Witbank-vrou ‘erg getraumatiseerd’ ná rooftog

Die Swanepoel-gesin: van links is Peet, Lené, Annelize en agter is PC en sy seuntjie, Franco (3). (Foto: Facebook)

Dit gaan beter met Annelize Swanepoel (52) nadat rowers haar Woensdagoggend in haar huis in Del Judor, eMalahleni (Witbank), met ʼn dubbelloophaelgeweer in die gesig geslaan het, maar sy is steeds erg getraumatiseer deur wat daardie oggend in hul huis gebeur het.

Swanepoel se man, Peet (51), is tydens die rooftog doodgeskiet.

“Die rekonstruktiewe chirurgie wat sy Donderdag aan haar gesig moes ondergaan, was ʼn sukses. Sy kon al ʼn klein bietjie eet en drink, so dit gaan beter,” sê Rona Wearne, ʼn vriendin van die Swanepoel-gesin. “Sy is net baie moeg en baie emosioneel. Sy is natuurlik steeds erg getraumatiseerd deur wat gebeur het.”

Wearne sê Swanepoel word steeds in die eMalahleni- private hospitaal behandel en tans word besoekers beperk. Sy sê dit is nie nou al duidelik of Swanepoel nog operasies sal moet ondergaan nie.

Maroela Media het vroeër berig Swanepoel het Woensdagoggend saam met haar kleinseun, Franco (3), by hul huis aangekom waar hulle hul in rowers in die huis vasgeloop het. Die rowers het onder meer wapens uit die kluis gebuit en Swanepoel met ʼn dubbelloophaelgeweer in die gesig geslaan in hul soeke na kontant. Haar neus is gebreek en een van haar wangbene gekraak. Sy is ook gewurg en vasgebind.

Peet Swanepoel. (Foto: Facebook)

In hierdie tyd het Peet toevallig by die huis aangekom en hom in die rooftog vasgeloop. Hy is egter met die haelgeweer doodgeskiet voordat hy nog enigsins ʼn kans gehad het om te reageer.

Wearne sê ʼn fondsinsameling om Swanepoel te help met mediese en ander uitgawes is steeds aan die gang aangesien sy nie ʼn mediese fonds het nie. “Annelize het nie gewerk nie en Peet het ook nie enige lewensdekking gehad nie. So buiten die mediese onkoste, sal dit ook nodig wees om Annelize te help met die koste van berading en ander alledaagse uitgawes,” verduidelik sy.

Sy sê hulle het intussen met ʼn nie-winsgewende organisasie begin saamwerk om die fondsinsameling te hanteer, sodat alle donasies deur ouditeurs gaan en belastingaftrekbaar is.

Vir meer inligting of om ʼn bydrae te maak, kan ʼn e-pos aan Wearne by [email protected] gestuur word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Erick ·

En in ander nuus : België het 30 miljoen euro aan die ANC geskenk om te help met onteiening sonder vergoeding. Dit is nadat Theresa May 90 miljoen Pond gegee het vir dieselfde doel. Gaan sien “Loving life” kanaal op YouTube. Europa is nie ons bondgenote nie. Sterkte aan die gesin.

Al ·

Die Britte was nog nooit hul eie ras wat in SA bly, goedgesind nie. Haar misplaaste skuldgevoel maak dit vir ons moeilik.
België weet seker nie wat hier aangaan nie. Dalk moet hul hier kom toer, en kyk of hul belegging so goeie idee is….

Mb ·

Troos jou daaraan dat daardie geld nie meer vir grondonteiening aangewend kan word nie. Dit is al lankal op ge-eet. Wat moet hulle in elk geval met die geld doen? Hulle vat die grond mos sonder vergoeding.

Bekommerd ·

Wat het met die Kleinseun, Franco gebeur? Hulle sê sy het met haar Kleinseun daar aangekom?

Ander Koos ·

Vreeslik … en dit hou net aan en aan. Buiteland is siende blind en horende doof.

JR ·

Toemaar Erick hulle lande is besig om af te brand en word met vloed waters oorstroom en hulle sal grond by dié kom afneem wat by ons af geneem het

Al ·

Sterkte aan die gesin hoop die moordenaars word vinnig vasgetrek.

jeannine ·

ek is belgiese groot geword in SA en ja die regering hier is ‘n egte bananen republiek ek en 1000den andere vind dit skandalig wat ons regering doen om geld te gee vir onteigenings in Sa die politiekers hier is ook egt korrupt meer kan ek nie se nie

Etienne ·

Ek sien in die nuus België het pas €30 milj vir die ANC gegee. Dit beteken Belgiers is ok met die verwoesting in SA .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.