‘Wit oorheersers het baie geld en kan boetes bekostig,’ sê EFF oor kleuterskool

Die foto is digitaal gemanipuleer om die kinders se identiteit te beskerm.

Die foto is digitaal gemanipuleer om die kinders se identiteit te beskerm.

Die hoof van die Centurion-kleuterskool wat homself te midde van ʼn rasseherrie bevind, het Vrydag tevergeefs aan EFF-lede probeer verduidelik wat die omstandighede rondom die veelbesproke foto was wat die indruk skep dat kinders volgens ras geskei is.

“Al wat ons sal tevrede stel, is as jy vir tien swart kinders uit agtergeblewe gebiede se onderrig sorg, tot en met drie jaar op ʼn tersiêre vlak,” het Mandisa Mashego, die EFF se waarnemende voorsitter in Gauteng, gesê.

ʼn Groep van nagenoeg 30 EFF-ondersteuners het vroeër die dag na die hoofingang van die Heritage Hill-landgoed opgeruk om oor die beweerde voorval van rassisme by die Koeitjies en Kalfies-kleuterskool in die landgoed te betoog.

Anéll Engelbrecht, skoolhoof van die kleuterskool, het aan Mashego en EFF-lede teenwoordig verduidelik wat die omstandighede was toe die foto Woensdag tydens ʼn kinderpartytjie in etenstyd geneem is. Sy het ingestem dat haar en die skool se naam genoem word omdat sy wil hê die waarheid moet uitkom.

Sy het dieselfde verduideliking gegee wat sy Donderdag aan Maroela Media verskaf het en het gesê die hele voorval word uit verband uit geruk.

Mashego het gesê die party stel nie belang in Engelbrecht se verskonings nie.

Die groep het betogingsliedjies gesing en plakkate rondgeswaai wat onder meer sê ‘Racism mus fall‘ [rassisme moet val], ’White supremacy’ [wit oppersgesag moet val], ‘Respect children’s rights’ [respekteer kinderregte]’ en ‘No racism in South Africa’ [geen rassisme in Suid-Afrika].

“Ek het nie plek vir rassisme in my hart nie,” het Engelbrecht probeer verduidelik. “Ek is lief vir kinders ongeag hulle kleur. Ek sien nie kleur raak nie. Die enigste rede hoekom ons net twee swart kinders in die skool het, is omdat ons in Afrikaans onderrig. Daar is ʼn Engelse skool baie naby aan ons, buite die landgoed, en ons het ‘n ooreenkoms met dié skool dat die Engelse kinders daarheen gaan.”

Mashego het die party se standpunt teen kolonialisme, kapitalisme en imperialisme beklemtoon en verdedig en gesê dit gaan hand-aan-hand met hul siening oor rassisme. “Daar is nie meer plek vir rassisme en rassiste in die land nie.”

Sy het aan die media gesê sy hoop die voorval word deur die gelykheidshof ondersoek. “As dit nie die geval is nie, moet die ouer die skool siviel dagvaar vir so baie geld dat die skool sy deure moet sluit.

“Dit help nie meer om net oor rassisme te praat nie. Al hoe dit opgelos sal word, is as daar daarteen opgetree word. Dit moet ook as ʼn strafbare kriminele misdryf gesien word, want as mense nou daaraan skuldig bevind word, kry hulle net ʼn boete. Wit oorheersers het baie geld en kan die boetes bekostig,” het sy gesê.

Engelbrecht het op haar beurt vir die media die skool gewys en gesê dit het in 2010 oopgemaak en word op Afrikaanse en Christelike beginsels bestuur. Die dogtertjie in die foto was vir sowat drie maande in die klas, voordat haar ma haar Woensdag uit die skool geneem het.

Engelbrecht het gesê sy het baie geheg en lief geraak aan die dogtertjie en sy is hartseer dat sy nou ontwrig gaan word om by ʼn nuwe skool aan te pas. “Ons het talle foto’s waar sy heerlik saam met die ander maatjies speel. Ek is veral hartseer vir haar. Dit is ook hartseer dat so ʼn geringe dingetjie so uit proporsie geruk word en as rassisties beskou word. Dis jammer dat sulke dinge nou nog in die land gebeur,” het sy gesê.

