‘Wit moet vir swart werk’, sê Malema

Malema het Maandag ʼn groot skare buite die hof toegespreek. (Foto: ANA)

Julius Malema het Maandag aan EFF-ondersteuners buite die Newcastle-landdroshof in KwaZulu-Natal gesê hy smag na die dag dat wit mense vir swart mense moet werk.

Malema het Maandag ʼn groot skare buite dié hof toegespreek nadat hy vlugtig verskyn het op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste van 1956.

Malema se uitlatings is vanoggend met harde applous verwelkom. “Ek wil nie hê swart mense moet vir wit mense werk nie. Ek wil hê dat julle vir julleself moet werk; wit mense moet vir julle werk. Dít sal ware vryheid wees. Julle moet hulle leer hoe om babas op hul rug te dra. Hulle moet voel wat ons ouers gevoel het,” het hy in sy toespraak gesê.

“Ons sê nie dat wit mense vermoor word nie, maar dat wit mense ons huishulpe moet wees,” het Malema aan die oproerige skare gesê.

Julius Malema groet die skare ná sy toespraak. (Foto: EFF South Africa/Twitter)

“Ek smag na die dag dat ʼn wit man ʼn trekker op jou plaas gaan bestuur. Ek smag na die dag dat John Steenhuisen [DA-hoofsweep] ʼn trekker gaan ry op Mbuyiseni Ndlozi [EFF- nasionale woordvoerder] se plaas. Wit bevoordeling sal onder die EFF tot ʼn einde kom,” het Malema verder gesê.

Dié toespraak volg nadat die EFF sy lede versoek het om vanoggend buite die hof op te ruk waar Malema sou verskyn. Malema het gevolglik herhaaldelik genoem dat hy nie bang is om tronk toe te gaan as dit beteken dat hy vir sy land moet baklei nie.

Malema word aangekla nadat hy lede van die EFF aangemoedig het om oop grond te beset. Hy staan tereg op aanklag van aanhitsing. Hy het die uitlatings in 2014 tydens die party se verkiesingskonferensie in Bloemfontein gemaak, asook in Junie 2016 tydens ʼn byeenkoms naby Madadeni in KwaZulu-Natal.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

127 Kommentare

Etienne van der Merwe ·

Ou Malema bou die lugkastele en sy volgelinge paint hulle.

Iemand ·

Daar is baie wit werklose mense wat bly sal wees as hulle vir enige iemand kan werk…dit hoef nie deel te wees van een of ander wraak komplot nie. Sies Malema.

soekie ·

ag los kaalkop hy voelgoed oor homself sy drome fasineer hom

Hoe nou... ·

Enige boer wat sy sout werd is werk saam met sy mense op die lande en ry baie keer self die trekker in elke geval…wys jou net wat weet die EFF van n boerdery af. Kos kom nie van plase af nie….dit kom uit Checkers uit….?!

Sanet ·

DÍS…nou die vrug,van geweldige minderwaardigheid en verwerping, arme arme arme arme ou Julius’sie… en nou spoeg jy HAAT uit,sodra jou mond oopgaan

Hilda ·

Ek stem 100% saam met jou uitlating. Arme ou siel ek voel eintlik jammer vir hom want hy het soveel haat in hom en mens moet eintlik nou die verlede begrawe en voortgaan met die toekoms.

Lollie ·

Hy kyk ook net teen ń WIT muur vas! Hy soek apartheid waar ander, wit en swart, SAAM wil werk.
Wat dink hy is die rede van Eskom se ondergang? Mense wat soos hy redeneer! Saam kan ons mos die land opbou.
Hy kyk net teen die wittes vas terwyl die Chinese besig is om al dieper in te kruip en op die ou einde ALLES oor te vat! Dan het nie ek of hy meer iets oor nie!

Winx ·

HAHAHAHA! ????? … Tracy, jy het nou my week gemaak. Flip funny comment !

