‘Wit mense se dade is soos ’n duiwel’ – Kovsie-koshuisinwoner

Skermgreep van die uitlating deur die Kovsie-koshuisinwoner (Verskaf aan Maroela Media deur AfriForum Jeug)

AfriForum het Donderdag verneem van rassistiese en uitlokkende opmerkings teenoor wit mense wat deur ’n student van die Villa Bravado-koshuis van die Universiteit van die Vrystaat (UV) op hul betrokke koshuisgang se WhatsApp-groep gemaak is.

“Daar was nooit enige tyd in die geskiedenis waar die swart mens die wit mens se land of vasteland binnegeval het om mense dood te maak, vroue te verkrag, hul waardevolle geskenk (grond) te neem wat deur God gegee is nie, of die natuurlike hulpbronne van wit mense gebruik en oorgedra het nie. En selfs ’n stelsel geskep het om hul mag en voorreg te handhaaf! Is die bogenoemde dade nie dié van ʼn duiwel nie?” lui die boodskap wat die student op 28 Maart 2017 op die WhatsApp-groep geplaas het.

Hoewel verskeie sake voorheen onder die aandag van W.P. Wahl, assistentdirekteur van koshuislewe, gebring is, versuim hy om op te tree, het Marike van As, AfriForum Jeug se Kovsie-koördineerder, gesê. “Studente het dus vertroue in die klagtestrukture verloor en daarom het AfriForum Jeug ’n klag teen dié student by die UV ingedien en eis dat hy onmiddellik uit die koshuis geskors en dissiplinêre aksies teen hom geneem word.”

Van As voeg by dit is nie die eerste keer wat klagtes oor rassistiese uitlatings of optrede teenoor wit mense op die UV-kampus gebring word nie. “Ons sou graag wou sien dat die UV optree teen studente wat rassisme op kampus aanhits en op dié wyse die universiteit se beleide verontagsaam. Ons eis dat die UV streng hierop reageer.”

Volgens haar was die betrokke student voorheen by betogings by die universiteit betrokke en het al voor ’n dissiplinêre komitee verskyn.

“’n Koshuis is veronderstel om ’n veilige hawe te wees waar studente kan leer, leef en aan ’n gesonde studentelewe deelneem sonder om met politiek en rassisme gekonfronteer te word.”

Soortgelyke klagtes kan onder AfriForum Jeug se aandag gebring word deur ʼn e-pos na [email protected] te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Caja ·

Ag siestog. Die jongman het ook iewers n klokkie hoor lui maar het geen idee waar die belletjie hang nie. Hy soek aandag en tart. Gee hom maar net dieselfde behandeling as Penny Sparrow.

Charmain ·

Ja was dit n wit student wat dit gese het was die hel nou weer los en student onmiddellik geskors. Ons almal eis dat universiteit hom/haar skors en dringend optree teen student. Hoekom kan ander mense se wat hul wil en so ander studente aanhits en op die einde nog meer haat kweek. Maak n plan!!!

deirdrezeelie ·

was dit n wit student, dan het die swartes al die koshuis afgebrand

JC ·

Net nog ‘n verwarde “student” wat nie weet hoe om sy woede oor die WERKLIKE “verkragting” van die land en al sy mense , sy eie gebrek aan identiteit en herkoms, en die oorvloedige korrupsie te hanteer nie. Nou reageer hy maar op die enigste wyse wat hy skynbaar ken, wat letterlik niks beteken nie en “smoke and mirrors”” is. En ja, hy is “corrected”- hy moet vir ‘n slag (indien hy ooit het) die geskiedenis van SA gaan oplees sodat hy ‘n beter idee kan kry van wie nou eintlik SA binnegeval het(psst…wenk: dis van die noorde…), wie se land SA nou eintlik is, wie vir wie vermoor het, en wie vir wie verkrag het, EN WIE GROND GESTEEL het en, wie SA se hulpbronne misbruik het…(wenk…imperialiste) en dit nou doen…wenk…”Zupta”. Het HY OF SY VOOROUERS OOIT IN BLOED BETAAL VIR VRYHEID VIR SY VADERLAND en SA SE SOEWEREINITEIT EN ONAFHANKLIKHEID? Ek twyfel…

Meko ·

En die Moorse invalle in Europa vanaf 711NC? Regeer vir amper 800 jaar. Oningeligte ignoramus!