Engelbrecht het sedert die voorval al verskeie kere met die dogtertjie se ma probeer kontak maak om die situasie te verduidelik, maar die ma het haar glo net geantwoord deur te sê sy is “evil” en ʼn “rassist”.

Lees die vorige berigte oor Koeitjies en Kalfies op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

100 Kommentare

Dedré ·

So is dit nou nie rassisties om ons “Wit oorheersers” te noem nie???!!!!

Koos ·

Miskien wil hulle he ins moet regtig soos rasiste begin optree. As jy na ons grond wet kyk en dan na BBBEE dan is ons staat 100% rasiste wat die minderheid onderdruk, en besteel.

Ongelukig kom mense net vir 2 redes tot hulle sinne. Die eerste as hulle net by die dood omdraai, en tweede waneer hulle besig is om dood te gaan van die honger. Op die oomblik is alby die verskriklik naby aan die gebeer.

Meeste mense is nie bewis daarvan dat ons land vir die volgende 15 jaar nie eers een persent van sy skuld se rente kan terug betaal al betaal alle werkers 50% belasting nie. Hens ons sedert 2004 geen publikasie van ons land se totaale skuld ontvang het nie.

Ons is nou presies waar Zimbabwe in 1998 was, ekonomie gewys en rasse posisie. Ons baklei nou oor kleur en posisie, maar gewaarborg ons sal in die volgende 18 maande begin baklei oor kos, en net kos.

Piet Snot ·

Dit was ‘n fout vd skool.
Ons weet almal ons leef met onredelike swart rassiste, wat onskuldige situasies in raskwessies omskep.
Mens moet foto’s wat jy die wêreld instuur, met onredelike ywer nagaan, want onredelike mense gaan als wat jy doen, verwring. Ons moet leer om ons agterente te ‘cover’.

Dup du Plessis ·

……..moeilik om te dink dat ‘n foto wat ‘n breukdeel van ‘n sekonde in tyd vasvang gebruik kan word as bepaler van realiteit……..hoe sou ‘n foto 10 minute vroeër of later gelyk het…….(dalk spelende kinders……..ons het so belaglik geraak dis eintlik verstommend…….

Nico ·

Baie waar.. Dit gaan oor elemente in die samelewing wat situasies skep en uit veband ruk vir politieke gewin.

Christo ·

Dis hartverskeurend om die minste daarvan te sê, die gemors sal nie ophou voordat al wat n witmens is uit die land verdryf is nie dat hul net kan vat wat hul wil hê. Ek voorsien hierdie soort van dinge gaan net erger word. Ons moet op ons voete begin dink. Elke moontlike ding waar wittes by betrokke is sal iets gesoek word om rassisme uit te beeld.

johann cb ·

Word ons almal nou oor dieselfde kam geskeer? “Wit oorheersers” met baie geld, ai tog…

Gertjie ·

Accept that some days you are the pigeon, and some days you are the statue.
You simply cannot tell other people they are stupid, even if they really are stupid.

Francie ·

“A nation of sheep begets a government of wolves.”
Edward Murray

Irene ·

Die oersoon is betaal om gaos te saai wonder of sy nie die kinders daar self gesit het nie nou wil fie eff steun wen mense maak oop julle oe en ore huloe tart ons nou al lank skole univ plase kkeuterskole volgende is kerke mag daar a vloek op alle mense wees wat met geweld altyd opstaan

Lise ·

Asseblief! Wat probeer jy sê? Tik reg en lees jou kommentaar ordentlik voor jy dit instuur.

WeesWys ·

Miskien kan Maroela Media ‘n paar mooi foto’s plaas van die kere waar die dogtertjie heerlik saam met blanke maartjies speel, na aanleiding van die skoolhoof se verduideliking.