Annelize ·

Diertjie, ek sal in die sel langs joune sit. Ek beter ook net vandag my vingers in toom hou, bitter hard op my tande byt, saggies bid en aanbeweeg na die volgende artikel.

Agie ·

Dis jare reeds dat hierdie vrou geen werker het nie. Was en stryk, vloere, toilette, badkamers, gordyne, en, en, en is als my werk. Hier loop 5 woefe wat my oppas. Die werf word elke dag, Maandag tot Maandag deur myself skoon gemaak. Sny gras, maak heinings reg ( wat deur booswigte geknip word) self reg. My hande word nie gemanikuur nie. Dis werkers hande waarvoor ek nie skaam is nie.

By die Bank, Poskantoor, Supermark, oral word ek deur swartmense BEDIEN. Wie werk nou eintlik vir wie??????

KOM BY. (seker nie in die volgende 100 jaar nie) ?

Db ·

@Agie. Ek doen ook alles self in die huis en op die erf. Het nie hulle nodig om my te help nie. Was nog nooit bang vir werk nie en my hande is ook nie die sagte vel en lang naels wat wys dat ek niks kan doen nie. Dankbaar vir die krag wat ek daagliks ontvang om self my eie werk te doen. My honde is ook op en wakker en waarsku as daar ‘n wese by die hek kom.

Helen ·

Gelukkig kos drome/lugkastele niks. Hahaaa ek dink hy het ‘n beter kans om die hel te sien vries. Blankes het van die begin wat hul hier gearriveer het nog net skouer aan die wiel gesit en baie hard gewerk om ‘n land en ordentlike nasie te bou en meeste sonder die hulp van buitestaanders . Vroue het by die huis gebly en hul huis en gesin SELF versorg, maar die las in die land het so groot op hul geword dat vrouens genoodsaak is om ook uit te werk om ‘n beter lewe vir hul gesinne te skep. Ek persoonlik kan nie sien hoekom hul nie weer als self kan doen nie, ek het uitgewerk , kinders groot gemaak en nog steeds al my huis en tuinwerk gedoen sonder hulp van buite en doen dit nog steeds. Ons mense is nie so afhanklik van ander hulp soos wat die oningeligte individu dink nie.

Farmer Brown ·

@Helen , ek wil met jou verskil.
Ons gesin woon in Kleinfontein , uitsluitlik vir “Afrikaners”.
Die volkseie arbeid beleid is ‘n twee snyende sward.
Daar is absoluut geen misdaad nie omdat geen swartes daar mag inkom nie, hemel op aarde.
Maar ongelukig is al die mense daar brand arm , hulle leef soos die swartes in plakkerskampe.
My opinie is dat hulle altyd sal arm bly omdat hulle hul tyd spandeer om hulle basiese behoeftes te bevredig.
As jy al jou tyd spandeer om die swartes se werk moet doen(was , stryk , skoonmaak , tuinmaak), waneer gaan jy tyd kry om geld te maak?
Jy kan eers konsentreer om geld te maak as al jou basiese behoeftes bevredig is.
Die Broederbonders het dieselfde droom as Julius gehad , OM WIT SLAWE TE HE

Rissiepit ·

Farmer Brown, ek hoor jou lied, maar iets strook nie met jou manier van dink nie. Hoe dink jy het die Duitse volk bv. suksesvol geraak? Hulle het ook alles by die huis en op hul erwe gedoen, maar nogtans ook hul geld verdien. Ek praat uit ervaring uit. Kleinfontein omgewing bied waarskynlik min werksgeleenthede en boon-op pootjie die BEE riglynne die meeste werkgewers. Ek dink dit is eerder die rede vir arm. Jy is nie arm net omdat jy jou eie huis en tuinwerk doen nie.

Rudi ·

Eerstens: Hoe is hierdie nie nog ‘n oortreding van die wet t.o.v die hoeveelheid mense by ‘n onwettige byeenkoms nie.
Tweedens: Hoe is hierdie uitsprake nie verdere haatspraak en inter rasse konflik aanhitsing nie???

As ek hierdie gesê het, was ek nou in die tronk met boete en al.

