Witbank-oupa vas op aanklag van moord

Argieffoto: Kent Williamson

Andre Fouche (61) het Dinsdag in die Witbank-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê Fouche is Sondag by Seekoeiwater-kleinhoewe in Witbank in hegtenis geneem ná hy na bewering ʼn man in sy bors geskiet het. “Die slagoffer is na Witbank-hospitaal geneem waar hy aan sy beserings beswyk het.”

Volgens inligting het vier tieners toestemming van die eienaar van die kleinhoewe gehad om die kleinhoewe te betree en daar vis te vang. “Die tieners se ouers is later gekontak deur onbekende persone wat eiendom op die kleinhoewe huur om hulle in te lig dat die tieners na bewering ʼn brand gestig het op die eiendom en dat hulle onwettig visvang. Die ouers is aangesê om ʼn boete van R400 te betaal, omdat hulle kinders ‘in aanhouding’ is,” het Bhembe verduidelik.

Die ouers het by die kleinhoewe opgedaag en daar was ʼn woordewisseling tussen hulle en die huurders. Fouche, die oupa van twee van die seuns, voer aan een van die huurders (die oorledene) het hom met ʼn klip bestook. “Hy het reageer deur ʼn skoot af te vuur met sy jaggeweer.”

Fouche bly in aanhouding en sal na verwagting op 1 Julie 2019 weer in die hof verskyn vir sy aansoek om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johnny Smith ·

So as ek reg verstaan 1) Die kinders word ontvoer en onwettig aangehou 2) Daarna word die ouers beveel om geld te betaal vir die kinders se vrylating (afpersing) 3) Die oupa daag op, word aangeval, verdedig homself en word toegesluit ?

Anoniem ·

Johnny, ek dink jy verstaan reg.
Is daar enigiemand in hegtenis geneem vir die onwettige aanhouding van die kinders ? En die afpersing ? Of het dit nou maar net nie gebeur nie. Dit nou in die oe van die ondersoekbeamptes ?

George in Bloem ·

Ek kan nogal ‘n paar rand wed op die ras van die verskillende partye en ook die ondersoek beamptes? Any takers? Was nie self daar nie maar sal baie verbaas wees as ek verkeerd is.Enige iemand met meer inligting help asb?

Ena ·

Self verdediging….en nou op vir moord…maar wie het die klip eerste gegooi? Kan nie onderhandel sonder geweld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.