Piet Snot ·

Wees wys, dis ‘n uitstekende idee.
Beveg die negatiewe met die positiewe.

Marinda ·

Dit is mos nou rassisties soos wat hulle op die borde skryf.. Is dit nie belaglik om te eis dat die
hoof 10 kinders vir 3 jaar moet onderhou nie. DIS BELAGLIK. Sy werk vir haar geld. Kry dit nie verniet nie. Het hirdie EFF mense nie werk nie. Hoe kry hulle dit reg om orals rond te wees en te betoog. O het vergeet. Dis mos die nuwe SA. Hulle mag maar wegbly van die werk af. Waar is die SAP gewees toe daardie arme vrou met al daardie betogers moes onderhandel. Sien geen SAP lid daar nie.

Wat-ek-lees ·

Op die linker onderste foto is die polisie.
Ek haal my hoed af vir die skoolhoof wat haar kant van die saak stel maar helaas as jou kop skeef opgeskroef is dan bly dit so.

Nico ·

Soos dit nou gaan sal daar nie universiteite wees oor 18 jaar nie..

help ·

Gaan iemand die arme vrou help… sy het ‘n goeie hart en wou net die kinders help… die fotos maak my sommer bang, dis net swart en rooi en een arme wit vrou… en hoe Tshwane afgebrand is die week, kan ek nie help as om te wonder of die vrou veilig is nie…
Mag die ma van die kind rustig in die aand slaap, saam met haar gewete en met die wete van wat sy nou gedoen het…
Wit Afrikaners het goeie harte en help altyd die ander minderbevoorregtes (meestal swart)…
My hart bloei vir Suid Afrika… maar Suid Afrika bestaan nie meer nie…

Liewe heksie ·

Stupit stupid genade het die ander kleuriges nou heeltemal kop verloor hul gaan nou elke grashalm gryp en n gemors daaraan maak kleuterskole ASB geen foto’s meer aan ouers nie net op versoek en plaas dan arme bloedjie saam al die swartekies al is daar net twee van hulle o genade ek is woedend

JC ·

Hi Mel, ek stem saam, wat n siek grap. Wat soek die mense nou eintlik?Aandag of wat????
Ek kry sommer ‘n hartaanval!!

Gerhardt O ·

Jite, maar die 10 of so EFFers is darem braaf om voor ‘n kleuterskool te dans, was maar vrek bang in Tembisa en Alexandra so ruk terug.

vermeende ·

Die swart bevolking werk vreeslik hard om rassise in die lewe te hou want dit bring stemme.

At van Jaarsveld ·

Maak die skool toe en laat hulle hul eie skool oopmaak. Hoekom het die na in die eerste instansie haar kind daarin gesit. Sy het gesien dit is swart werkers wat daar werk en wit personeel. Seker te bang gewees hul brand n swart skool af

lola ·

meer as net belaglik. stuur hulle waar hulle hoort. tien kinders vir drie jaar ondethou ? seker op steak en kaviaar wat hulle nie gaan eet nie

Lee ·

Vir wat moet sy haarself aan hulle verduidelik!!!! Wat maak hulle so special. Dis net ‘n verkiesings-foefie. Sal my nie verbaas as die ma kop en een mis is met hulle nie net sodat hulle meer stemme van die beheerde party kan vat!!! Hoekom moet ons na hulle kyk. Wie ry die duurste karre en dra smartste klere en kry als in die lewe verniet. Defnitief nie ons. Hoekom moet sy vir 3 kinders ekstra betaal hulle haat ons so hoekom moet ons iets vir hulle doen. En verwyder nou weer my kommentaar asb!!

Aster ·

Ek is so g@tvol vir die spul en hulle verdomde demands! Dis verby pateties! Hulle verdraai alles na rassisme maak nie saak wat die werklikheid is nie. Jy mag nêrens die word “swart” gebruik nie anders is jy ‘n rassis, maar o hel laat hulle net ‘n kans kry dan is hulle baie vining om te spring en die “whities” te blameer van rassisme.