Rudolph van Wyk ·

Ek werk al lankal ‘n groot deel van my dag om vir die ANC regering se belasting so jong Julius kan ontspan. Sy wens het alreeds waar geword

Marius ·

Ek werk maklik vir my mede suid afrikaners, dan kan ek hom benadeel met my unie en hom so sink… Dan net na volgende baas….

lee ·

Soos dit deesdae in ONS arme land gaan, is daai “gesmagte-dag” seker nie té ver nie.
Behoede ons.
En so is Malema alweer besig met aanhitsing.

Gemaskerde Sopbeen ·

Goeiste, dis ‘n bak idee. Ek soek R414 583,00 per jaar, MET medies, pensioen, behuising en motortoelaag. Jy moet my by my huis kom haal om my werk toe te vat. Ek wil 10uur tee drink, 12:30 begin oppad vir middagete, 3:30 koffie, en 4nm begin oppak vir huistoe gaan tyd….en jy moet my wegbring huis toe. Ek soek ook ‘n lap-top, Galaxy S10 selfoon en gratis internet. Ek soek ook WEE (dit is “white economic empowerment) in die vorm van 49% van jou onderneming……en dan’s natuurlik nog die kwessie van bonusse ook, en 30% per jaar salarisverhoging en die reg om te staak as jy dit nie gee nie!!! En wat van verlof? Vier weke betaalde verlof, siek verlof, begrafnis verlof, troue verlof en sommer nog lang naweke ook. Ek laaik hierdie plan al meer………..wanneer kan ek begin? My CV sê ek het ‘n doktersgraad in imagination van die universiteit van Mnangagwa Universiteit in die Bophutastwana…..so dis hoekom ek R414 000,00 per jaar wil hê….soos die cleaners by Eskom!! O ja, en gratis water en ligte ook…..Goeiste, ek kan nie wag om te begin nie…..Ek hoop nie daar’s kameras in jou huis nie, ‘n baba val maklik uit ‘n mens se hand uit, né? Hahahahahahahaha

Sulet ·

Dis die beste antwoord hier! Nou so lekker gelag. Dankie, jy maak my dag.

Lizle ·

Jinne jy slat die spyker oppi kop. Ek lag nou so lekker uit my maag! So bek kort n blik jam!

Annemarie Smith ·

Ha-ha-ha! Gemaskerde Kopbeen, nou het ek darem lekker gelag vir jou opmerking.

Jo ·

Ek is ook gereed om diens te aanvaar teen Woensdag om 09:23. ?

Rasper ·

Malema is een man. As dit net sy opinie was, dan het ‘n mens dit daar gelaat. Dit is die skare wat hom toejuig as hy sulke belaglike goed sê, wat ‘n mens se hare laat rys……

humor ·

Ek maak my nie moeg om te reageer nie, want dit is benede kommentaar.

RHG ·

Ek vind dit vreeslik snaaks. Foeitog.
Was pas voor die hof vir oproerige byeenkomste.
So arm as wat blankes op ‘n tyd was, het hulle daaruit opgestaan. So swaar as wat hulle gekry het, was hulle trots. Wat Johan Rupert ander dag gesê het oor hoe daar destyds versigtig met geld omgegaan is, teenoor hoe jongmense dit uitmors, was so waar. My ouers het uit daardie tye gekom en hul waardes in ons gevestig.
Ou Julius, ek glo nie jy sal daardie dag sien nie. Die blanke sal homself nie laat verkneg nie.
Tog sien ek hoegenaamd nie neer op my huishulp en tuinier nie. Daar is niks fout met eerlike werk nie. Hulle het hul eie omstandighede. My huishulp se kinders is slim, het matriek, een was op tegnikon en hulle lewe goed.

barend ·

ons het nog altyd vir hulle gewerk ,maar ons is nie onderdanig nie ,nog nooit sal ons vir hulle slawe wees nie nooit ooit nie

Agie ·

Hierdie vrou doen al jare lank al haar werk self. Was en stryk, vloere, skottelgoed, gordyne, toilette, bak en brou, en, en, en als. Hier is 5 woefe wat my oppas. Van Maandag tot Maandag word die werf deur myself skoon gemaak. Sny gras en herstel heinings wat deur booswigte geknip word. My naels word nooit gemanikuur nie. Dis werkende hande waarvoor ek nie skaam is nie.

