Witrenosterbulle in Steynsrus gestroop

Witrenosters (Argieffoto: tpsdave, Pixabay)

ʼn Saak van renosterstropery word ondersoek ná twee renosterbulle gevrek en een beseer is op ʼn plaas in Steynsrus in die Vrystaat.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê volgens die boer is drie witrenosterbulle geskiet. Twee van hulle is die aand van 17 Augustus gestroop van hul horings. Een bul het oorleef, alhoewel hy in die kop geskiet is. Hy is nie van sy horings gestroop nie.

Die waarde van die twee renosterbulle wat gevrek het, beloop sowat R800 000.

“Die verdagtes is nog steeds op vrye voet en die ondersoek duur voort. Enigiemand met inligting word versoek om speurder-ao. Henry Greeff van die Heilbron-veediefstaleenheid te kontak by 082 627 7577.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris dupreez

Sal nooit stop solank anc aan bewind is.

JM

Gaan dit óóit ophou!!?

Yolande

Boikot China met alles wat jy koop.

Magda G

Slegs wetters. Gaan die oorlewende renoster dit maak?