At van Jaarsveld ·

RED OVERALLS MUST FALL ##!!!!!!!!!!
RED RAICISTS MUST FALL#####!!!!
The one lady covered her face with the carton. Why? Ashamed of her party and acting?????

andre barnard ·

Lyk my ‘n sekere gedeelte van ons bevolking lei aan ‘n minderwaardigheids kompleks. Siestog.

lynette ·

Ek dink julle verstaan heel verkeerd. Dis nie 10 kinders vir 3 jaar onderhou nie, Dis 10 kinders onderhou tot na 3 jaar universiteitsopleiding. Is dit nie wat tersiere vlak beteken nie?

Annemarie ·

Dis ook rassisme om teen Afikaans te diskrimineer… Die EFF staan net bakhand in rye, dis hoekom hul altyd oral is… Bokke en skape meng nie! Punt! Ek boer met altwee. Net sommige mense WIL dit nie raaksien en besef…

Johan ·

Hoekom sorg hulle nie self vir hul mense nie, daai lot wat betoog kan dit bekostig. As hul kan dure UZZI klere dra en almal duur pruike ophet en nog kan wegbly by die werk om te gaan betoog kan hul seker bekostig om vir die 10 kinders te sorg. Liewe hemel dis belaglik en ek voel bitter jammer vir daai vrou.

At van Jaarsveld ·

Werk hierdie mense in rooi??indien nie hoekom nie en word hulle betaal om hier te betoog en deur wie?
Daar is nou die dag vir hul leier Malema met n gebalde vuis in n groot kerk gebid. Nou lyk my is hul eers erg

Andrea van Vuren ·

Daai spul dansende betogers gaan nog laaank betoog. Hulle is nie honger nie. Hulle werk nie. Nog nooit ‘n maer betoger gesien nie. Hulle bekruip nou sagte teikens soos kleuterskole!

Aggie ·

wie is nou eintlik rassisties? Die EFF se mense of die gawe onderwyseres? Ek is seker dat die juf die “swart” kindjie nie daar gesit het. A nee a Rassisme het n ander kant, noem dit maar selfvertrouens probleem

Chantell ·

O so dis net die wittes wat rasisties is en dis so ook net die wit velle wat boetes kry as jy n ander nasie is kan jy se en doen wat jy wil geen boetes nie geen straf hulle kan Na hulle eie kyk almal kyk Na hul eie, die ma het n 15 Min fame gesien en dit gevat nou melk sy die storie vir alles wat dit werd is, seker ook n ietsie extra in haar sak. sy moet net een ding onthou wat jy saai sal jy maai dit kom terug Na jou toe

Gatvolverby ·

Ek is seker daarvan dat daai goed met rooi baret’s en die LUR presies verstaan wat rerig gebeur het, maar glo net wat hulle wil glo. As daar ‘n kans is om wit mense aan te vat sal hulle maak net soos hulle wil. Hul gebruik kamma rasisme om rasisties te wees.

Anel ·

So ver ek kan aflei is die ‘n privaat kleuterskool. Geen bydra van die die staat nie. So wat is die spul se probleem? Open julle eie plekke en dan kan die staat maar vir hulle sorg.
Die ma van die kleintjie het geweet die skool is Afrikaans. Niemand het haar gedreig om haar kind daar te sit nie. Na regte kan sy ook maar sommer terug gaan Botswana toe. Sulke mense het ons nie hier nodig nie!!!!

MJL ·

Dat mens nou jou minderwaardigheid op so manier ten toon moet stel. Die spul kan net dans en lawaai. Iets wat my egter pla is dat op vorige nuusberigte se kommentare daar persone was wat gesê het die EFF moet maar kom ( na die skool toe) want hulle sàl teenstand bied. Ek sien egter geen witmens op die foto’s nie. Praat ons maar net te maklik van teenstand bied? Is ons regtig bereid om dit te dien? Dit lyk my nie so nie.