By die Bank, Poskantoor, Supermark, ens word ek deur swartmense BEDIEN. Wie werk vir wie?

Skrik wakker. (seker nie in die volgende 100 jaar nie)
????

Vryhand ·

Ek like jou komentaar..is ons nie dalk familie nie..my hande doen ook als en ek pas kinders op..n bells vir ons

Hans ·

“Daar spoel duisend eeue oor n land voor steenkool ryp tot diamant”- W.A. Watermeyer

Agie ·

Hans, ek het ‘n baie ou digbundel Digters & Digkuns. Slegs gedigte van G. A. Watermeyer kom hierin voor.

Uit watter gedig van W.A. Watermeyer het jy aangehaal?

Dis skerp?

Albert ·

As sy aanspraak waar word tree die “oog vir ‘n oog en tand vir tand” inwerking.

Riaan ·

Moenie van affirmative shopping vergeet nie. Hulle is meesters so sal jou goed kan leer

Marie ·

Ons werk klaar vir hulle. Wie sorg dat daar belastinggeld is om hulle buitensporige salarisse te betaal. Wie betaal die grants, dis ons paar wittes met besighede wat geld genereer, die res lê grotendeels rond en dink wat hulle volgende kan brand of vernietig. Die sg. middelklas werk vir die staat of is tenderpreneurs soos die uwe Malema. Dis ‘n skande hoe my land tot niet gaan.

Anoniem ·

Niks nuut nie Malema, die Wittes in SA werk al hulle hele leeftyd al daaraan om iets van julle te probeer maak.

Vra maar net ·

Hoe lank gaan die hofsaak nog duur? En hoeveel kos dit ons nou al? Ons werk klaar vir hom of ons nou wil of nie.

Pieter ·

Teen R12000.00 per maand as tuinier of huishulp soos die EFF bepleit sal ek more uit my pensioen status terug tree as werker!

Elbie Naude ·

Ellende wag vir die land waarvan ‘n slaaf koning is en waar amptenare vroeg in die dag begin feesvier. Luister vandag na die blankes, klong. Ons kan nooit ooit as te nimmer vir iemand werk wat nie die verskil ken tussen sy elmboog en agterend nie. ESKOM, SAL, Denel, SAUK. Jammer ek het te min woorde hier oor om al die instansies op te noem waar mense soos jy in beheer is en dit tot in die grond in geploeg het.

HPV ·

En dit komend van iemand wat nog nie een dag se handewerk verrig het nie. Net met sy mond, ook net as sy fopspeen uitgeval het.
Nee ou juliaas vir jou en jou aanhangsels sal ek en my familie nooit soos in nooit werk nie.

Andre ·

Hy wil alles verniet hê en nie werk nie, dit is wat hy sy mense belowe.
Sterkte met dit my ou groot seun.

Msp ·

Aandag, aandag, aandag. Grootste rassis in die wêreld. Hy het verseker ń eff kopdokter nodig

Lee ·

Hierdie idioot is so bang vir die wittes dis hoekom hy ons die hele tyd opbring. Hulle kan maar sê en doen wat hulle wil maar sonder die handjie vol van ons gaan die landjie platval!!
Hy soek seker stemme vir die verkiesing….

waarheid1 ·

O ek lag te leker vir die kommentare!!!
Gemaskerde Sopbeen!
Baie mooi gestel!!

