Witbank-ontvangsdame eis ná man se afsterwe

Argieffoto

Argieffoto

Philippa Venter (52) dagvaar Hope Papo, LUR vir gesondheid, vir R829 000 nadat haar man by ʼn staatshospitaal gesterf het, berig The Citizen.

Venter, ʼn ontvangsdame in Witbank, Mpumalanga, voer aan haar man Hendrik het gesterf omdat ʼn gastriese buis in sy long, in plaas van sy maag gesteek is. Die voorval het glo by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria plaasgevind.

Die eis ʼn verlies aan inkomste weens haar man se afsterwe.

Die saak is vandeesweek in die Pretoriase hooggeregshof van die rol verwyder en sal later aangehoor word, het die koerant berig.

Venter sê haar man is in Augustus 2011 by die hospitaal opgeneem om ʼn kankergewas in sy mond te behandel. Hy het ongeveer twee weke later gesterf. Volgens die hofdokumente voer Venter aan die personeel was nalatig omdat die buis nie korrek ingesteek is nie.

Die verdediging ontken nalatigheid en sê die “ongeluk” dat die buis in die long beland het, is ontdek en betyds reggestel en het baie min of geen effek op die pasiënt se gesondheid gehad nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.