Irah ·

Mense. Dis tyd om ernstig vir ons eie regte te baklei. Ons loop almal met teikens op ons voorkoppe rond en dis net ń kwessie van tyd voordat ek of jy met dieselfde strooi sit.

Alrien ·

Volgens n onderhoud op 702 vanoggend word die kind elke oggend en middag by die huis gehaal en afgelaai op die skool se onkoste (die res van ons betaal vir die diens ). Die ondankbare ma betaalv ook n verlaagde skoolfonds. Kyk waar het dit die skool gekry – nou wil die eff nog n paar verniet onderrig gee. Die eff moet maar die ma help om n nuwe skool vir haar kind te soek wat dieselfde sal doen.

TALITA ·

Moenie worry nie. Die sal ook oorwaai. Die mense wat die hoof en die skool ken weet wat die waarheid is. Maar dat mense so in die sosiale media sleg gemaak word is darem swak. Daar word regte moorde en ontvoering en wandalisme en verkragting daarbuite gepleeg. Hoekom word daar nie meer aandag daaraan gegee nie. Nou word n arme vrou en haar suksesvolle skool grond ingedryf. Julle dit som nie.

Willem ·

Die grootste rassiste loop en skreeu rassisme. Soos gewoonlik soek iemand net geld.

Penellope Jones ·

Uiteraard is dit nou oor al wat ‘n koerant is – is dit regtig nodig?
Die arme dogtertjie is nou blootgestel aan iets waarvan sy niks af weet nie!
En wie het die foto geneem en ingestuur?
Dit lyk amper asof die foto met opset geneem en ingestuur is, veral omdat rassisme die hooftema van die ANC se eleksie-veldtog is.

Ilse ·

Ditlykof-speletjie: dit lyk of dogtertjie alleen sit, sy niks kry om te eet nie, sy geen maatjies het nie, en almal (juffrouens en al die maatjies)verskriklik rassisties is en almal beslis net Afrikaans praat. Erg!!!!
Ek speel ook saam. Dit lyk of daar nog oop sitplek vir ‘n klompie kleuterboudjies by die tafel is. Dit lyk of die hele kleuterskool nie by een tafeltjie kan sit nie. Dit lyk of sy ‘n eetdingetjie vashou. Dit lyk nie of sy huil nie. Dit lyk nie of sy oorweldigende vreugde ervaar toe sy die (dit lyk so) fotonemende mamma sien nie. Dit lyk nie of sy gedwing word om Afrikaans te praat nie. Dit lyk of, as ek na myself kyk, daar ‘n yslike plooi op my voorkop is. Dit lyk of ek vir die mamma frons. en ook sommer vir die eff.

TM ·

Leë blikke maak die meeste geraas. Sy hoef haarself geensins aan hulle te verduidelik nie. Hulle is nie ‘n hof wat ‘n uitspraak moet lewer nie. Hulle opinie maak nie saak nie. Dit is moeilik om hulle te ignoreer, want hulle peul orals uit maar mense met ‘n verstand weet hulle is eintlik pateties. Moet altyd in groepies kom want alleen bewe hulle beentjies.

Nita ·

O my swak hart! Die twak haal die nuus. Maar die nuus oor geweldadige opstande moet ten alle koste verswyg word. Dis SIEK!!!!

Mixi ·

Nee regtig! Genoeg IS Genoeg! Dis kinders wat nie n draadwerk van n pennie af ken oor politiek nie. Vat daai ma hof toe!!!!

JaNee ·

Vraag : hoekom sit al die wit kinders bymekaar en die twee swart kinders alleen by ń tafel. Antwoord : Hul word deur grootmense so geplaas. Ek is jammer om hier te sê die foto lyk wel verdag. Daardie kindertjies verdien nie om so alleen te sit nie. En ek glo nie al die verskonings nie. Hoekom nie die tafels een lang tafel maak nie . Ek wat ń wit mamma is sou net so vies gewees het as dit my kind was. Sies ! Skaam jul !