TinRSA ·

Ek is 65 en het nog nooit ‘n huishulp gehad nie. Het voltyds gewerk tot 2 jaar gelede toe ek moes aftree omdat die organisasie wat ek voor gewerk het een van JM se broeders in my plek moes aan stel omdat BEE so vereis het. En het die laaste 15 jaar van my beroepslewe ‘n bestuurspos beklee. So ek wil julle nie in my huis of erf hê nie en sal dan ook nie vir julle wil werk nie dankie. En as ek of my man dalk die Lotto wen pak ons op en trek ander land toe waar ons veilig voel en alle mense, van watter nasie, ras of kleur mekaar respekteer.

SjN ·

Ek sal graag vir hom persoonlik wil werk en sal die alleen tyd, net ons tweetjies, ete en te drinke terdee geniet met n verskil. Dit sal nie nodig wees om my weg te jaag nie.

Lee van Randburg ·

Gemaskerde Sopbeen ek hou van jou antwoord..Ons werk almal vir die ANC se salaris! Julius droom voort!

Lindie ·

Het nou lekee gelag. Ek begin solank tink aan my CV. As die poste geadverteer word, wil ek van die 1st wees wat aansoek doen. Gaan nou al die werk sites aflaai en sit en wag vir die notifications.

koos ·

ek en baie ander wit mense is TEN VOLLE bereid om vir swart mense te werk, maar ons kry weens regstellende aksie eenvoudig nie werk nie.

Hennie ·

Die grapjas kan nou al ‘n bundel uit gee met “rewersed” apartheid grappe! Ek as ‘n blanke man werk vir ‘n swart vrou en ek sê dit onomwonde: ek ruil haar vir geen ander baas nie! Hoogs intelligent, bekwaam en los my om my werk te doen!

Adam ·

Komies!!!! Jou makkers kan nie eens vir ten minste 40% van julle eie mense werk skep nie. Malema moet dit ernstig oorweeg om soogens sy Weet-Bix te eet en nie te snuif nie.

Corrie ·

Kyk daai ding soek net aandag en die media gee dit Vir die ding.

Christa fredrikson ·

Daar is al klaar wittes wat vir swartes boer waarvan ek weet. Hulle is gelukkig in wat hulle doen.

Sinies ·

Luister mooi wat hy sê, dit is presies wat deur senior ANC lede, woord vir woord meer as 15 jaar terug aan my gesê het.
.
Dit is die doel (ANC/EFF) niks het verander nie.

bolla ·

LOL. Die ou weet hoe om sommige wittes te roer. Met die minimum wage wat so gereeld aangepas word, is dit dalk nie so ‘n slegte idee nie.

@Bolla ·

En die bruinmense? Hulle bly steeds werkloos as Malema sy sin kry. So maar min om oor lekker te kry. Lol.

Stel ·

Malema, jy kort dringend hulp. Jy sit met ‘n patetiese klein selfbeeld. Jou drome kan ongelukkig nie waar word nie, want ek ken van harde werk, ek het waardes, trots selfbeheersing en selfdissipline, wat het jy en die mense wat saam met jou ‘n minderaardigheidskompleks het? NIKS!!!!!!! Ken net van kry.

Opreg ·

Maar ons doen klaar eintlik, wie dink hy betaal die tax en reperasies???

W ·

Droom groot seun….Al jou ondersteuners is werkloos ….Julle kan ons nie bekostig nie

hahahaha ·

Malema is besig om uit idees uit te hardloop. Daar is net so baie uitspattige goed wat hy kan se. Wat is volgende, gaan hulle almal maan toe vir ‘n vakansie?

anton ·

juliaaas……..raak vir my rustig, rustig, rustig……..want nou-nou skrik jy dalk wakker uit jou droom wereld en besef die maan is nie van kaas gemaak nie!!!

Ander Annie ·

Ai Julius, waar val jy uit. Ek werk al donkie jare vir ‘n swart baas en dit is nie vir my ‘n probleem nie. Inteendeel, ek het ‘n wonderlike swart baas.

Anoniem ·

Julius, jy verstáán nie: ek werk nie vir ‘n baas van welke kleur of geur nie, ek werk vir die Here.

Efesiërs 6 vers 7: Al is julle slawe, doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie.

