hulle op die dorp kom koop? Dit gaan veroorsaak dat ons kinders in massas emigreer. Aan die Predikante, wie gaan in julle Kerk banke sit? Dink julle regtig dat hulle gaan stop met die plase? Wat gaan gebeur as hulle besigheide gaan onteien, al is dit met vergoeding. Maar moet asb. nie “worry”. Kyk na die DA se nuwe leiers wat aangestel word. Waar dink julle gaan hulle lojaliteit lê oor tien jaar?

Cherokee ·

Waar dink jy lê hul lojaliteit nòu (anders as by hul beursies)? Nie slegs oor 10 jaar nie maar reeds nou. Ook nie net die nuwe leiers maar die DA (vroeër PFP) sedert die begin.

PvZ ·

@Cherokee. My oë is lankal oop. Hoop maar ander oë gaan ook oop. Ons tyd raak min. Ek kry
‘n pyn in my agterent as iemand se oplossing 1) Stem DA, 2) ons vat hulle hof toe. Want nie een werk op die oomblik nie. Probeer dieselfde en hoop ‘n ander resultaat kom “hopelik” uit.

Theresa ·

Was nooit vreeslike salaris betaal nie. Moes woonstelletjie HUUR. Moes later (jare later) eerste klein huisie KOOP en paaiemente BETAAL. Eerste ryding: KOOP. Als daarna, omdat mens bly werk het en dit nie van iewers gesteel, gebedel of gekry het nie: KOOP en BETAAL.
Dis ‘n sekere denkwyse as jy so jaloers en nydig is om als wat ‘n sekere soort mens het te wil hê – ten alle koste wil inpalm. Sies! Ek skaam my vir die redenasie maniere van hierdie land se leiers. Waarom is die magdom meerderheid nie in staat om bloot op te bou en ‘n toekoms te skep sonder om dit wat ander deur die jare wettig bymekaar gemaak het, te vat nie?! Net daardie antwoord alleen, diskwalifiseer elkeen in die regering en in top poste wat dit voorstaan. Dit gaan beslis nie sommer ‘n “walk over”wees as my blyplek in gedrang kom nie. Hoop hul weet dit.

Johan ·

Ek dink die oplossing is om vir die swarte wat `n plaas wil hê `n lening te gee deur die Landbank.Dan kan hy net soos die blanke boere met skuld begin.Op die huidige stadium kry hy die plaas verniet,gebruik alles wat daar op is tot daar niks meer is nie en dan kom hou hy weer bakhande.Blanke boere moes met niks behalwe skuld begin en homself uit die skuld boer.

willis ·

En wit mense gaan baklei vir hulle grond,. Dis my enigste bron van inkomste, Ek betaal belasting op wat ek maak.
Daar is nie ‘n kans dat ek sal toelaat dat my grond gevat word nie.

Tanya ·

Daar is ‘n hele paar mense van ons klein boere volkie wat verseker nie net gaan agteroor sit en se vat my grond nie. Nee wat, oor my dooie liggaam.

Annatjie ·

Ek sal graag die ware statistieke wil sien oor grondbesit. Daar word gehammer op die Wittes se grond. Hoeveel grond is rerig in hulle besit? Dink maar net aan die ou tuislande. En al die plase wat aan hulle geskenk is, opgebruik is en hulle dit net so gelos het toe daar niks meer oor was nie

Jassie ·

Hulle kan met liefde my grond kom vat. Sal dit met n smile oorgee. Maar bank gaan nie baie gelukkig wees met die feit dat hulle nie meet die maandelikse paaiement gaan ontvang nie en daar nie meer eiendom gaan wees om op n veiling te verkoop nie. Raad aan almal. Leen jou grond tot die maks by die banke en steek die geld weg. Betaal maar eerder die rente en hou jou kapitaal veilig. Die land het minder as 10 jaar oor dan is ons Zimbabwe se tweeling.

Jassie ·

Hulle kan met liefde my grond kom vat. Die bank gaan net nie baie tevrede wees met die feit dat hulle nie die maandelikse paaiement gaan betaal nie en daar nie meer grond gaan wees vir n veiling nie. Raad aan almal. Leen jou grond tot die maks by die bank. Betaal eerder die rente en steek jou kapitaal weg. Die regering gaan onder baie druk wees indien alle grond nog aan n bank lening gekoppel gaan wees en indien dit geignoreer gaan word het jy darem nog jou kapitaal veilig.

Scalla ·

Die grond wat reeds oorgedra is, is onproduktief en vervalle, wil net op die stoep sit en drink en die vrou plant net om die hut vir eie gebruik. Laat hulle jou grond teen markwaarde koop, jy gaan dit wel terugkoop op n insolvente veiling teen n winskoop, bewyse is reeds daar.

Dup du Plessis ·

Het dit al ‘n paar keer genoem: kan al die plase met titelaktes nie vir eens en altyd gelys word en gekyk word hoeveel keer ‘n spesifieke plaas al GEKOOP en VERKOOP is (let wel nie GESTEEL is nie) – Daar kan selfs ‘n belasting inkomste berekening gedoen word van hoeveel geld die staat al verdien het met hierdie transaksies. Elke plaas is al verskeie kere GEKOOP en VERKOOP en dit bly inkomste genereer vir die staat solank dit in die VRYE mark (gewillige koper/verkoper) bly. Sou dit egter staatsgrond word is die inkomste vir altyd verlore vir die staat. = “cut your nose to spite your face”

Carolina ·

Daar is mos nou sprake van die nuwe lewe waar hulle water en wolke gesien het, stuur hulle almal soentoe dan het hulle hulle eie grond so veel as wat hulle van kan kies. En maak en breek soos hulle wil.

Carolina ·

Paar mense het al gesê as hulle ons huise in dorp wil vat brand hulle dit af tot op die grond. Ons werk hard vir ons geld en betaal elke maand ons huis en ons betaal nie net n bietjie nie maar baie elke maand .

dries ·

Verstaan nie mooi, hulle wil my grond he maar wat van my huis wat op die grond staan ,wil hulle dit ook he.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.