RK ·

Regtig. Daar is belangriker goed om jou mond uittespoel. Was jy al die enigste witte tussen swartes. Ek glo nie. Want dan sal jy weet. Hulle wil by hulle eie soort wees. En hulle praat hulle taal en gee nie om of jy dit verstaan nie. Daai kind is nie eens gepla waar sy sit nie. Sy is gelukkig. Dis volwassenes wat nou weer die dam onder die eend uitruk.

J ·

JaNee. Van die ander kinders het dalk nog nie gaan sit nie. Dink vir jouself as die foto 3minute later geneem is was daar ander kinders ook by die tafel. Skaam jou!!!!

Andrea van Vuren ·

Ja-nee, kry vir jou ‘n rooi pet en gaan word Malema se segsman! Hoekom lees jy nog Maroela Media?

Izzy ·

Die juffrou moet ander foto’s op sosiale media versprei wat WEL wys dat al die kinders saam speel, eet, leer ens. Die gesiggies van die kinders kan mos uit ge’photoshop’ word en sodoende word foto’s versprei wat die waarheid is. As daar nie foto’s is nie, kry prentjies of briefies wat die kinders vir mekaar of vir hulle juffrou geskryf of geteken het. Daar sal WEL bewyse wees wat daarop dui dat die juffrou en die kleuterskool nie rassisties is nie.

Trekker ·

Dit sal goed wees as die ander fotos waarvan hulle praat aan die media gegee word asseblief. Kan ons ook asseblief van die ouers van die anner kinners hoor?

Wilma Potgieter ·

Ai die rooi overalls .Toyi toyi by kleuterskool wa kindertjies teenwoordig is. Toe voel hul vere vi Kinderregte. Sies.

Rupert Ashford ·

Wonder wat dink die ander mense in die kompleks an die storie dat hulle nou ‘n EFF teiken is?

lynette ·

JàNee, maak oop jou blooming oe, waar sien jy twee swart kindertjies by n tafel alleen sit? Die kind sit alleen want die maatjie, wat waarskynlik ook wit is, het begin huil en is opgetel voor die foto geneem is. Moenie nonsens praat as jy nie eers behoorlik na foto gekyk het of berig deurgelees en verstaan het nie.

gatiep ·

Lynette daai janee ou het nie eens die berig gelees hy wil ook maar net wys hy is n 100% rassis.

Willem ·

Hoe lank nog wil ons nog aangaan met oogklappe? Die EFF, net soos die ANC en baie ander groepe en mense wat Afrikaners haat stel nie rerig belang in grontwetlikke regte nie. Dit is duidelik hulle wil ontslae raak van alles wat wit en Afrikaans is. Hulle soek ‘n revolusie. Onderhandelinge en verskoning met en aan die EFF en ANC werk nie, want hulle stel nie belang in wat jy te se het nie. Hulle siening is al wat tel. Hoe vinniger ons dit besef hoe vinniger kan ons met werklikke oplossing vir die Afrikaner kom, in plaas om aanhoudend in die kraal in te gaan waar ons met knobkierries vermoor kan word.

Vra maar net ·

45 mense wat sê wat hulle wil sê . Help dit iets? Hoeveel verder as Maroela gaan die kommentare?

Its because we are ..... ·

Nog n wit instansie wat afgesit is deur net n bestaan te wou maak, en n diens wou lewer, ek is seker die eienaar gaan nou eerder nie weer anderskeuriges toelaat in haar skool nie, nie weens rasisme nie, neeee. Maar t.o.v die manier waarop sy behandel word. N 2 de gastehuis sage.