Alida ·

Honde het base ons het werkgewers. Wie is daai skare se werkgewers wonder mens

Honibal ·

Ons doen alreeds. Ons onderhou SASSA, ons betaal die meeste belasting en onderhou ook al die ander onbevoegde staats instellings.

Hennie ·

Net n dom vraag? Wat het van Melema se plase geword? Dog hy is soooooo slim!!! Toe vat die banke sy plase terug in elk geval!! So hoekom het hy nie wit mense aan gestel op sy plaas nie?

Son of the Soil ·

Hennie, dan sou hy nog die plase gehad het….???

Charl ·

Ai wat ek se dis die DA se vennoot wat sulke goed se. En die wat vergeet het hulle is vennote in JHB en PTA.

humor ·

MM ek hoop julle plaas nou maar hierdie enetjie. Malema moet besef die witmense in hierdie land is maar n geringe persentasie teenoor die massa swart bevolking. As al die blankes dan met werk geholpe is dan bly daar n massa voornemende swart wergewers sonder werknemers oor so hul sal dan maar self moet uitspring en werk.

Gert ·

Hierdie is nie so snaaks soos almal hierbo dink nie. Hierdie is aanhitsing, en vir mense met die intellektuele vermoë van sy gehoor, is dit ‘n ernstige opdrag.
Hier kom groot moeilikheid.

Foxi ·

Ja……ek soek ook so n job! Dink net hoe baie gaan ek bespaar. Hoef niks te koop vir my eie huis nie.

Jd ·

Ek betaal dan sy salaris met my belasting geld, so ons werk klaar vir ou jubjub

gert ·

Julies sal vinnig moet wikkel.
Die wittes raak vinnig al hoe minder en een van die dae sal daardie droom van hom te laat wees. Geen blankes meer in die land wat hy kan aanvat in sy versier nie

Vonkprop ·

Malema, ek sal baie daarvan hou om vir jou te werk. Ek sal met plesier jou trekker ry en na 3 rye hom so op dinges en net sê sorry. As ek jou huis skoonmaak sal die stofsuier eweskielik uitbrand. Ek sal die kamers net voorlangs skoonmaak en die res van die dag tv kyk. En o ja die bakkie trek bietjie links nadat ek 2 ton grond gelaai het en vir Bessie die koei moes uitswaai en ‘n klip getref het. Die graaf is ook stukkend nadat ek die grond weer moes oorlaai op die bakkie. En ek verwag ‘n 30% bonus elke jaar. 5 kinders is nie ‘n grap nie.

Ploumie ·

Julle verstaan verkeerd, die man besef nou vandat hy ” geleerd” is, dit is die enigste manier wat daar iets positief in die land sál gebeur.

Realis ·

Julle mis almal wat Juju so duidelik sê. Ons gaan vir hulle werk. Hy het reeds die deur oopgemaak om die blankes terug te bring in al die opgemorsde SOEs. Wanneer hulle weer blankes begin terugbring om die verval te stop kan hy met trots vir sy volgelinge sê sy woorde het waar geword. En omdat hy so slim was moet hulle nou dophou hoe kom goed reg. Hy wat Juju is het mos gesê dinge gaan regkom wees wanneer ons vir hulle werk.

Hy het net soos Zuma briljante poppemeesters.

Jakes Jacobs ·

Malema, jy is agter die tyd, Nelson Mandela het wit mense gehad wat vir hom gewerk het en my baas is ‘n swart vrou. ek is heel tevrede daarmee en so is daar baie ander wit mense wat onder anders kleurige mense werk, so kom by BOET.

Hennie ·

Om die waarheid te sê dit sal baie werkloosheid onder witmense oplos…. Nie heeltemal so slegte idee nie want baie witmense sal enigiets doen net om ñ werk te hê. OuJulius moet net daad by woord voeg.

Anoniem ·

??? Julle wil mos al die werke hê, so julle sal maar vir ons werk en ons bedien aangesien kliënte altyd reg is! ???