Frik ·

Dubbel standaarde is nie wat ek verwag van Kovsies nie. Maar nou ja
as Zuma dit kan doen hoekom nie Kovsies nie.
Skande Kovsies, hoekom is dit nodig vir studente om hulp van buite te kry???

AL ·

Ek stem saam dis n skande! Dalk moet hul geskiedenis as vak instel by die universiteite?
Die studente is te lui om te lees en opsoekwerk te doen en gryp na grashalms.

D Burger ·

Ek kan beaam dat WP Wahl niks doen as jy probleme het by koshuis nie. Ek het verlede jaar vanaf Mei by hom gevra vir hulp en teen November was ons probleem nog nie opgelos nie. Ons was genootsaak om my dogter uit die koshuis te haal. Kovies se hele dept wat werk met koshuis aangeleenthede is glad nie bereid om studente te help nie.

neh ·

Educate yourself please….. I hope you feel as stupid as you look to the rest of the world…..

Nita ·

Jong mense van vandag ken van geen geskiedenis..geen god…geen trots op hul self hul medemens wie ook al…hierdie snert kom van hul ouers af…en ja hul sien dit as haat..want dis wat hul glo…as hul ook net weet dat vandag se wit kinders geen benul het wat is en was aparteid nie..ons kap mekaar met leuns …haat..maar plaas van vat die land voorentoe..maar neeee!!!jongmense hierdie wereld is in julle hande..en wat jul nou doen is wreed teenoor mens en dier…want geld het god geword!!!!!!

Manie ·

Ek as n oud kovsie wil niks meer te doen hê met die Universiteit. Daar is baie meer sulke rassiste op die kampus. Jansen was deel van die einde van kovsies. Nou vlug hy Amerika toe

Danie ·

Ek wonder of hy probeer om die wit jong mense om die bos te lei met sy propaganda sodat hulle ook daardie ongeneeslike (“guilt”) siekte optel. Ek hoop iemand het hom bietjie ingelig oor die verlede. Hulle weet dat hulle rasisme, gesteel en kapings verkeerd is maar probeer dit regverdig met daardie propaganda.

Dup du Plessis ·

…..Afrika stamme het mekaar sommer op die vasteland uitgemoor en mekaar se grond afgeneem, selfs die eerste inwoners van die suidelike deel is van hul grond verdryf en selfs gevange geneem. Dalk deels omdat kaarte, kompaste en skeepvaart nog nie beoefen was nie is dit hoofsaaklik tot Afrika beperk was……

jean ·

Watter grond is aan hulle gegee?……Dit het eerstens aan die San mense behoort en enige grond wat daarna in swartmense se besit was is, deur hulle in ‘n oorlogsituasie van ander stamme ontneem. En verkrag deur die wittes?…..Genugtig! Ek lag……En by the way…neem net asb kennis dat indien die kolonialers nooit in die land aangekom het nie, het sekere mense nie eens toiletpapier gehad nie…… (So ironies dat hulle romanties belangstel in ‘n”yellow bone” (sien blankes)………..)

Soekie ·

Wat regtig van die duiwel af kom is hoe mense vandag afgemaai en uitgemoor word op plase vir die lekker daarvan. Hierdie kind moet hom maar liewer by sy studies bepaal en sy groot mond hou oor dinge waarvan hy geen benul het nie. Hy maak mens net die vieste in en hy maak sy eie naam gat! Wonder wat studeer die kêrel en of word sy studie geld ooit betaal en deur wie? Hy is besig om iemand se tyd asook sy eie te mors! Pateet!

Replace ·

Wanneer ‘n mens hierdie boodskap van die jongeling lees en elke keer die woord “white” vervang met “black” en andersom dan maak hierdie boodskap eers vir my sin en dan is dit die heilige waarheid!

Tammy ·

Hoekom is hy nognie gearresteer nie?? Waar is gergtigheid. Dit is n klap in Kovsies se gesig. Kyk maar mooi wat hou die toekoms vir hulle in. Ha Ha nog n val?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.