Johannes Meintjes ·

Fotos is waardevolle reklame as dit met oorleg benut word. Mammies van oulike kleuters en gebruikers van sosiale media is nou ook skierlik ambassadeurs vir skole, die gemeenskap en die nasionale politiek. Kom ons dink voor ons doen. Intussen vertrou ons dat die “onafhanklike regbank” en gereg hul loop sal neem m.b.t. die geweld in en om Pretoria om die werklike belhamels van o.a. rassistiese politke in SA te identifiseer en te vonnis.

barend ·

Laat hulle die video clip op tv kyk en dan oordeel of rassisme werklik van pas is.
Mense!!!!!! , ons praat van kinders en hulle gaan in die toekoms net doen wat hulle ervaar en beleef “klein” tyd.
Hoekom alles probeer regverdig?
Laat die ouers besluit. Is hulle kinders maandag terug by skool, tevrede ouers!!
Is die kinders nie daar doen dan navraag oor hoekom

Adrian ·

Ons is dapper ons omsingel n enkele weerlose vrou ons verskreeu haar dryf haar in n hoek sodat sy tot die dood toe stres ons is die dapper eff. Mevrou maak daai skool toe en dank die werkers af die fotos het van een van hulle gekom. Ons weet dis moeilike tye maar is dit die moeite en probleme werd. Opsommend die spul eff is n spul gemors

Johanna ·

Wonder wat sal die eff doen as hulle een oggend wakker word en hulle is almal wit – by GOD is niks onmoontlik nie.

Bekommerd ·

Ek wil graag n versoek doen aan maroelamedia en solidariteit- kan ons groot asb ook al die swart rassisme wat aangaan in die land (hoe gering, soos met hierdie storie) ook lugtyd gee en uit verband ruk sodat ons kan wys hoe belaglik dit is

Poenjap ·

Bekommerd, Maroela is hopeloos te polities korrek daarvoor.

Chris Erasmus ·

Wat my verbaas is die baie publisiteit wat die EFF’ies kry. Daar is geen swak publisiteit nie. Hulle kry dit reg om mense grensloos te irreteer. Ignoreer hulle net. As ek die eienaar was sou ek net my rug op hulle gedraai het en nie na hul vlak gedaal het nie. Dit werk soos klokslag. Moenie in argumente betrokke raak nie. Draai jou rug op hulle en stap weg. Jy klits nie jou bloeddruk op nie. Jy verloor nie jou waardigheid nie en jy verkleineer jouself nie. Dit werk elke keer. Hulle sien hulle kry nie reaksie uit jou nie.

Marietjie ·

Dit het tyd geword dat SARS hul pligte nakom en julius malema, zuma en kie tot verantwoording roep vir die uitstaande miljoene rande wat hulle verskuldig is. Die mense regte kommissie moet dan ook tot verantwoording geroep word om kill the boer, en skelms wat hulle ons genoem het n boete op te le. Hierdie hele rasse ding is besig om handuit te ruk, honderde jare was daar geen probleem nie, hoekom nou dat die anc aan bewind is? Elke mens het die reg om sy besigheid te bedryf soos hy goed dink, die swart barbare word oral in ons kele afgedruk, maak zuma in sy kabinet voorsiening vir wit ministers, dan moet dieselfde kwota aan hom gestel word.

jaco ·

is die ma en kind van Botswana? indien wel, het hulle die nodige visums ensovoorts wat hulle toestemming gee om in SA te wees, of het hulle sommer net oor die grensdraad geklim en nou bly en bly hulle maar net onwettig hier? soos wat rassisme onwettig is, is dit ook onwettig om sommer net in n ander land in te gaan en dan sonder toestemming daar te bly en te werk.

Andreas Meyer ·

“Rassisme” kan vir ‘n paar redes nie onwettig wees nie. Tensy dit ‘n totalitere staat is wat alles per fiat onwettig kan verklaar. “Rassisme” is soos kettery soort van ‘n gedagte misdaad.

Johan1 ·

Weet nie hoekom hulle altyd die rasse kaart moet speel nie.Die wittes het hulle gebring waar hulle vandag is ,mooi klere,hulle hou groot troues,ry mooi karre ,van hulle bly in mooi duur huise.Dit is alles deur die rassiste (die wittes) vir hulle moontlik gemaak deur hulle aan die beskawing bekend te stel waar hulle eers in modderhutte,velle om hul lywe ens. was.Nou wil hulle die wittes vir alles blameer hoekom gaan bly hulle dan nie liewers weer in die bosse en soek kos in die veld nie.Hulle moet bly wees dat die wittes daar is want dit is deur die wittes dat hulle beskaaf geword het.Die eintlikke rassiste is die swartes want hulle is tot in die afgrond bederf.