Aapstert ·

No problem!! Ek soek minimum wage en geen gevolge vir laat kom, niks doen en alles breek nie! Ek werk nie oortyd sonder betaling nie ek soek my verlof met my foon AF!

Annoniem ·

Ou, ou gesegde: “In die land van bindes is een oog koning:

Annie ·

Dream on Malema. Hy is so bang vir die wittes om nie te praat hoe behep hy met ons is nie…

Dorita ·

Snaaks dat die ouer generasie swart mense nog so baie respek het vir ons blankes en minder goeie dinge oor hulle jonger generasie te sê het. Die wit man is baie keer op die trekker maar om te wys hoe dit ordentlik gedoen moet word. Ons is grootgemaak om hard te werk. Ons sukkel om ordentlike huis hulpe te kry wat ordentlik kan werk. Dus doen ons in elk geval ons eie werk vir ons self nie vir enige lieplapper nie

Trinity ·

Juju – jy het dalk ‘n punt daar beet… Dit is al hoe daar iets van die plase gaan kom met julle grond-grypery. En dan sal al die voordele wat nou wetgewing is, natuurlik op die “bestuurder” ook van toepassing moet wees – so eintelik gaan die wit man nog steeds op sy eie boer…

Erika ·

Malema se IQ weerspieel als… shame! kwaad vir sy eie velkleur en afgunstig op enige ander velkleur. Malema wees trots en werksaam dan sal jy nie soo misrabelle persoon wees nie…Apartheid is net in jou wereld, ander mense in ons land het al lankal aanbeweeg..
Die ergste van als…jy het nie eers indie apartheidsera geleef nie, so ook nie ek nie…

Bietjie baie ·

Julius sien net WIT voor hom. Al die ander issues kyk hy totaal mis.
As WIT weg is, begin sy donkerste nag.

VanAfrika ·

Eendag is eendag, dan gaan die Liewe Heer ons terug sit waar ons hoort, wag en sien.

Catrien ·

Ja asb – dan kan ons ook net leeg lê en elke maand geld en kos kry en julle beroof en julle lande plunder…

Jy haat wit en tog dra jy ñ wit hempie????

Pierrewaaier ·

Wit vir Swart, Swart vir Wit….Wat maak dit tog saak? Op die staduim hoop ons net daar gaan werk wees….

Diefie ·

O genade dan is die ou nog blind ook. My seun doen sy eie ploegwerk. En skoonseun het vir ‘n swart besigheids man gewerk, maar die ander swarts wil nie hê wittes moet vir swart besigheids manne werk nie. Hulle sorg dat die wittes liewers die pad vat as om in ‘n geveg betrokke te raak.

Anna ·

Ja, Malema, ja! Het jy al ooit ‘n steek werk in jou lewe gedoen? Gelukkig is die huisies klein en sal ons vinnig klaarspeel…..en o ja my huis-direkteur lag haar byna dood oor jou voorstel. Sy geniet een dag per week haar gate uit want sy word soos ‘n koningin in my huis behandel.

Swartbees ·

My vorige baas was n swart-man. Ek het nog nooit so iemand met so baie kennis en geduld tee gekom nie. Hy het net wit mense in diens geneem omdat ons hardwerkend sonder drama is en nie kom met stories op vrydae en maandae nie. Hy word daagliks baie gemis.

Herman ·

Ek sal ook enige tyd vir ‘n swart baas gaan werk. Dink net , daardie mark is onversadigbaar, jy kan jou prys maak. As die een jou nie kan of wil betaal nie, staan daar ‘n tou van ‘n paar km wat wit huiswerkers soek. Hulle sal te minste waarde vir hulle geld kry. Dis mos ‘n vrye mark wat behoort te funksioneer op die beginsel van vraag en aanbod. Die vraag is groot en die aanbod baie beperk, maw die prys is hoog. En so droom hulle aan en aan…

Aap ·

sal met plesier vir n swartman werk , en as ek nie verhoging kry nie brand ek maar net sy besigheid af , die wiel draai mos lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.