Witrenoster met skietwond aangetref

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Coralie - eie werk, CC BY-SA 3.0 via Wikicommons)

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Coralie – eie werk, CC BY-SA 3.0 via Wikicommons)

ʼn Witrenosterkoei is dood aangetref in Kimberley in die Noord-Kaap.

“Die provinsiale tak van die Valke het reageer op ʼn misdaadtoneel naby Kimberley,” het lt. Philani S. Nkwalase, woordvoerder van die prioriteitsmisdaadeenheid, gesê. “Sy is in haar voorste regterskouer geskiet. Volgens ontbindingstekens het sy al vermoedelik ʼn week gelede gevrek.”

Volgens Nkwalase is sy vermoedelik elders geskiet en het weggehardloop en op die plek waar sy gevind is, gevrek. Sy het nog albei haar horings gehad. “Die ligging kan nie bekend gemaak word nie, om te voorkom dat nog renosters hier doodgemaak word.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. “Die ondersoek duur voort.”

Genl.maj. Kholekile Galawe, provinsiale hoof van die Valke, het boere en werknemers gemaan om paraat te wees en die spesie van uitwissing te bewaar. “Enige verdagte en onbekende voertuie of persone moet dadelik aangemeld word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa B ·

Ek verstaan nie dat die situasie om die diere te beskerm, verbeter nie. Daar is soveel geld al ingesamel, helikopters gekry, skenkings gemaak, maar niks verbeter eers nie. Iewers is iets nie pluis nie………………………

Nico K ·

Die probleem is daar is baie renosters wat oor baie groot uitgestrekte gebiede voorkom. Daar kan onmoontlik orals gekeer word. En die mense wat die renosters skiet het baie geld. Hulle vlieg in met helikopters en is toegerus met sateliet en goeie kommunikasie middele. En ja dit is seker nie onmoontlik dat hulle inligting kry van die regte mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.