Lance ·

Die vlak van onkunde, onsensitiwiteit, intelegensie en onvermoee en ja rasisme van die mense is net verbysterend …geen wonder die land is nou is so n groot gemors

Charmaine ·

Skors die persoon wat die foto geneem het.Sterkte aan die eienares.

cobusp ·

Dus hoogtyd dat rassisme in suid afrika gedefinieer moet word……….wat is dit presies…………….die feit dat ek in n wit kar ry maak my nou n rassis……….dat ek op n wit tiolet sit maak my n rassis………..die feit dat ek afrikaans praat maak my n rassis………….my wit tiolet papier wat ek gebruik maak my nou n rassis…………….die volk is one track minded en wil nie eers luister of ons punt probeer insien nie…………..en die feit dat swart op wit haat en rassisme aanvaarbaar is maak dit nog eers belaglik………………los ons net uit asseblief.

reguit ·

Elkeen in die RSA moet SELFONDERSOEK doen vernaamlik minderheidsgroepe wees EERLIK met jouself. Dan sal dinge loop soos dit Moet en SAL sonder dat die REGVERDIGER hoef ‘n vinger te roer of te vrees. Hoe minder tou jy gee..hoe vinniger h die ander hulself

Rynhardt ·

Afrikaners verstaan dit nogsteeds nie! Of dit kleuterskile, afrikaanse skole of universiteite ens. is, niks mag wit en afrikaabs wees nie.Julle hele voortbestaan en kultuur word orals met mening bedreig! Al Kodesa se onderhandelings word nou vir wittes uitgevoer wat niks wil insien nie.Die EFF is n militante vleuel van Anc wat sy Vryheidsmanifes ondersteun en opdtagte uitvoer.Maties en Tuks het klaar oorgebuig om EFF en sy Anc baas gelukkig hou! Afrikaners, jul volg n blinde weg en net sekere mense kan sien wat aangaan in SA! Jou politici van verlede en teenwoordige maak jou nog steeds blind vir alles wat om jou plaasvind.

Dirk T ·

Reguit.
Het al selfondersoek gedoen. Het al so gebuig dat ek amper ‘n kompleks ontwikkel het. Dit maak nie saak of jy jou stem verhef of maar gelate alles aanvaar nie. In hul massas en domastrante intimidasie sal hulle hul doel bereik. Gaan jy politiek en sosiaal korrekte geluide maak terwyl hierdie dinge plaasvind?

Heila ·

Dit is wat komunistiese lande doen en Suid Afrika is al jare lank ‘n komunistiese regering
Heila

E ·

Hoekom staan die arme wit vrou, ek neem aan skoolhoof alleen? Sy word sleggesê en uitgetart en kan niks doen nie!! Ek wonder of sy na die voorval dieselfde oor haar medewerkers gaan voel. Waar is die wit manne om haar te beskerm?

Andreas Meyer ·

Besef die Ja-Stemmers nou waarvoor hulle gestem het? Die diktatuur van ‘n Swart mob gesteun deur wit verraaiers.

Lourens ·

Ja nee wat ek gaan maar in arm argentenie bly ons is meer finansieel en ekonomies af as sa snaaks 10 jaar terug was sa beter af

rr ·

Die wêreld is ń groot skaakbord. Ons die skaak stukke en so word elke land geskaakmat. Wie dink julle betaal hierdie mense.

willie cloete ·

…. niks te make met politiek of rassisme nie …… pure onnosele sotheid waar “agtergeblewendes” deur die grootste bedrier en skelm van die dag vrye teuels gegee word om alles af te breek en te verwoes om te mag kry wat hulle nie voorheen gegun is nie ………………… bid jou dit aan 780 aanklagte van korrupsie …… dit wil gedoen wees ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.