Witrivier-paartjie sal klag lê teen ‘sekerheidsbeamptes’

In die video is dit duidelik hoe Byliefeldt deur die mans oorval en aangerand word (Foto: Skermskoot)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die paartjie van Witrivier in Mpumalanga gehelp om ʼn strafregtelike klagte te lê nadat hulle Sondag deur ʼn groep mans by die plaaslike polisiestasie geïntimideer, aangerand en met vuurwapens gedreig is. Dit word ook vermoed dat die verdagtes lede van ’n private sekerheidsmaatskappy was.

Dit is op ʼn video vasgevang en Maroela Media het hieroor berig .

Delia Jordaan, wat die video geneem en op sosiale media geplaas het, sê die polisie het net staan en toekyk terwyl haar verloofde, Barend Byliefeldt, deur vier mans oorval en aangerand is. Die mans was agter haar verloofde se selfoon aan.

Jordaan en Byliefeldt het dié selfoon gebruik om ʼn konfrontasie wat vroeër met die groep mans op die R40 digby die Witrivier-gholflandgoed afgespeel het, af te neem. Die beweerde aanranders was glo vies oor hierdie opname.

Die paartjie het na die konfrontasie na die polisiestasie gevlug. Hulle is deur die mans agternagesit. Een van dié motors het glo ’n taktiese reaksie-eenheid se logo opgehad. Daarom word daar vermoed dat hulle lede van ʼn sekerheidsmaatskappy is.

Toe die paar by die polisiekantoor aankom, het hulle verskeie kere gevra om ’n verklaring af te lê en ’n saak te open. Hulle is egter deur die polisie geïgnoreer.

“Indien hierdie booswigte wel sekuriteitsbeamptes is, druis hul optrede teen die hele wese van die PSiRA-gedragskode in en is hul gedrag eenvoudig onaanvaarbaar,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid.

“Wat AfriForum verder met afgryse vul, is dat hierdie optrede in ’n polisiestasie plaasgevind het ten aanskoue van polisiebeamptes wat veronderstel is om landsburgers te beskerm. Ons kan dit nie net daar laat nie.”

AfriForum sal die paartjie help om ’n klagte by PSiRA (Private Security Industry Regulatory Authority) teen die beweerde sekerheidsbeamptes in te dien. AfriForum se privaatvervolgingseenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel sal ook ondersoek instel na die polisie se versuim om op te tree terwyl misdrywe voor hulle plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

gatgogga ·

Mooi. So, oor so vyf tot tien jaar sal die saak monntlik in die hof draai?

koos10 ·

Kyk ook sommer na die COVID regulasies wat ook verontagsaam word. Gooi hulle met die hele wetboek!
Waar is die MRK in hierdie saak? As dit wit op swart was, was die wittes al lankal agter tralies!

Casper ·

Jy sê gooi hulle met die hele boek.Hoeveel boeke gaan jy benodig.In regsterme word die term gooi hulle met die boek nie gebruik nie want jy kan nie iemand met die boek gooi nie.

Elize ·

Vlug na die polisiestasie vir hulp? Foeitog, ja eens op ‘n tyd kon jy.

Misky ·

Wonderlike nuus!!!! Gooi hulle met alles wat julle kan – dankie Afriforum dat julle WEEREENS vir ons blankes te hulp snel

Ovelia ·

Liewe Heer dankie v Gerrie Nel. Rk hoop hy stuur die lorrupte lkt saam om in modambiek te gaa speel. Sommer ook die min v Polisie

Phillip ·

Dit is skrikwekend dat ons nie.ons eie.polisie kan vertrou nie. En natuurlik sal gese word racial slurs was given. So hoek die foon vernietig as dit die racial slurs kan bewys. Skuim van die aarde. Elkeen saam polisie.lede hoort 8n die tronk

Jakes ·

Dat sulke boewe nog by n sekuriteits maatskappy werk gaan my verstand te bowe.

Herman ·

Skrikwekkend!! Hoe kan ons die SAPD deesdae vertrou? Dié tipe ding gebeur al meer en meer!! Hoe stop mens dit sonder dat daar ”agterna” eers n klag gelê kan word by die owerhede???

Pierre ·

Ek sal die SAP lede wat toegekyk het en niks gedoen het nie, ook in persoon dagvaar.

Pampoen ·

Sulke dinge gebeur nie in ‘n polisiestasie nie – dit gebeur in ‘n rowerspelonk.

Jannie van Niekerk ·

Weereens gaan daar glad nie opgetree word teen hierde lakse polisiebeamtes wat regte polisiemanne se naam in onreer bring nie. En Diep in die Hoed swyg soos die graf hieroor. Indien die aanranders blankes was, sou hulle alreeds lewenslank tronkstraf uitegdien het.

Nie Verbaas ·

Mag hulle suksesvol wees om die arrogante “bende” aan die pen te laat ry. Kla die hopelose polisie beamptes ook aan.

Mariana ·

Daai polisie beamptes behoort ook aangekla te word. Hulle kom te veel weg met laakbare gedrag. Hoop die paartjie voer die saak end-uit deur.

Pandora ·

Hulle moes maar eerder na die naaste “bar” gery het. Daar sou hierdie klonge hulle moses teegekom het. ;)

Leon ·

MM: Ek, en ek glo julle hele lesersgemeenskap maak daarop staat dat julle hierdie storie gereeld sal opvolg asb?
Indien die rassituasie andersom was sou Hoed en die MRK saam met die EFF die “bedroefde slagoffers” lankal besoek het met ‘n lang ry swart karre.tv kameras en beloftes dat die skuldiges aan die pen sal ry. Doodstil.
Maar dankie aan AFRIFORUM.
Ek het verder in geen ander nuusmedia, insluitende RSG, BEELD of RAPPORT rapportering vd voorval gesien nie. Help my reg as ek verkeerd is asb.!

CHRIS ·

Ek sien Gerrie Nel orals , maar geen saak wat hulle aanvat wat afgehandel word nie , Dink dit is tyd dat daar bietjie iets meer as praat gebeur .

Bart-Man ·

Op my meer ernstige noot. Wat kan ons doen as ons in n soortgelyke scenario beland. Waar gaan vra ons vir hulp. Waar gaan soek ons veiligheid. Dit is scary mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.