Die Stad Kaapstad het swemmers en seegebruikers gewaarsku dat witdoodshaaie se kuslyn-bedrywighede tydens die lente- en somermaande toeneem.
“Haaie word gewoonlik laat in Augustus regdeur tot April gewaar,” het Johan van der Merwe, burgemeesterskomiteelid vir energie, omgewing en ruimtelike beplanning, gesê. “Ons versoek veral branderplankryers om versigtig te wees in die gebied tussen Sunrise en Macassar-strand, aangesien navorsing bewys dat haaie veral hierdie tyd van die jaar bedrywig is.”
Van der Merwe het gesê die stad doen alles in sy vermoë, saam met sy vennoot Shark Spotters, om die veiligheid van seegebruikers te verseker. “Ons doen ʼn beroep op lede van die gemeenskap om ook hul deel te doen, proaktief op te tree en in die eerste plek as hul eie ‘veiligheidsbeamptes’ op te tree.”
Die Shark Spotters se inligtingsentrum, geleë by Muizenberg se Surfer’s Corner, is sewe dae van die week tussen 08:00 en 18:00 oop vir lede van die publiek. Die sentrum bied onder andere die jongste inligting oor haaie en mariene ekologie en basiese noodhulp.
Shark Spotters sal ook by die volgende strande beskikbaar wees tussen Oktober 2016 tot April 2017: St James/Kalkbaai, Vishoek, Kogelbaai, Noordhoek, Clovelly, Glencairn en Monwabisi.
Die organisasie sal ook op sosiale media gebruikers in kennis stel indien die haainette ontplooi is.
Besoek ook Shark Spotters se webwerf, volg hulle op Twitter by @SharkSpotters en op Facebook.
Lede van die publiek kan ook by Shark Spotters aanmeld indien hulle enige witdoodshaaie opmerk.
Stormers, wees gewaarsku.
Hehehe KarooKlong – skerp! My standpunt is die haai kom nie in die malls waar ek inkopies doen so ek bly uit hulle “territory” – ek respekteer hul te veel!
Ek het kort na n uitsending op tv oor n haai met die naam “submarine” navraag gedoen by sharksporters, en tot vandag toe, geen antwoord gekry nie. Dit is seker nou ongeveer 3 jaar. Sal baie graag weer dit wil sien en weet wat van die haai geword het. ( Dit was oor n haai wat mense aangeval het nadat die boot gesink het naby robbe eiland)
Gelukkig het ek ‘n baie goeie ooreenkoms met hulle, hulle drink nie in my huis nie, en ek swem nie in hulle speelplek nie! Werk vir my.