Witbank-polisie snuffel gou inwoner se ‘moordenaars’ uit

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

Die Witbank-polisie in Mpumalanga het vandeesweek vier verdagtes in hegtenis geneem, binne 24 uur nadat die liggaam van ʼn plaaslike vrou in ʼn plas bloed in haar huis aangetref is.

Kapt. Eddie Hall, polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die 33-jarige vrou, Nankala Rejoice Malukane, se liggaam is Dinsdagoggend in haar huis in Duvhapark gevind.

“Die vrou is verlede Donderdag vir die laaste keer by haar werk gesien,” het Hall gesê. ʼn Buurman het onraad vermoed omdat hy haar verlede Woensdag vir die laaste keer gesien het en het die polisie ontbied.

Die polisie het die vrou se deur oopgebreek en haar liggaam in die gang aangetref. Sy het verskeie steekwonde regoor haar liggaam gehad. Sy is ook verwurg en haar nek is met ʼn stuk draad gesny. “Niks was gesteel nie en daar was ook nie gedwonge toegang tot die huis nie. Dit het die vermoede laat ontstaan dat sy haar aanvallers geken het.”

Hall het gesê twee voertuie is vroeër by die vrou se huis opgemerk en die polisie het ná die vrou se liggaam gevind is, die voertuie in Hammanskraal, noord van Pretoria, opgespoor. “Die vier verdagtes is Dinsdagaand in Hammanskraal in hegtenis geneem.”

Hall het gesê van die verdagtes het glo reeds skuld beken. “Na wat verneem word het hulle Donderdagaand ʼn huispartytjie by die vrou se huis gehou waar daar glo alkohol en dwelms betrokke was. Daar het glo ʼn bakleiery uitgebreek, waarna sy vermoor is.”

Die verdagtes het Woensdag in hof verskyn. Die saak is tot volgende week uitgestel vir verdere ondersoek. Hulle bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Daniel ·

Snaaks hoe vinnig swartes se moordenaars gevind word maar nie wittes sin nie

gjorg ·

So in plaas van om die polisie te loof maak jy dit weer ‘n saak van ras….volwasse.

CHRISTA ·

Net die president se veiligheid tel in ons land. Ek hoop hy gaan genoeg belastingbetalers oorhê, veral op die trant wat mens in ons land vermoor word!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.