Witbank-slagoffer se naam bekend

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Die VF Plus veroordeel die wrede moord op Johanna Rossouw (86) in die Eden Park-aftreeoord in Witbank, Mpumalanga.

Maroela Media het vroeër berig Rossouw is Sondag omstreeks 18:00 in haar huis in Fuchsiastraat in dié aftreeoord oorrompel en vermoor.

Volgens brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het sy verskeie meswonde aan haar rug en nek opgedoen. Haar hande is agter haar rug vasgebind en ʼn mus is in haar mond gedruk. Seep is oor haar gesig uitgegooi.

Die polisie het dadelik ’n soektog na die verdagte van stapel gestuur nadat ’n ooggetuie die verdagte glo op die dag van die moord gesien het toe hy met Rossouw se wit Honda Jazz die perseel verlaat het.

Die ondersoek het die polisie na Krugersdorp gelei waar die motor verlate gevind is.

Die soektog na die verdagte duur voort.

Willie van Dyk, die VF Plus-raadslid in die eMalahleni- plaaslike munisipaliteit, sê die party beoog om Cynthia Tshabalala, Mpumalanga se LUR vir veiligheid en sekuriteit, te versoek om hierdie wrede moord deeglik te ondersoek sodat die skuldige aan die pen kan ry.

“Die VF Plus betuig sy innige meegevoel met die naasbestaandes van Rossouw,” sê Van Dyk.

Die polisie doen ook ʼn beroep op enigiemand met meer inligting om kol. One Thobejane te kontak by 079 891 5845 of 08600 10111. SMS’e kan aan 32211 gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hoekom

Gemartel net vir ‘n selfoon? Racial hate crime.

My innige meegevoel met die naasbestaandes.

SwartBees

Klink baie na n “hate crime”.

Sarel

Die Sentrums is veronderstel om veilige hawe te wees vir bejaardes

Elize

Inside job

Pampoen

Wat van die 72-uur taakspan wat geaktiveer moet word? Of is sy van die verkeerde dam se ganse?